“Die projek het ten doel om veeprodusente te identifiseer wat klimaatslim boerderypraktyke op hul plase implementeer en passievol is oor die bewaring van hul omgewing en hulpbronne.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "klimaatsverandering"
Boere maak belofte vir grondgesondheid
Kongresgangers het gevra om net daar en dan die belofte te onderteken.
Duitsland dalk binne 10 jaar sy laaste gletsers kwyt
Duitsland se gletsers smelt vinniger as wat verwag is en die land kan binne 10 jaar sy laaste yskappe verloor.
Bill Gates maak plase bymekaar
Vandag is Bill Gates die grootste eienaar van landbougrond in die VSA. Hy besit ʼn allemintige 97 934 hektaar bewerkbare grond.
Vryspraak: Die kwessie van klimaatsverandering
Roger Scruton, die groot Engelse filosoof wat onlangs oorlede is, het opgemerk dat dit vir hom moeilik is om te glo dat “conservatives” so min begrip vir “conservation” kan toon – in Afrikaans sou ʼn mens kon aanvoer dat behoudende sienings en ’n bewarende ingesteldheid jeens die wêreld tog hand aan hand behoort te gaan.
Vier Aarde-uur met ʼn nagtelike avontuur
“Daar was nog nooit ʼn belangriker tyd om saam te staan en om die kollig te skyn op hierdie kwessies nie.”
Klimaatkrisis, vlugtelingkrisis of terrorisme… Wat is die grootste bedreiging?
Die drie bedreigings hou verband met mekaar.
Van aardverwarming na aardbewondering
Het die tyd aangebreek dat die lewensbeskouing – dat menslike welvaart alleenlik afhanklik is van ekonomiese groei en industrialisasie – moet verander na een waar menslike welvaart eerder gemeet word aan selfverantwoordbaarheid, geestelike welsyn en die strewe na volhoubare ekosisteme?
Musk-broers wil die mensdom red
Die mensdom het al deur verskeie krisisse aangepas en deur sy innovering oorleef – dikwels met geweldige lewensverliese. Die krisisse wat die mens tans in die gesig staar, skep groot probleme, maar ook baie ruimte vir innovasie.
Nuuskommentaar: Om die land te red, het ons hoop nodig
Net soos die landbouers deur kundigheid, voorafkennis en tegnologie die risikofaktore probeer uitskakel, so moet almal saamstaan teen misdaad en maatskaplike verval, en in geloof hoop dat dit suksesvol sal wees.
Klimaatsverandering-aktivisme gaan jou dood beteken
Die koste van klein, meestal kosmetiese pogings, gaan egter elke wêreldburger se sak raak, ook hier in Suid-Afrika. Klimaatsverandering is die histerie wat die melkkoei van belastingsinsameling gaan droogmelk en self groot ekonomiese skade aanrig.
Meer brande in Amasone dui op krisis
Die brande wat tans in die Amasone-reënwoude woed het nie net vanjaar met ʼn rekordgetal toegeneem nie, maar word ook uitgewys as die oorsaak van ʼn vreemde weerverskynsel in verskeie streke duisende kilometer weg van dié brande.
Nuuskommentaar: Maak dood die aarde
Druk op nasies en politici neem toe, onder andere uit die geledere van die VN, om hul sokkies op te trek om die mens se rol in klimaatsverandering op te skerp. Boney M se liedjie “We kill the world (Don’t kill the world)”, was ’n tydige oproep om die hande uit die moue te steek.
Foto’s: Aktiviste neem Londen op horings
“Dit is ’n baie belangrike oomblik in die geskiedenis. Dit moes 50 jaar gelede al gebeur het. Die tyd loop uit en ons regering moet luister.”
Kenners waarsku oor klimaatsverandering in Suider-Afrika
Suider-Afrika is op die voorpunt van stygende wêreldwye temperature en meer navorsing moet gedoen word om die waarskynlike impak van klimaatsverandering te bepaal, het die departement van omgewingsake Maandag gesê.
Nuuskommentaar: El Niño en grondgryp sonder vergoeding
Kan die planne vir grondonteiening sonder vergoeding nie geweldig inplof as die impak van klimaatsverandering en die periodieke voorkoms van El Niño nog nie behoorlik verstaan word nie?
Dag Zero. Sien ons die groter prentjie?
Ek sal die politiek vir die politici los maar wat ek wel kan sê is dat omgewingsonsekerheid ’n sekerheid is. Dit is die enigste sekerheid wat ons het!
Slagkrete en swak regering voed nie honger mense nie
Klimaatsverandering gaan voedselsekerheid in gedrang bring, dit kan die grondkwessie soveel meer kompliseer. Trouens, die regeerders en propageerders moet daarmee rekening hou dat honger mense nie met slagkrete en swak regering gevoed word nie.
Nuuskommentaar: Skoon energie kry skop op sitvlak
Die sektorale hantering van ’n noodsituasie kan maklik ernstige gevolge vir ander sektore inhou. Juis daarom is dit so belangrik dat ontkenners en onkundiges hulle as beplanners uit ’n belangrike kwessie soos die droogte in die Wes-Kaap hou.
Wêreldwye skok oor uitgeteerde ysbeer
Die fotograaf het gesê hy word deur sosialemedia-gebruikers oor die kole gehaal omdat hy en sy span nie ingegryp het nie.