Hierdie week was dit weer so – die korrupsieduiwel woel behoorlik onder ons land en ons mense, sodat mens later nie meer weet hoeveel eerlikes daar in ons openbare lewe oor is nie.
Alles vir die sleutelwoord "korrupsie"
Mabuza: ‘Lyk ek soos ʼn misdadiger?’
“As jy wegbeweeg van aantygings na iets wat op feite gegrond is, dan kan ek jou aanvat.”
Podlitiek: Zoeloes, SAL en Suid-Afrika se korrupsie-glipsie
In hierdie episode beredeneer Hermann Pretorius, Daniël Eloff, en Paul Maritz die Zoeloekoning se reaksie op die voorgestelde grondhervorming-sonder-vergoeding-wetgewing, die Suid-Afrikaanse Lugdiens se voorgenome gedeeltelike privatisering, en die korrupsieprobleem waaronder die openbare sektor tans gebuk gaan.
Net die regte bril vir Suid-Afrika
In Amerika maak hulle nou brille wat 80% van die voorheen kleurblindes kleur laat sien. Dit laat mens dadelik dink aan die enorme Suid-Afrikaanse mark wat vir die Amerikaners oopgaan. Dink net as hulle brille kan maak wat ‘n kleiner kontras tussen wit en swart wys.
Gebruik dié boek en vat skool se finansies só vas
“Skoolgeld moet verantwoordelik en verantwoordbaar hanteer word en dit is ʼn reuseverantwoordelikheid.”
Zupta-Suid-Afrika verloor meer as wiele en vlerke
Dat Zuma so woel om ’n politieke opstand in die KwaZulu-Natalse ANC aan te blaas, is nie om dowe neute nie, skryf Leopold Scholtz.
Vier polisie-hoës vas vir bedrog, korrupsie
Twee van die beskuldigdes, ʼn egpaar, het hulself aan die polisie oorgegee terwyl twee ander in hegtenis geneem is.
Korrupsie in Suid-Afrika en Brasilië
Dit mag vir baie vreemd klink, maar volgens Transparency International se indeks, is Brasilië selfs nóg meer korrup as Suid-Afrika. Op die mees onlangse ranglys was Suid-Afrika 71ste uit 180 lande, en Brasilië 96ste.
ʼn Aanslag wat ons nie kan verduur nie
Koerante, internetblaaie, radiostasies en die televisiekanale verdien ons steun. Hulle is ʼn laaste bastion teen die oorweldigende tsunami van bedrog en korrupsie wat oor die land spoel, skryf Peet Bothma.
Hierop sal Ramaphosa nou moet fokus
“Die mag is nou in die hande van die nuwe president en hy moenie nou sy kanse verspil nie.”
Ses vas oor korrupsie by toetssentrum
Nog vier verdagtes, onder wie die sentrum se bestuursverteenwoordiger, word gesoek in verband met aantygings dat hulle glo die onwettige uitreik van padwaardigheidsertifikate vir voertuie wat nie fisiek by die toetssentrum was nie, gefasiliteer het.
Eskom: NUM vra dat ondersoek na korrupsie gedoen word
“Dit is ʼn ernstige bekommernis dat al hierdie beweerde korrupte bedrywighede plaasgevind het terwyl die Eskom-direksie toegekyk het. Dit is moeilik om te glo dat die direksie heeltemal onbewus was hiervan.”
Het die ANC sy siel verloor?
Die ANC het sy siel verloor met sy oorweldigende korrupsie, magsmisbruik, ensovoorts. Altans, dít is die argument van sekere kommentators wanneer hulle skryf oor die leiersverkiesing in die party wat oor ’n paar dae moet plaasvind.
Verkeersbeampte vas wat glo omkoopgeld eis
Die beampte het glo verskeie motoriste met luukse motors voorgekeer en dan aangevoer dat dié motoriste die spoedgrens oorskry het.
Drie gevonnis oor onwettige lisensies
’n Verkeersbeampte van Villiersdorp in die Wes-Kaap en twee werknemers van ’n plaaslike bestuurskool is Dinsdag gevonnis vir die verkoop van onwettige bestuurs- en leerlinglisensies.
Aanhouer wen: Blý hamer teen die toe ANC-poorte!
Die demokrasie, ook in Suid-Afrika, verg deursettingsvermoë en ’n lang asem. Moenie sukses op kort termyn verwag nie. Blý hamer teen die toe poorte. Aanhouer wen!
Die uitdaging om saam op te staan
Hier is genoeg haat, verdagmakery en oor en weer beskuldigings in hierdie land. Ons het vredemakers nodig, mense wat hulle hande uitsteek, vriende maak en verhoudings bou oor ekonomiese, sosiale en rasgrense heen. Mense wat nie net vra om verstaan te word nie, skryf Jaco Strydom.
Oudbeampte vas ná vervalste permitte aan buitelanders
Sy het glo effens meer as R10 000 per permit gevra.
Raadslid vas ná korrupsie-lokval
Die 35-jarige raadslid is vasgetrek nadat daar ʼn lokval vir haar gestel is en R2 000 se “omkoopgeld” aan haar betaal is deur ʼn geheime beampte van die Valke.
Zuma moet dán sê hoekom aanklagte teen hom laat vaar moet word
Pres. Jacob Zuma moet binnekort sy saak te stel oor hoekom verskeie aanklagte teen hom laat vaar moet word.