Die ATKV Klein-Kariba-vakansieoord in Bela-Bela, Limpopo, is ná ses maande en miljoene rande se opknappings- en herstelwerk weer gereed om sy deure vir besoekers oop te maak. Die oord moes in Maart sluit nadat twee vloede kort na mekaar die oord getref het. Twee bejaardes is ook tydens die vloede dood.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Klein-Kariba"
Klein-Kariba: Bejaarde vrou se liggaam gevind
Elizabeth Sparrow, die 69-jarige vrou wat saam met haar man, Eric (74), by die ATKV Klein-Kariba-vakansieoord deur ʼn fratsvloed meegesleur is, se liggaam is ook gevind.
Foto’s en video: Bela-Bela (Warmbad) onder water
Talle inwoners van Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo moes Donderdag met helikopters uit die gebied gered word nadat massas water chaos in die dorp veroorsaak het.
Tweede vloed tref Klein-Kariba-oord
ʼn Tweede vloed het die ATKV-Klein-Kariba-vakansieoord in Bela-Bela Donderdag getref.
Foto’s: Vloede in Ellisras
Gedeeltes van Lephalale (Ellisras) het Dinsdag ná swaar reën oorstroom en ʼn gedeelte van ʼn pad naby die dorp het heeltemal weggespoel.
Klein-Kariba: Vrou steeds vermis; oord gesluit met miljoene rand se skade
Die polisie van Limpopo is Dinsdag steeds op soek na Elizabeth Sparrow, ʼn bejaarde vrou wat saam met haar man, Eric (74), by die ATKV Klein-Kariba-vakansieoord deur ʼn fratsvloed meegesleur is.
Klein-Kariba-vloed: Bejaarde vrou word steeds vermis
Elizabeth Sparrow, ʼn bejaarde vrou wat saam met haar man in Bela-Bela in vloedwater meegesleur is terwyl hulle geswem het, word steeds vermis.
Video’s: Vloedwater by Klein-Kariba-oord
‘n Video van die vloedwater wat Vrydag deur die ATKV Klein-Kariba-vakansieoord gevloei het, is op Facebook gepubliseer.
Klein-Kariba-vloed: Bejaarde se liggaam gevind
Die liggaam van een van die bejaardes wat Vrydagmiddag by die ATKV Klein-Kariba-vakansieoord deur ʼn fratsvloed meegesleur is, is Saterdag gevind.
Nóg vloedwaarskuwings uitgereik
Die Suid-Afrikaanse weerdiens het Saterdagaand weer vloedwaarskuwings vir gebiede in Gauteng, Mpumalanga, die Vrystaat en KwaZulu-Natal uitgereik.
Foto’s: Twee bejaardes vermis ná vloed by Klein-Kariba
Twee bejaardes van Bela-Bela word vermis nadat ʼn kitsvloed Vrydagmiddag die ATKV Klein-Kariba-vakansieoord in Limpopo getref het.