Diabetes Suid-Afrika het intussen mense met diabetes versoek om na hul bloedglukosevlakke om te sien te midde van die Covid-19 pandemie.
Alles vir die sleutelwoord "koronavirus"
Jongste Covid-19-statistieke bekendgemaak
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Dinsdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekend gemaak.
Hof sê afsonderingsregulasies is ‘ongeldig, ongrondwetlik’
Die hooggeregshof het Dinsdag bevind die regering se afsonderingsregulasies vir risikovlak 3 en vlak 4 is ongeldig en ongrondwetlik, maar dit sal steeds vir minstens die volgende 14 dae van krag bly.
Fisieke, geestelike stimulering vir troeteldiere belangrik tydens afsondering
“Ons troeteldiere se lewe het ook verander.”
Europese Unie kondig allemintige korona-hulppakket aan
Hierdie tamaai hulpfonds sal wel ook die skuldvlakke opjaag van die lande wat finansieel stabiel is en meer konserwatief, skryf Sebastiaan Biehl.
Covid-19: Vasbyt of vrees?
Baie wetenskaplikes meen nie net dat Covid-19 gekom het om te bly nie, maar dat dit ná ’n verwagte afplatting selfs in ’n baie groter golf gaan toeslaan.
Covid-19: Strenger reëls geld weer in Walvisbaai
Walvisbaai keer terug na vlak 1 van Namibië se Covid-19-afsonderingsregulasies terwyl die res van die land na ʼn buigsamer vlak 3 beweeg.
Covid-19-statistieke: Meer as 700 sterftes nou in SA bevestig.
Die minister van gesondheid was Maandag in die Wes-Kaap as deel van ʼn oorsigbesoek aan die provinsie.
Pediaters steun besluit om skole te heropen
Die vereniging sê die voordeel wat dit vir kinders inhou om terug te keer skool toe is groter as die kans dat hulle Covid-19 opdoen.
Ramaphosa oor skole: Ouers, onnies en kinders se vrese te verstane
Pres. Cyril Ramaphosa het gesê geen skool moet heropen voor al die nodige voorsorgmaatreëls getref is nie.
214 tronkbeamptes in W-Kaap toets al Covid-19-positief
Nxumalo het gesê in die Wes-Kaap het nog ses beamptes positief getoets en twee in KwaZulu-Natal.
Covid-19-statistieke: Nog 40 pasiënte sterf
Die land se herstelkoers staan tans op 51,4%.
Ramaphosa vergader met lede van Sanef
Die president het aan lede van die media erken dat hy self die aankondiging moes gemaak het dat die rookverbod nie meer opgehef word nie nadat hy net die week vantevore gesê het dit sou.
Oos-Kaapse premier in kwarantyn
Lubabalo Oscar Mabuyane sal veiligheidshalwe ’n tweede keer vir Covid-19 getoets word.
Covid-19-samevatting: Belgiese prins toets positief ná partytjie
Pres. Donald Trump word intussen gekap nadat hy aangekondig het dat hy die VSA se verbintenis met die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) beëindig.
Dís wat Covid-19 mediese fondse kos
Die mediese koste om aan ’n ventilator gekoppel te wees beloop R340 737 per pasiënt.
Covid-19: Reeds meer as 800 gevalle in SA tronke
In die Wes-Kaap het nog 14 korrektiewe beamptes positief getoets vir die nuwe koronavirus.
Covid-19-statistieke: SA steek die 30 000-kerf verby
Meer as 20 000 van dié gevalle is in die Wes-Kaap aangeteken.
Covid-19: Dís hoeveel hospitaalbeddens SA kort
Suid-Afrika sal waarskynlik die hoogtepunt van die pandemie in Julie of Augustus bereik en die regering spook om duisende hospitaalbeddens aan te skaf.
Covid-19-statistieke: Soveel gevalle nou in SA
Nog 34 Covid-19-verwante sterftes is intussen aangemeld.