Krispy Kreme wil help om kinders se drome te bewaarheid, hetsy dit is om ʼn groot inkopiedag te hou, perd te ry of ʼn brandweerman vir die dag te wees.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Kerswense"
Luister: Kyk verby die skitterliggies, vra Carike Keuzenkamp
Desember is ʼn tyd vir ʼn Christusfees, sê Carike Keuzenkamp. Sy hoop dat almal in Suid-Afrika vrede en vreugde sal ervaar.
Luister: Manie Jackson onthou Kersfees as familietyd
Manie Jackson moedig Suid-Afrikaners aan om hierdie Kerstyd hul lewe ten volle te leef vir God en altyd dankbaar te wees.
[Video] TBF: Kersvader help met sy kinders se geskenke, skerts Hennie
“Ek glo in Kersvader. Hy help my elke jaar met die kinders se geskenke,” voeg hy laggend by.
Luister: Gesondheid sal grootste geskenk wees vir Sorina
Sorina Eramus wil almal herinner om moeite te doen met hul medemens – iets soos ʼn glimlag of ʼn besoek kan ook ’n besonderse geskenk wees vir iemand.
[Video] TBF: Nie geld of naskeermiddel nie, vra ‘Suidooster’-sterre
“Dit hoef nie die duurste geskenk te wees nie, solank dit in ʼn pakkie kom of toegedraai is,” verduidelik hy. “Dis die moeite en liefde wat in ʼn pakkie ingaan wat ek graag wil hê.”
Luister: Riaan Grobler glo Kersfees is ʼn tyd vir omgee
Riaan Grobler onthou graag die tye saam met sy ouma en oumagrootjie tydens Kersfees.
[Video] TBF: ‘Hang vir Vader Krismis biltong op,’ sê Albert
“En hang vir Vader Krismis biltongstukkies,” sê hy. “Hou net die hond weg, anders het hy ook klaar sy Kersgeskenk gekry,” sê hy laggend.
Luister: Kerstyd is ʼn tyd van dankbaarheid vir Amor Vittone
Amor Vittone vertel hoe sy vir Kersvader een jaar betrap het.
[Video] TBF: ‘Reis Kaap toe vir honde,’ droom Shemane
“As ek vir my honde ʼn Kersgeskenk kan gee, sou dit ʼn trip Kaap toe wees,” vertel aanbieder Shemane Harris. “Dan kan hulle sommer lekker deur die Karoo-vlaktes ook hardloop.”
[Video] TBF: ‘Ek het Kersvader as klein dogtertjie gesien,’ spog Cintaine
“Ek weet waarvoor ek wag,” sê aktrise Cintaine Schutte opgewonde. “Ek wag vir daai koekie wat half geëet is, daai glas melk wat half gedrink is en die voetspore.”
[Video] TBF: ‘My honde eet saam op Kersdag’
“My honde is absoluut my kinders in die huis, dus gee ek vir hulle alles wat hulle wil hê,” vertel Hannes van Wyk, bekende akteur en televisieaanbieder.
Luister: Die Campbells vertel wat is in hulle Kerskouse
Harry en Tony van die country-musiekgroep Die Campbells het elkeen iets spesifieks wat hulle in die Kerskous wil hê.
[Video] TBF: ‘Honde weet nie dis Kersfees,’ sê Dirk Stoltz
“Wat gaan ek hierdie jaar vir my honde koop vir Kersfees? Niks nie, want hulle weet nie dis Kersfees nie,” terg die veteraan akteur Dirk Stoltz.
Luister: Anton Myburgh onthou sy ouma dié Kerstyd
Anton Myburgh onthou ʼn paar mooi staaltjies van sy ouma en Kerstyd. Hy vra ook dat Suid-Afrikaners versigtig op die paaie moet wees hierdie Kersfees.
[Video] TBF: Antoinette Louw gesels oor Kersvader
Sy het ook ʼn boodskap aan Kersvader gehad. “Ek was baie soet hierdie jaar, so ek verwag baie presente,” lag sy.
Luister: Nadia Beukes se Kerswens vir jou
Dié bekende aktrise en televisie-aanbieder het vroeër vanjaar by Maroela Media ʼn draai gemaak om oor haar Nuwejaarsvoorneme te gesels.
Luister: Steve sê ‘Geseënde Kersfees’
Luister ook na die podsending met Steve se Kerswens vir jou.
[Video] TBF: Neels gesels oor liefde, samesyn, pyn tydens Kerstyd
“Kersfees is ʼn interessante tyd,” sê Neels van Jaarsveld. “Saam met al die liefde en samesyn is daar ook ʼn mate van pyn, maar dis okay.”
Het jy wat dit verg om Kersvader te wees?
Kersvader het vanjaar te veel hooi op sy vurk om by almal uit te kom en daarom soek winkelsentrums landwyd na Kersvaders en dwergies om by te dra tot die feestelikheid van Kersfees.