Die Deense koningin Margrethe II het Woensdag die nuwe museum, wat toegewy is aan die kinderskrywer Hans Christian Andersen, ingehuldig.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "kinderboeke"
Wendy Maartens: ‘Ek moes weer soos ʼn kind leer praat’
Slaaptydstories wat haar ma uit die Bybel voorgelees of oorvertel het, is een van Wendy Maartens se vroegste herinneringe en onomwonde die beginpunt van haar liefde vir Bybelverhale.
Boeke bring glimlagte vir kinders van Mpumalanga
Aanvanklik het ek gedink: Oukei, ons gaan ʼn paar boeke vir minderbevoorregte kinders uitdeel – maklik. Ek was heeltemal onvoorbereid op dit wat in Mpumalanga vir my gewag het.
Lapa kondig wenners van jeugromankompetisie aan
Die wenners van Lapa Uitgewers se jeugromankompetisie is op 26 Februarie tydens ʼn glansgeleentheid in Pretoria bekendgemaak.
‘Daar was nie sulke boeke toe ons kinders was nie’
Op 3 Desember het Lapa Uitgewers en die Otto-Stigting saam met Bianca Flanders, Susan Ongansie en André Trantraal in die Liyabona Biblioteek, Distrik 6, gekuier.
Eerste in SA: Kinderboek plaas fokus op aandagafleibaarheid
“Ons wou ’n hulpbron ontwikkel wat toeganklik sou wees vir soveel Suid-Afrikaners as moontlik.”
Nóg internasionale benoemings vir Jaco Jacobs
“Dié nuus het ‘n Blou Maandag sommer opgehelder,” sê Jaco Jacobs, Bloemfonteinse kinderboekskrywer, nadat hy onlangs vir twee internasionale toekennings benoem is.
Dié skrywer weet hoe om jong lesers te laat ril
De Wet Hugo is die skrywer van die Grilgrypersreeks en het onlangs ʼn draai by Maroela Media se ateljee gemaak om te kom gesels oor sy rillerboeke vir jong tieners.
SA skrywer se jeugverhaal vir Carnegie-medalje benoem
“In die kinderboekbedryf is die Carnegie-medalje een van die héél grotes.”
Milan se kinderboekreeks moedig jong lesers aan
“My kinders raak elke aand met ʼn boek op die voorkop aan die slaap! Hulle verslind stories.”
En die beste kinderboeke is…
Die boeke wat vir hierdie toekennings in aanmerking kom, word deur die kinders self beoordeel.
Boek: Paddington
n Naamlose beertjie uit Donker Peru beland op Paddington Stasie met slegs ’n tas, ’n halfleë fles marmelade en ’n etiket wat lees: “Kyk asseblief mooi na hierdie beer.” Die Browns besluit om dié hoflike beertjie in hul huis te verwelkom en noem hom Paddington – na die stasie.
Hou kinders só aan die lees
Ja, sy doen navorsing vir al haar boeke, of dit nou vir ʼn sesjarige of ʼn 14-jarige bedoel is. “Kinders tel dit maklik op as jy fnuik, nie eerlik is nie en vroetel met feite. Buitendien lees volwassenes ook jeugboeke en dit is dikwels ʼn ma of ouma wat ʼn boek vir ʼn kind moet voorlees,” sê Wasserman.
Boek: Padda is Padda
Maar dan besef Padda dat hy uniek, spesiaal en talentvol op sy eie manier is – hy is pragtig en groen, en kan beter swem en spring as enigiemand anders!
Boek: Mnr Stink
Chloe is seker die eensaamste meisie in die wêreld. Maar toe ontmoet sy vir meneer Stink, die plaaslike boemelaar. Ja, hy ruik effens sleg – maar hy’s die enigste mens wat haar nog ooit ordentlik behandel het.
Boek: Dagboek van ’n wimp (In die hondehok)
Greg, ’n selferkende “binnenshuise persoon”, ervaar sy heerlikste vakansiefantasie: geen verantwoordelikhede en geen reëls. Maar Greg se ma se idee van ’n perfekte vakansie is nie dieselfde nie…
Boek: Liewe Heksie Leesboek 1
Liewe Heksie is al vir meer as 50 jaar gewild en een van die mees ikoniese Afrikaanse kinderboekkarakters. Maklik leesbare teks en pragtige kleur-illustrasies sal sorg dat jong, sowel as ouers lesers van voor af bekoor word.
Boek: Karatekas #1: Vriende en verraad
Warren en Divan is, vandat hulle kan onthou, al vriende. Dan begin Divan karate doen, en nie lank daarna nie sluit Warren ook by die karate-klub aan.
Boek: Lulu Bell en die verjaarsdagponie
‘n Ponie hardloop los in die strate rond. Lulu en haar pa moet die ponie gaan vang voordat hy seerkry. Sal hulle die ponie betyds kry?
Boek: Bietjie vir bietjie
Elke dierekaraktertjie in die boekie het’n grootword-uitdaging wat deurgemaak moet word. Die karaktertjies oorkom grootword-vrese, leer om dapper te wees en leer ook allerlei lewenslessies oor verskeie temas soos vriendskap en familiewaardes tydens hul uitdagings.