Kekkelende hekse, brullende monsters, kermende spoke … Maak hierdie boek oop en gaan ’n wêreld van bangmaak-klanke binne – as jy dapper genoeg is!
Alles vir die sleutelwoord "kinders"
Die ruspe wat so honger was
Miljoene kinders dwarsoor die wêreld word al sedert 1969 deur hierdie eenvoudige, maar immer-gewilde storie bekoor. Dit is een van Eric Carle se bekendste en mees geliefde titels, reeds vertaal in meer as 45 tale en nou op populêre aandrang weer in Afrikaans beskikbaar. Leer saam met die honger klein ruspe tel en die dae van die week benoem. Leer hoe om vrugte en ander lekkernye te herken en vind uiteindelik uit hoe ’n ruspe ’n pragtige vlinder word!
Toemaar, Dirk!
Wie kan help as ’n mens ’n GROOT bekommernis het? Daar is iets groots fout met die pragtige nuwe wolmus wat Dirk persent gekry het en die skape gee vir hom allesbehalwe goeie raad! Gelukkig weet Dirk sy pa is altyd daar vir hom . . .
’n Heerlike opvolg tot die baie gewilde prenteboek Dirk soek ’n drukkie. Deernisvol en bekoorlik.
Speurhond Willem en die wilddiewe
Willem en Adriaan is terug vir hulle derde avontuur saam! Nadat hulle Europa en die Indiese Oseaan deurkruis het, is hulle dié keer op eie bodem doenig: in die Laeveld, waar daar in die gebied rondom tannie Lolla se plaas op renosters jag gemaak word. Willem-hulle word ingeroep om die stropers te help aankeer.
20 dinge waarmee seuns struggle / 20 dinge wat my seun moet onthou
Johan Smith Mans maak so moeilik hulle harte vir mekaar oop. En dit des te meer wanneer die onderwerp nie altyd lekker is nie, of…
Waar genade dans
Ewald van Rensburg Paulus se briewe bied baie pitkos wat vir elke gelowige soveel kan beteken op sy geloofspad. Waar genade dans deur Ewald van…
Anna atoom en die seerower se dolk
Elizabeth Wasserman Hierdie verhaal is ’n klomp dinge ineengerol: avontuurverhaal, die ou gunstelingtema van seerowers, wetenskap, die uitgestorwe dodo, die seelewe, rekenaars, tegnologie en ruimtefiksie,…
Grappe van A-Z
Maritha Snyman Wat is rooi, stroopsoet en gevaarlik? Aarbei-en-skerpioenkonfyt Hoekom ry die ryk blondine ’n BMW? Dit is al wat sy kan spel. Hoekom het…
Die Liewe Heksie Omnibus
Verna Vels, Piet Grobler Die Liewe Heksie Omnibus bevat een-en-dertig stories waarin die bekoorlike klein karaktertjie en haar maats, Blommie Kabouter, Karel Kat, Kwaaitjie Kabouter…
Fabels van Esopus
Beverley Naidoo, Piet Grobler ’n Muisie red ’n magtige leeu se lewe; honger Sprinkaan, te lui om kos op te gaar, kry geen simpatie by…
Lief vir leer: Eerste woorde
Brenda Apsley Op ‘n dag sien Tillie die beertjie hoe die ander bere skool toe gaan. Sy is nog te jonk om saam te gaan,…
Is jy hartseer, Beertjie?
Rachel Rivett Ouma Beer het weggestap. Ver weg. Vir altyd. Beertjie is baie hartseer daaroor. “Hoekom kan alles nie bly soos dit is nie?” wil…
My bed is my bed
Mij Kelly vertaal deur Philip de Vos Betsie het ’n bedjie, presies soos ek en jy, maar daar’s ’n hele diere-spul wat saam met háár…
Die klassieke kinderbybel storieboek
Johan en Nina Smit Die klassieke Kinderbybel-storieboek is die plek waar klassieke Bybelstories en elke leser – jonk of oud – se verbeelding mekaar ontmoet….
Boek: Waar is my mamma?
Kinders sal dit geniet om hierdie oulike boekie se prentewiele te draai om uit te vind watter mamma-dier by die baba-leeutjie, die baba-beertjie, die robwelpie en ’n klomp ander oulike dierebabas pas.
Boek: Waar is my mamma?
Kinders sal dit geniet om hierdie oulike boekie se prentewiele te draai om uit te vind watter mamma-dier by die kalfie, die lammetjie, die kuiken en ’n klomp ander oulike baba-plaasdiere pas.
Boek: Syfers
Leer hoe om te tel met hierdie vrolike skoonvee-boek propvol tekenoefeninge, foto’s en aktiwiteite.
Boek: Kleure en vorms
Leer alles oor vorms en kleure met hierdie vrolike skoonvee-boek propvol tekenoefeninge, foto’s en aktiwiteite.