Drie mense is beseer, van wie twee kritiek, toe ʼn motor Saterdag op die N8 naby Kimberley omgeslaan en in vlamme uitgebars het.
Alles vir die sleutelwoord "Kimberley"
Polisieman skiet homself in polisiestasie
ʼn Noord-Kaapse polisiebeampte wat onlangs in die hof verskyn het op aanklag van korrupsie, het homself Vrydag in die Kimberley-polisiestasie doodgeskiet.
Griekwas skok die Leeus in Kimberley
Die Griekwas het Saterdag op Griekwapark in Kimberley herbevestig hoe moeilik dit is om hulle daar te klop toe hulle hulle die verdedigende Curriebekerkampioen, die Goue Leeus, se wensiklus verbreek en hulle 30-24 geklop het.
Nóg ʼn verdagte vas oor G4S-rooftog
ʼn Sesde verdagte is Woensdag in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog in Mei by die sekerheidsmaatskappy G4S se tak in Kimberley.
Polisiebeamptes vas oor G4S-rooftog
Twee van die vyf verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn rooftog by die sekerheidsmaatskappy G4S se tak in Kimberley is polisiebeamptes.
Man vas ná ‘vermiste’ se dood
Die polisie in Kimberley het ʼn 23-jarige man in hegtenis geneem op aanklag van ontvoering en moord.
Man sterf toe trokke vlamvat
ʼn Man is dood en twee ander beseer nadat twee vragmotors Woensdagaand gebots en albei in vlamme uitgebars het.
Bloed in sak lei tot gruvonds
ʼn Pasgebore baba se liggaam is Maandag in Kimberley in die Noord-Kaap deur munisipale werkers in ʼn vullissak gevind.
Boer vas oor ‘gesteelde’ koperdraad
ʼn Noord-Kaapse boer is in hegtenis geneem nadat gesteelde koperdraad op sy plaas, 50km buite Kimberley, gevind is.
Man gesoek wat glo Kimberley-vrou verkrag
Die polisie in die Noord-Kaap het Dinsdag ʼn identikit van ʼn man uitgereik wat na bewering ʼn 21-jarige vrou van Kimberley in ʼn park verkrag het.
Man kritiek ná Kby-skietvoorval
ʼn Man is kritiek beseer nadat hy Sondag in Kimberley in die Noord-Kaap geskiet is.
Drie sterf in Kimberley-trompop botsing
Drie mense is dood en ses beseer toe ʼn bakkie Dinsdagmiddag naby Kimberley in die Noord-Kaap trompop met ʼn vragmotor gebots het.
Man skiet glo kennis voor hy selfmoord pleeg
“Hy is daarna alleen in ʼn kantoor in waar hy die deur toegemaak het. Mense buite die kantoor het gehoor hoe ʼn skoot afgaan.”
Kimberley Polisie trek sy uniform uit
Kimberley Polisie het sy uniform uitgetrek en `n nuwe baadjie aangetrek.
Skoolseun, volwassene sterf in gru-botsing
Twee mense is dood en 24, meestal skoolkinders, is beseer toe ʼn skoolbus en nog twee voertuie buite Kimberley gebots het.
Veelsydige Liandri wil ʼn chirurg word
Liandri van Zyl van Hoërskool Diamantveld in Kimberley het agt onderskeidings ingepalm in matriek.
Marmari streef na iets meer as middelmatigheid
Marmari Pienaar van Hoërskool Diamantveld in Kimberley het agt onderskeidings behaal.
Egpaar dood op plaas gevind
Die liggame van ’n egpaar is op ’n plaas buite Kimberley in die Noord-Kaap gevind.
Vrou vas na sy glo 6-jarige doodry
ʼn 33-jarige vrou van Kimberley in die Noord-Kaap is in hegtenis geneem nadat sy Maandagoggend na bewering ʼn sesjarige seuntjie op sy fiets doodgery het.
4 vas ná diamantrooftog
Vier verdagtes is in Kimberley in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog waarin ʼn vrou en haar kleinkind aangehou is.