Die sanger en liedjieskrywer Henry van Dyk, wat onlangs sy splinternuwe album bekendgestel het, sê toe hy die eerste keer sy hand aan liedjieskryf gewaag en dié liedjie in die ateljee opgeneem het, het hy geweet hy hoort nêrens anders as in die musiekbedryf nie
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "kontemporêr"
[Wen] Nádine vier 20 jaar met opskopkonsert
Hierdie kompetisie is gesluit: Die sanger en televisieaanbieder, Nádine, vier vanjaar 20 jaar in die musiekbedryf. Sy het by Maroela Media gekuier om te gesels oor haar twee 20-jaar-konserte, loopbaanhoogtepunte en haar planne vir die toekoms.
Luister: Martin Bester bring binnekort Afrikaanse album uit
Martin Bester het onlangs die musiekvideo van sy eerste Afrikaanse liedjie, “Wat weet ek tog”, uitgereik. Die goeie nuus is dat daar vroeg volgende jaar ʼn vollengte Afrikaanse album op pad is.
Luister: Anthonie Bougas woeker met sy talente
Suid-Afrika het vir die eerste keer in 2007 met Anthonie Bougas kennis gemaak toe hy aan Supersterre deelgeneem het. Deesdae sien ons Anthonie as aanbieder van verskillende programme soos Kleuterzone, Sing in Harmonie en Solis vir Christus. Hy het al selfs ’n draai in die sepie Villa Rosa gemaak.
Luister: Talle drome word waar vir sanger Riaan Grobler
Riaan Grobler werk nou al reeds drie jaar aan sy jongste album, Dis die liefde, wat in Oktober bekendgestel is. Nie net het hy die geleentheid gehad om saam met vier van sy gunsteling-sangeresse duette te sing op hierdie album nie, maar hy is ook deesdae te sien as ʼn aanbieder en vervaardiger van kykNET se ontbytprogram, Die groot ontbyt.
Luister: Amor Vittone is terug met ʼn album wat ʼn hoofstuk uit haar eie lewe is
Ná vyf jaar is Amor Vittone terug met ʼn splinternuwe album waar sy vir die eerste keer, soos sy dit stel, haar hand op papier gesit en seker gemaak het haar eie stem kom deur in die musiek wat sy sing.
Luister: Brendan Peyper gesels oor musiek, sukses en deel ʼn paar van sy gunstelinge
Brendan Peyper het ook ‘n paar vinnige vrae van Esté Meyer Jansen beantwoord wat bietjie meer vertel van die man agter die musiek.
Kompetisie: Dana Winner dra nuwe treffer aan ‘haar Suid-Afrika’ op
Hierdie kompetisie is gesluit: Met ʼn bietjie meer as drie weke oor voor Dana Winner se Special Arena vertonings in Johannesburg en Kaapstad, het sy ʼn splinternuwe treffer as huldeblyk aan haar duisende Suid-Afrikaanse aanhangers opgedra.
Luister: Bly kalm en luister na die Coffee Snobs
Nes die aroma van varsgemaalde koffie is die musiekgroep Coffee Snobs se musiek iets wat jou sintuie behoorlik deurdrenk.
Anton Myburgh keer terug met ’n eerste in Afrikaans
Drie jaar nadat Anton Myburgh sy jongste album uitgereik het, is hy terug met ’n nuwe treffer, “Biker Angel”.
Luister: PJ Cruz maak impak met debuutalbum
Die sanger en liedjieskrywer, PJ Cruz, het reeds 1 000 optredes agter sy naam en ʼn honderd liedjies op sy kerfstok, maar hy het nou eers besluit om sy aanhangers ʼn vollengte album te gee.
Albert de Wet terug met ’n album na drie jaar
Drie jaar nadat sy laaste album, Bang vir die donker, verskyn het, is Albert de Wet terug met ʼn nuwe album.
Luister: Pretorianers, hier kom die Shaun Jacobs Band
Die kunstenaar Shaun Jacobs is een van daardie Suid-Afrikaanse musikante wat glad nie hoef terug te staan vir internasionale sterre as dit by rockmusiek kom nie.
Skildery – Nadine
Nadine se nuutste album, Skildery, is beslis ‘n album wat ‘n mens op jou CD-rak kan byvoeg.
Lied vir die vrou – Kurt Darren
Kurt Darren se nuutste album spog met ‘n hele paar treffers.
Grootste treffers Volume 1- Heinz Winckler
Heinz is sonder twyfel een van die min Idols-wenners wat ʼn konstruktiewe bydrae tot dusver in die Afrikaanse musiekbedryf kon lewer.
Maak ‘n wens – Bobby van Jaarsveld
Dis moeilik om te glo dat daar nou al byna tien jaar verloop het sedert ‘n 17-jarige hoërskoolseun van Brits op die Afrikaanse musiektoneel verskyn het.
Beste tyd van my lewe- Vegas
Die meeste Afrikaanse albums wat deesdae uitgereik word, is op ‘n breë gehoor gemik, maar soms verskyn daar ‘n album wat onbeskaamd (of is dit skaamteloos?) op die jonger luisteraar gemik is, skryf Daantjie Dinamiet oor Vegas se nuwe album.
Ray Dylan sing Roy Orbison
Daantjie Dinamiet resenseer Ray Dylan se huldeblyk-album aan Roy Orbison.
Ricus Nel sing Don Williams
Daantjie Dinamiet meen Ricus het vorendag gekom met ‘n baie goeie album wat veral by liefhebbers van country-kunstenaars byval sal vind.