Dis amper winter, maar daar is nog gereeld ʼn sonskyndag of twee, wat ʼn mens lus maak om nog ʼn kraakvars slaai vir middagete te geniet. Hier is ʼn maklike resep met appel, eier, avo en kekerertjies.
Alles vir die sleutelwoord "kosblik-idees"
[Resep] Mieliebrood
Mieliebrood is een van daardie baie gewilde resepte waarvoor elkeen dalk hul eie weergawe het, maar dit bly iets waarvoor die meeste mense baie lief is.
[Resep] Filotert met spinasie, bone en feta
Nog ʼn langnaweek, nog ʼn lekker kans vir eet en kuier. Hierdie filotert is ewe geskik vir ʼn kosblik of as ʼn lekker iets-te-ete vir…
[Resep] Bone in tamatiesous met gebakte eiers
Hierdie laatontbyt kan met min moeite voorberei word. Selfs al kamp julle of het net ʼn vuur of gasbraaier om mee kos te maak, is hierdie idee maklik, vinnig en lekker.
[Resep] Slaai met rooi nierbone en mielies met ʼn Meksikaanse geur
Paasnaweek is om die draai en is dikwels ʼn tyd van samesyn en moontlik ʼn tafel vol familie en vriende. Hierdie samesyn is vir my een van die lekkerste aspekte van ʼn ete.
[Resep] Witbone-doopsous
Hierdie bone-doopsous is ʼn geurige en maklike idee om bone interessant voor te sit. Selfs mense wat nie van bone hou nie, geniet hierdie doopsous, soms sonder dat hulle besef dis inderdaad met geblikte bone gemaak.
Kosblik-idees: Lensieslaai en hawermoutkoekies
Die lensieslaai is ʼn heerlike bygereg, want dit is ʼn lekker afwisseling van ʼn tipiese “wit” styselgebaseerde bygereg en ideaal vir ʼn ligte middagete, soos in ʼn kosblik. Die lensies is ʼn bron van sowel proteïen as stysel, maar het heelwat meer gesonde vesel in as byvoorbeeld pasta of rys.
Kosblik-idees: Sardyne-gebak en dadel- en sjokoladeballetjies
Almal hou van ʼn soethappie, maar ons moet beslis oplet na die hoeveelheid suiker wat ons inneem. Vandag se dadelballetjies het ʼn heerlike sjokoladesmaak en is die perfekte idee vir ʼn soetbederf sonder suiker.
Kosblik-idees: Eenpan-rysroerbraai met eier en groente
“Vandeesweek se resep is maklik en vinnig om voor te berei en ʼn ideale voorbeeld om te wys dat minder sout in jou kos nie beteken dit gaan smaakloos wees nie,” skryf Heleen Meyer.
Kosblik-idees: Tamatiesmoor en plaatkoekies
“Gesonde keuses bly belangrik vir ʼn gesonde manier van eet. Dit beteken dat ons nie net seker kosse moet vermy nie, maar juis moeite moet doen om voedsame bestanddele deel te maak van ons etes,” skryf Heleen Meyer.
Kosblik-idees: Frikkadelle
Almal wat gereeld kosblikke moet pak, raak soms moedeloos om nuwe idees uit te dink. Myoplossing is dan om ou bekende idees (en dit waarvan my kinders hou) met geurmiddels ‘n bietjie te verander. Frikkadelle is so lekker vir ʼn kosblik, want dis maklik om te maak, kan gevries word en is gerieflik om in te pak en hanteer.
[Resep] Vir die kosblik: Tuna-en-eierbakkies
Om maaltye en kosblikke gebalanseerd en voedsaam te maak, moet jy probeer om deur die loop van die dag iets uit elke voedselgroep te eet. Hierdie kosblik is ʼn goeie voorbeeld daarvan, want daar is proteïene in die eierbakkies (die tuna en eier), stysel in die vorm van die boontjies en ook die appel en dan gesonde olies van die guacamole.
Kosblik-idees: Hoenderslaai en kaas-en-mieliemuffins
Kosblik-pak vir die gesin behoort nie te moeilik of tydsaam te wees nie. ʼn Bietjie beplanning kan ʼn groot verskil maak, want as jy aandetes so beplan dat daar iets oorbly of op ʼn nuwe manier aangewend kan word, is die helfte van die werk reeds gedoen.
[Resep] Toebroodjies met guacamole en eier
Die kombinasie van guacamole (avo-puree) en eier is propvol gesonde olies, proteïen en ander voedingswaarde. Kies volgraanbrood vir ekstra vesel en maak seker dis nie net ʼn verfynde stysel nie. ʼn Vars vrug en bakkie neute is die perfekte peuselhappie vir later deur die dag.
Kosblik-idees: Hoenderboudjies en appel-en-kaneel-plaatkoekies
“ʼn Gesonde leefstyl is vir almal belangrik. Ek hou nie van die woord dieet nie, want dit ontlok so dikwels ʼn negatiewe gevoel by mense. Ek is ʼn ambassadeur vir ʼn gesonde leefstyl vir die hele gesin, selfs wanneer ʼn mens met vakansie is, al eet almal meer bederfkos,” skryf Heleen Meyer.
Sakpas-breinkos vir kinders
Met baie gesinne wie se beursies platter is as gevolg van stygende kospryse, voel dit dalk of dit onmoontlik is om gesonde en voedingryke etes voor te berei, maar dit is nie!