Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, getuig Maandag self in die arbeidshof in Johannesburg in Solidariteit se hofsaak teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) oor kol. Kobus Roos se aanstelling.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Kobus Roos"
Riah Phiyega moet in hof sê oor Roos
Die arbeidshof in Johannesburg het vandag beveel dat die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, en die minister van polisie, Nathi Nhleko, eersdaags sélf in die hof moet getuig in verband met Solidariteit se hofsaak teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) oor die aanstelling van kol. Kobus Roos.
Solidariteit sal vra dat Nhleko en Phiyega gearresteer word
Die vakbond Solidariteit sal vandag in die arbeidshof in Johannesburg op die arrestasie van die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, en die minister van polisie, Nathi Nhleko, aandring.
Hof beslis ten gunste van Solidariteit, Roos
Die arbeidshof in Johannesburg het Solidariteit se minagtingsbevel namens kol. Kobus Roos teen die minister van polisie, Nkosinathi Nhleko, en die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, toegestaan.
Hof gee uitspraak in omstrede misdaadintelligensiesaak
Regter Robert Lagrange het Dinsdag in die Johannesburgse arbeidshof uitspraak gelewer in die omstrede misdaadintelligensiesaak wat Solidariteit namens kol. Kobus Roos teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gevoer het.
Uitspraak verwag in omstrede misdaadintelligensiesaak
Regter Robert le Grange sal Dinsdag uitspraak lewer in die omstrede misdaadintelligensiesaak wat Solidariteit namens kol. Kobus Roos teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) voer.
Uitspraak eersdaags verwag in omstrede misdaadintelligensiesaak
Die vakbond Solidariteit verwag eersdaags uitspraak in die omstrede misdaadintelligensiesaak wat Solidariteit namens kol. Kobus Roos teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens voer
“Kolonel verder geviktimiseer voor aanvang van omstrede misdaadintelligensie-saak” – Solidariteit
Die vakbond Solidariteit het vandag sy misnoeë uitgespreek oor die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se ondersoek na kol. Kobus Roos, enkele dae voordat sy saak deur die arbeidshof in Johannesburg aangehoor sal word.Roos word tans ondersoek vir bewerings dat hy vertroulike inligting laat uitlek het.
Omstrede misdaadintelligensie-saak teen SAPD uitgestel vir verhoor
Solidariteit se onbillikearbeidspraktyk-saak teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) namens kol. Kobus Roos, wat al jare lank vergeefs probeer om korrupsie binne die SAPD aan die kaak te stel, is Donderdag in die arbeidshof in Johannesburg tot volgende jaar uitgestel vir verhoor.