Ontmoet vir Zoe. Daar is baie goed waaroor sy ongelukkig kan wees: haar stiefma, Sheila, is so lui dat Zoe die snolle uit haar neus moet krap. Die skoolboelie, Tina Trotts, maak haar lewe ondraaglik en spoeg boonop elke dag op haar kop. En om alles te kroon het die bose Bart gruwelike planne met haar troetelrot.
Alles vir die sleutelwoord "kinderboek"
Boek: Ouma is ‘n kroek
Ontmoet vir Ben se ouma. Sy lyk maar soos enige ander ouma: sy het grys hare, sy het vals tande, sy druk gebruikte snesies in haar mou op. En… sy’s ’n internasionale juweeldief!
Boek: Die seerower en die vuurvliegie
In hierdie opwindende verhaal leer Phineas die vuurvliegie vir Oliver dat ware vriende ons nie in versoeking bring om verkeerde en gevaarlike dinge te doen nie.
Boek: Dagstukkies vir klein hartjies
Wendy Maartens bied vir ouers die perfekte oplossing vir daardie tye wanneer hulle hul kinders wil leer om stil te word by God.
Boek: Sanri Steyn – Die spookmeisie van Raaiselfontein
Sanri is teen hierdie tyd gewoond daaraan dat vreemde dinge op Raaiselfontein gebeur. Toe brille links en regs begin wegraak, kry sy dadelik snuf in die neus. Dan maak Sanri en Markus kennis met ’n spookmeisie – en sy het hulle hulp nodig.
Boek: Dapper klein mol
Elke dierekaraktertjie in die boekie het’n grootword-uitdaging wat deurgemaak moet word. Die karaktertjies oorkom grootword-vrese, leer om dapper te wees en leer ook allerlei lewenslessies oor verskeie temas soos vriendskap en familiewaardes tydens hul uitdagings.
Boek: Diere-ABC
Abc-boeke bly nou maar kinders en ouers se gunstelinge.
Boek: Die Wondêrwereld Van Goggas
Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto’s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwêreld van insekte en ander goggas kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong diereliefhebbers se tone te laat omkrul van lekkerkry!
Boek: Op Die Punt Van My Tong: 80 Tawwe Tongknopers
Jaco Jacobs se bekroonde kinderverse is gewild by skole, kunswedstryde – en veral op duisende Afrikaanse kinders se boekrakke, waar dit ‘n ereplek verdien. Hierdie splinternuwe versameling tongknopers en snelsêers sal sorg vir ure se lekkerlag-pret!
Boek: Moenie die knoppie druk nie
’n Lekker lawwe, lawaaierige, holderstebolder kleuterboek oor een van die onweerstaanbaarste dinge op aarde – ’n knoppie wat smeek om gedruk te word!
Boek: Die avonture van Audrey Amaka 1, 2 en 3
Die avonture van Audrey Amaka-reeks, “Die dapper Kameelperdjie”, “Die nuuskierige kameelperdjie” en “Kameelperdjie leer ’n les”, sal vyf- tot agtjariges in vervoering hê. Die boekies sluit ook af met interessante diere-feite wat aansluit by die stories asook versteekte elemente om in die boek te soek.
Boek: Professor Sabatina se wetenskapboek
Hoe werk swaartekrag? Hoe bly ’n vliegtuig in die lug? Hoe werk magnete? Waarom dryf sommige dinge op water en ander sink? By elke onderwerp is daar ’n probleemstelling, dan ’n eksperiment.
Boek: Dit was nie ek nie!
In Afrika skyn die son elke dag vuurwarm. Dit is waarom Gaffie die kameelperd, Ronnie die renoster en Annabella die volstruis graag op die miershoop in die skaduwee van die doringboom wil gaan rus. Maar net wanneer hulle lekker sit, hoor hulle ‘n BAIE onbeskofte geluid… “Prrrrrr”!
Boek: Olinosters op die dak
Daniel kuier by Ouma en Oupa. Toe dit aand word en tyd om te gaan slap, lees Oupa eers vir Daniel ‘n storie. Toe sing Ouma vir hom ‘n liedjie. Maar die bed is vreemd, en Daniel voel baie ongemaklik… hy verlang na sy eie kamer en sy eie bed. En hy hoor geluide! Dit klink soos… soos ‘n hele trop OLINOSTERS wat op die dak dans en spring!