Ryan laat sy kop in sy hande sak. “ʼn Nuwe Chinese generasie wat met vodka-aksente gaan praat, gaan die wêreld binnevaar.”
Alles vir die sleutelwoord "kleuterskool"
Speel en praat jou kind slim
Navorsing bewys ook dat jy nie duur opvoedkundige speelgoed of digitale toestelle vir jou kind hoef te koop om hom op te skerp nie. Jy het ook nie nodig om jou kinders gedurig rond te ry na selfverrykingsklasse nie. Jy kan baie eenvoudiger dinge met jou kind doen om hom skoolgereed te maak.
Speletjies is tops vir skoolgereedheid
Ongeveer 900 kleuterskoolonderwysers het die afgelope naweek die VVOS-seminaar oor skoolgereedheid by Unisa in Groenkloof in Johannesburg bygewoon.
Skoksyfers oor kleuters se eetgewoontes onthul
Sowat een uit elke tien kleuters kry hulle enigste maaltyd van die dag by ʼn kleuterskool. ʼn Verdere 22,2% van kleuters kry net nog een maaltyd tuis.
Ondersoek ná 2-jarige by kleuterskool brand
Die polisie in Noordwes ondersoek ʼn saak van aanranding nadat ʼn tweejarige dogtertjie met kookwater in Mmabatho gebrand het.
Maroela Media verras dagsorgsentrum
Maroela Media het op 26 Junie elke kleuter by die Teletubbies-dagsorgsentrum in Pretoria-Noord verras met ‘n geskenkpakkie.
Vroue in hof oor vasgebinde kleuter
Die eienaar en ʼn werknemer van ʼn dagsorgsentrum in Rosettenville, Johannesburg, waar ʼn kleuter in ʼn badkamer vasgebind is, het Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.
Departement het slegs ses klagtes ontvang
Die departement van maatskaplike ontwikkeling in Gauteng het die afgelope jaar slegs ses klagtes oor onwettige of ongeregistreerde dagsorgsentrums ontvang, het die Saturday Star berig.
Eienaar van dagsorgsentrum amptelik aangekla
Die eienaar van die Petite Bumper-dagsorgsentrum in Rosettenville, suid van Johannesburg, waar ʼn kleuter glo vasgebind, se mond toegeplak, en sonder toesig in ʼn badkamer gelaat is, is amptelik aangekla.
Dagsorgsentrum waar kleuter glo mishandel is, is toegemaak
Die Petite Bumper-dagsorgsentrum in Rosettenville, suid van Johannesburg, is toegemaak nadat ʼn video aan die lig gekom het van ʼn kleuter wat glo daar vasgebind, se mond toegeplak, en sonder toesig in ʼn badkamer gelaat is.
Polisie soek hulp ná video oor kindermishandeling
Die Gautengse polisie het Woensdag versoek dat die persoon, wat ʼn video geneem het van ʼn kleuter wat by ʼn dagsorgsentrum in Rosettenville, Johannesburg, vasgebind is, na vore sal kom om hulle met hul ondersoek by te staan.
Video: Baba vasgebind sodat versorger kan TV kyk
Die eienaar van ʼn kleuterskool in Rosettenville, suid van Johannesburg, het glo ʼn kleuter vasgebind en haar mond toegeplak, omdat sy televisie wou kyk, berig die Daily Sun
Massavergiftiging by kleuterskool
Twee kinders is dood en 30 baie siek ná ‘n massavergiftiging by ‘n kleuterskool in die suidweste van China.
Graad R-leerling sterf toe hy in toilet val
ʼn Sesjarige seuntjie is dood nadat hy in ʼn buitetoilet by sy laerskool in Limpopo geval het.
Video: Kleuter help dowe ouers om Kerskonsert te “hoor”
Die vyfjarige Claire Koch het tydens haar kleuterskool se Kerskonsert al die liedjies met gebaretaal getolk sodat haar ouers, wat altwee doof is, ook die konsert kon geniet.
Chanelle Henning-moord: Monye se oproepe, dreigemente bevraagteken
Oproepe na en van die telefoon van een van die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn komplot gesmee het om Chanelle Henning te vermoor, is Maandag in die Pretoriase hooggeregshof bevraagteken.
Ouers kla kleuterskool aan ná baba glo geskud is
Die ouers van ʼn babadogtertjie, wat weens babaskud-sindroom moontlik blind gelaat is en dalk breinskade opgedoen het, het ’n klag van kindermishandeling teen ‘n kleuterskool by die polisie aanhangig gemaak.
4-jarige brand met koekkersies by dagsorgsentrum
Die 4-jarige Laylah Smidt het tweedegraadse brandwonde by ‘n dagsorgsentrum opgedoen toe sy haar verjaardagkersies wou doodblaas.