Ongeag watter spesifieke party die algemene verkiesing wen, moet ons elkeen begin om ons eie mag en beheer terug te vat van die staat. Ons moet nie meer wag vir iemand om goed te kom regmaak vir ons nie – ons moet dit sélf doen.
Alles vir die sleutelwoord "korrupsie"
Cope eis inhegtenisnemings van ‘staatskapers’
Bloem het gesê Cope se klagte het niks te doen met stemwerwery voor die nasionale verkiesing op 8 Mei nie. “Ek maak al sedert 2015 sake aanhangig. Daar was tóé geen verkiesing nie. Ons, as die Congress of the People, staan vir geregtigheid. Ons sal nooit ophou veg en klagte indien nie.”
‘Nie in my naam,’ sê Ace oor boekplunderaars
“Diegene wat voorgee dat hulle ANC-lede of ondersteuners is en boekbekendstellings ontwrig, boeke verbrand, revolusionêr probeer wees of skrywers en joernaliste in my naam intimideer, moet dit staak. Dis optrede wat getuig van politieke onverdraagsaamheid en is teen die vryheid van spraak wat alle Suid-Afrikaners geniet.”
Boek oor SA se ‘gevaarlikste politikus’ maak steeds opslae
ʼn Herrie woed steeds ná die bekendstelling van die ondersoekende joernalis Pieter-Louis Myburgh se boek Gangster State: Unravelling Ace Magashule’s Web of Capture die naweek. In die boek skryf Myburgh daar is invloedryke magte in die regerende party wat alles kan verloor as korrupsie en staatskaping aan die kaak gestel word.
Drie polisiebeamptes in hof oor korrupsie
Die polisiebeamptes van die provinsiale polisie se taxigeweldeenheid het glo R200 000 omkoopgeld geëis van twee verdagtes wat hulle ondersoek het.
Menseregtedag – ’n tyd vir ernstige nadenke
Die vraag is: Hoe vaar die staat in sy grondwetlike mandaat om menseregte te beskerm, te bevorder en te verwesenlik?
Lesersbrief: Hoe ernstig is die regering met die bekamping van korrupsie?
’n Mens wonder soms of die owerhede ernstig is met die bekamping van korrupsie.
Onthullings voor Zondo-kommissie: Wat nou?
Dit bly elkeen van ons se plig om korrupsie aan te meld en hok te slaan. Ons mag nie die gebreke van die staat as verskoning gebruik om blind vir korrupsie te wees nie. Hoop begin by onsself.
Polisieklerk vas vir beweerde korrupsie
Die klerk is glo verantwoordelik vir die werwing en aanstelling van personeel in die plaaslike polisiediens.
Kan die ANC sy beleid fundamenteel verander?
Suid-Afrika hóéf geen mislukte staat te word nie. Maar dan sal die ANC sommige van die belangrikste aspekte van sy benadering drasties moet verander. Miskien kan ’n taamlike skok by die stembus help om hom wakker te skud, skryf Leopold Scholtz.
Ramaphosa sal waarskynlik ‘louwarm’ staatsrede gee
“Die werklike aksie sal eers ná die verkiesing kom en dan gaan ons radikale veranderinge sien maar die stembriewe moet eers getel word.”
Die pad vorentoe: ʼn keuse tussen maak en breek
Dit is 2019 en ek het vrae, skryf Mercy Kannemeyer.
Korrupsie moet ʼn misdaad teen die mensdom wees
Die skaal en omvang van korrupsie is van so ʼn aard dat mens moet vra of Suid-Afrika se strafregstelsel nog die vermoë het om dit behoorlik te ondersoek en die reg behoorlik toe te pas? Die publiek sal moet sien dat die reg toegepas word en die tyd sal leer of senior politici en staatsamptenare agter tralies gaan beland.
2 konstabels vas vir korrupsie
“Hulle het gedreig om hom in hegtenis te neem en op sy vragmotor beslag te lê as hy nie die omkoopgeld betaal nie.”
Suid-Afrika se korrupsie kom nie van gister af nie
Staatskaping en korrupsie oorheers lank reeds ons nuusgebeure. Maar dit het begin nog voordat Jacob Zuma in die saal beland het.
Valke keer nege aan vir korrupsie
Sy het na bewering een van hulle genader en belowe sy kon haar, teen betaling, van ʼn werk verseker.
Is jy ook effens moeg vir korrupsie?
Korrupsie is diefstal, maar in plaas daarvan dat iets sigbaar en tasbaar gesteel word, word ʼn land se toekoms onder die voete van sy burgers uit gesteel.
Veg beslis maar beleefd vir die regte van die Grondwet
Hou perspektief en moenie dat die ANC en EFF se rassisme jou verlei om ’n spieëlbeeld van hulle te word nie, skryf Leopold Scholtz.
Valke-beamptes geskors ná inhegtenisneming
Genl. Godfrey Lebeya, hoof van die Valke, sê owerhede kan nie net toekyk hoe ʼn paar korrupte individue die naam van die Valke ruïneer nie.
Die kuns van ordentlikheid
Die kuns van ordentlikheid, wellewendheid en welmenendheid is dat dit arbeid om die plesier daarvan is – dat dit glad nie van wederkerigheid afhang nie. Dit is hierin dat die bevrydende aard van ordentlikheid lê – jy verwag niks terug nie.