Die Cheetahs en Kings het hul Pro14-wedstryde verloor.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "kings"
Skrums kelder die Kings teen Connacht
Heel onder. Dis waar die Southern Kings steeds ná nege van hulle 21 ligawedstryde in die Pro14-reeks is.
Kings smyt wedstryd weg, Cheetahs soek hul eerste sege
Kan die Cheetahs Saterdag uiteindelik as ʼn wenspan van die veld stap?
Pro14: Kings se koppe en dissipline moet reg wees
Rugbywedstryde word nie deur vorige uitslae beïnvloed nie, maar dit is wel waar dat dit in die eerste plek ʼn aanduiding van die twee teenstanders se krag gee en in die agterkop ook ʼn rol speel.
Kings se vierde neerlaag onderstreep OP-wanorde
Die Southern Kings het Saterdagaand met 14-54 teen die Scarlets groot pak in Llanelli gekry en het ná vyf wedstryde net die enkele oorwinning, verlede naweek teen Ulster in die Baai, op die punteleer.
Pro14: Kings maak soos die Bokke met hul min besit
Die Southern Kings het, soos die Springbokke verlede week in die verrassende oorwinning teen die All Blacks, hulle Saterdag teen die Glasgow Warriors nie veel aan besit en gebiedsvoordeel gesteur nie.
Pro14: Cheetahs se keerwerk, Kings se dissipline moet beter
Dit was, al was dit net plek-plek, ʼn beter vertoning deur die Cheetahs verlede week en nog méér so deur die Southern Kings, al het albei pak in die Pro14-reeks teen onderskeidelik Glasgow en Ulster gekry.
Pro14: Marcell beste speler op die veld
Benewens die Kings se vertoning was die aandag Sondagmiddag in die Nelson Mandelabaai-stadion op die vertoning van Ulster se Springbokflank, Marcell Coetzee, toegespits.
Pro14: Cheetahs wil beter, Kings soek ʼn sege
Dis nog baie vroeg in die Pro14-reeks, maar tog lyk dit of die Southern Kings vanjaar beter gaan vaar. Maar by die Cheetahs is dinge nog duister ná twee groot pakke slae.
Kings, Cheetahs sal foute moet beperk om te wen
As jy die vooruitsigte van die twee Suid-Afrikaanse spanne in Saterdag se tweede ronde van die Pro14-reeks wil opsom, sal dit seker wees dat selfs ʼn enkele oorwinning ʼn welkome maar onverwagse uitslag sal wees.
Swaarkry SA spanne se voorland in Pro14
Ja, dit wás maar die eerste wedstryde in vanjaar se Pro14-reeks, maar reeds ys jy om te dink dat die huidige neiging, geoordeel aan die naweek se eerste sukkel-wedstryde, vir die Suid-Afrikaanse spanne kan voortduur.
Verloorpaadjie lyk ook na Cheetahs se voorland
Die Southern Kings het Vrydagaand hul Pro14-reeks met ʼn neerlaag in die eerste wedstryd begin, en daar kan nie veel hoop wees dat die Cheetahs Saterdagaand met ʼn oorwinning sal wegspring nie.
‘Nuwe’ Kings moet hierdie wegspringkans benut
Natuurlik verander die krag van spanne van een seisoen na die volgende, maar bloot geoordeel aan verlede seisoen, spring die Kings in die 2018/19-reeks om die Pro14-titel teen hul maklikste teenstander weg.
Pro14: Kings laat Cheetahs sweet vir die bonuspunt
Die Cheetahs se plek in die kwarteindronde van die Pro14-reeks is Saterdag in die 52ste minuut bespreek toe hulle kaptein Francois Venter in die Nelson Mandelabaai-stadion teen die Kings gaan druk het.
Pro14: Cheetahs se byt lyk te veel vir Kings
Die Kings, vir die tweede keer op hulle tuisveld, speel Saterdag in hulle derde kragmeting vanjaar teen die Cheetahs in wedstryd waar daar op die oog af nie veel is om voor te speel nie.
Teleurstellende Cheetahs op randjie van uitspeelstryd
ʼn Enkele punt in hulle laaste twee ligawedstryde kan vir die Cheetahs ʼn uitspeelstryd in die Pro14 verseker; twee punte verseker dit.
Naelskraap, maar die Kings verloor weer
Vir die Southern Kings was dit weer amper, hierdie keer met ʼn hartverskeurende enkele punt, toe hulle Saterdag in die Baai teen die Italiaanse span Benetton vasgeval het.
En toe wen die Kings en die Cheetahs se uitspeelkanse leef voort
Ná 17 wedstryde elk, het Suid-Afrika se twee Pro14-verteenwoordigers die naweek die heel eerste keer ʼn tweekuns oorwinnings behaal en albei gewen.
Swarigheid wag op die Cheetahs en die Kings
Ses veranderinge is waarmee die Cheetahs Vrydagaand in Glasgow teen die Pro14 se voorste span sal probeer om slegs hul tweede oorsese oorwinning te behaal.
Cheetahs kan uitspeelkanse verstewig; Kings weer onder druk
Met agt van hulle 21 wedstryde oor kry die Cheetahs Saterdag die kans om hul plek as derde span in afdeling A van die Pro14-reeks so te sê vas te messel.