Die lewe was beter in die ou dae. Of nie? Die hedendaagse lewe het sy geriewe, en Greg is nie vir ʼn ouderwetse wêreld uitgeknip nie.
Alles vir die sleutelwoord "kinderboek"
Lego-stel noop sesjarige om eerste boek te skryf
“Sy wou toe by my weet hoe sy die stel in die hande gaan kry en toe ek vir haar sê sy sal dit self moet koop, wou sy by my weet waar sy dan geld daarvoor moet kry,” lag hy.
Boek: Prettige feite-reeks
Hierdie reeks is spesiaal ontwikkel vir kinders van vyf jaar en ouer, en is die perfekte mengsel van opvoedkundige inhoud en eenvoudige, praktiese aktiwiteite soos handwerk, kookkuns en tel.
Boek: Die groot boek met slaaptydstories
Elke storie is ideaal vir saamlees en net die regte lengte vir slaaptyd.
Boek: Hokaai, Lulu
Geniet hope pret saam met Lulu en haar nuwe ponie.
Boekvoorlesing: ‘Oupa sê so’
Het jy drie en ʼn half minute? Kry die jongspan en skuif dan sommer gou nader om te luister na Mila Guy se voorlesing van die storie Oupa sê so uit WO Kühne se bundel van die klassieke Huppelkind-verhale.
Boek: Speelmaats-reeks
Hierdie oulike reeks boeke is ontwerp om kinders meer oor emosies en sosiale vaardighede te leer.
Boek: Is jy bang in die bos, Pappa Wolf?
ʼn Pragtig geïllustreerde en humoristiese prenteboek met verwysing na die bekende sprokie Rooikappie.
Boek: Vakansiepret 2: Vlieërs en filmsterre
Jana en Alisha is verveeld. Dit is veels te koud en winderig om te gaan swem, maar dan ontdek hulle twee vlieërs. Dit is die perfekte dag om daarmee op die strand te gaan speel!
Boek: Vakansiepret 1: Piekniek op die strand
Jana en Alisha is beste vakansiemaats! Hulle sien uit na ʼn heerlike vakansie propvol pret op Duinebaai. Die meisies besluit om piekniek te gaan hou op die strand, maar ongelukkig wil Jana se irriterende kleinboetie en sy maatjie saamkom.
Boek: Hanli die hasie 2
Hanli die hasie sal reguit in klein dogtertjies se harte in hop!
Boek: Kewerwraak
Hierdie is die finale boek van die kewertrilogie en volg op Kewerknaap en Kewerkoningin.
Boek: Dinge wat ek nie van skape geweet het nie
Glo my, as jy op die ingewing van die oomblik ’n skaap by ’n kerkbasaar steel, sal jou lewe nooit weer dieselfde wees nie…
Boek: Riempies en Rampies
Wanneer Riempies en Rampies mekaar ontmoet, ontaard dit in ‘n groot gestoeiery. Wat hulle nie besef nie is dat hulle kort-kort aan Koningin Rooiby en haar manne se nes stamp. Die Rooibye werk elke dag baie hard, maar nou word hulle net té veel gepla.
Boek: Buksie en Bella
Buksie en Bella is heeldag besig, besig, besig! Hulle jaag mekaar, speel wegkruipertjie en hardloop rond en bont!
Boek: Hier is ʼn muis
Koerie Kerkmuis bly in die kerk se kantoor. Hy het vir hom ʼn snoesige huisie gebou agter die houtpaneel in ʼn stil hoekie van die vertrek. Hy het net een wens, en dit is om ʼn regte mensetand in die hande te kry. Maar dit kos baie geld, en waar gaan ʼn arme kerkmuis dit vandaan kry?
Boek: Gevaarlike lopies: Duskant die doodlyn 2-in-1
Fantastiese nuus vir jong sportliefhebbers! Vir die eerste keer verskyn twee van Jaco Jacobs se supergewilde sportstories saam in een omnibus!
Boek: Bak en brou
Kleuters sal hulle lippe aflek vir hierdie heerlike bak-en-brou-storie vol aksie, avontuur en smullekker sjokoladekoek!
Boek: Hoezit! Die wonderwêreld van my liggaam
Waarom is ʼn gaap aansteeklik? Hoekom is party mense kleurblind? Wat laat jou hik? Hoeveel keer klop jou hart per dag? Ontdek die wonderlike wêreld van die menslike liggaam met hierdie boek propvol prettige feite en aktiwiteite!
Boek: Spaghetti tussen jou tone
Tom en Trevor hou van poetse bak. Dit is hulle spesiale talent, daarom begin hulle dadelik planne maak. Hulle wil vir juffrou Zaan van Graan woedend maak!