Die applikante het in die hof aangevoer dat hulle “vreemde en ongewone” mediese toestande opgemerk het onder diegene wat ingeënt is.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "koronavirus"
Groot studie wys entstof veroorsaak wel hartsiektes
Navorsers verbonde aan die Wêreldgesondheidsorganisasie het bevind daar is wel ʼn verband tussen die Covid-19-entstof en skaars hart- en breinsiektes.
Inperking: Cogta-minister swyg steeds
“Hierdie ongekende staatsingrypings het ernstige kort- en langtermyngevolge gehad. Ons doel is om te verseker dat die staat nie weer sulke drastiese en sosio-ekonomies skadelike ingrypings op grond van ondeursigtige prosesse, onduidelike rasionaal, en ongepubliseerde beoordelings van breë maatskaplike gevolge kan doen nie.”
‘Boete sal my nie stilmaak’
Dr. Tros Bekker het vroeër die maand voor die Raad op Mediese Beroepe verskyn ná hy hom sterk uitgespreek het teen die Covid-19-inenting.
‘Waarheid moet uit’, al kos dit dokter alles
ʼn Algemene praktisyn van Pretoria-Noord voel só sterk daaroor dat die Covid-19-inenting uiters skadelik is vir mense, dat hy bereid is om sy beroep én sy reputasie op die spel te plaas.
Hofsake oor ‘entstof-beserings’ hoop op
Van die eisers met wie Maroela Media gepraat het, is deur hul werkgewers gedwing om die Covid-19-entstof te kry, al het hulle aan gesondheidstoestande gely.
Twee wat mRNA-entstof help ontwikkel, kry Nobelprys
Twee wetenskaplikes van Amerika het Maandag die Nobelprys vir medisyne gewen vir hul werk aan mRNA-tegnologie wat die weg vir Covid-19-entstowwe gebaan het.
Regering gedagvaar oor ‘entstof-besering’
ʼn Man van Mbombela eis R31 miljoen se skadevergoeding nadat die Covid-19-entstof sy onderlyf verlam het.
Aangepaste Covid-19-entstowwe goedgekeur
Dié entstowwe vir Covid-19 teiken die variante wat tans by Amerikaners voorkom beter.
SA ‘as gyselaar gehou’ met Covid-19-entstowwe
Internasionale farmaseutiese maatskappye het Suid-Afrika as gyselaar aangehou met Covid-19-entstowwe deur kontrakte met eensydige voorwaardes en opgejaagde pryse.
Staat sal inligting oor Covid-19-kontrakte bekend maak
Die departement van gesondheid onderneem om nie later nie as 29 September die res (deel 2) van die dokumente aan die organisasie beskikbaar te maak.
Nuwe Covid-19 variant gemonitor
“BA.2.86 is die opvallendste SARS-CoV-2-variant wat die wêreld gesien het sedert Omikron.” Die nuwe variant is egter nog nie in Suid-Afrika aangetref nie.
Hof beslis staat moet sê oor entstofkontrakte
Die hofbevel word beskou as ʼn oorwinning vir deursigtigheid en aanspreeklikheid, aangesien belastinggeld gebruik is om die miljoene dosisse entstowwe aan te skaf.
Covid-19-entstof: Eerste eise in Duitsland oor ‘newe-effekte’
ʼn Duitse prokureur, wat meer as 250 kliënte in soortgelyke sake verteenwoordig, sê sy kliënte was “almal gesond” voordat hulle teen Covid-19 ingeënt is.
Wat word van misdaadrekords vir inperkingsoortredings?
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het net verlede jaar meer as 400 000 mense in hegtenis geneem vir die beweerde oortreding van die Covid-19-regulasies in 2020, die eerste jaar van die inperking.
Handreiniger vir polisie in pandemie met 236% opgejaag
’n Pretoriase maatskappy het gedurende die pandemie 25 liter-houers met handreiniger teen R4 700 stuk aan die polisie verkoop.
Bewyse gesoek vir saak teen entstowwe
Verskeie drukgroepe glo die tesourie, die departement van gesondheid en Sahpra kan moontlik in ’n hof skuldig bevind word aan onder meer nalatigheid, strafbare manslag en selfs moord.
Goeie nuus vir ‘Covid-19-misdadigers’
Duisende normaalgesproke wetsgehoorsame burgers is in hegtenis geneem vir geringe oortredings volgens die bepalings van die Covid-19-rampbestuurswet en -regulasies.
Covid nié meer wêreldwye gesondheidsnoodgeval – WGO
“Dit is met groot hoop dat ek verklaar Covid-19 is nie meer ʼn wêreldwye gesondheidsnoodgeval nie.”
Nuwe hofaansoek oor Pfizer-entstof gebring
Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) het glo destyds geweet die Pfizer-entstof teen Covid-19 is nie so effektief nie en dat dit ernstige newe-effekte kan hê.