In vandeesweek se voorlesing van Flip Buys se boek, Die pad na selfbestuur, kyk Buys na die stappe wat gevolg sal moet word indien die Afrikaner uit sy huidige bestaanskrisis wil kom. Kom luister saam na Martin Jansen se voorlesing van dié hoofstuk.
Alles vir die sleutelwoord "Kraal Uitgewers"
Fynproewer van woord en wyn
“ʼn Mens is dankbaar eerder, oor almal wat jou van jongs af ondersteun het; ander wat jou onderrig het of jou loopbaan bevorder het. Trots ook, maar nederig veral. Alles is net genade.”
‘Die pad na selfbestuur’: Die rivier waarin die geskiedenis vloei
Die beginpunt van ’n demografiese uitdaging moet ’n demografiese strategie wees, skryf Flip Buys. Kom luister hier na ‘n voorlesing uit sy boek.
‘Die pad na selfbestuur’: Daar is altyd ’n toekoms
Flip Buys kom by die slotsom dat die verlede ons wys daar is altyd ’n toekoms. Dit is dus die grondslag waarop Buys sy hele filosofie bou. Kom luister hier na ‘n voorlesing uit sy boek.
Boek: ‘Die Christen en sy werk’
Met skrywers soos Flip Buys, Dirk Hermann, Hannes Noëth, Gideon du Plessis en Marisa Engelbrecht sal die boek stof tot nadenke bevat, maar ook praktiese riglyne oor hoe om as Christen jou werk en die wêreld van werk te benader.
‘Die pad na selfbestuur’: Wie is ons?
In vandeesweek se hoofstuk van Flip Buys se boek, “Die pad na selfbestuur”, bekyk hy die ou vraag: “Wie is ons nou werklik?” en “Wat is die Afrikaner?” Kom luister saam na Martin Jansen se voorlesing van dié hoofstuk uit die boek.
Luister: ‘Die pad na selfbestuur’
Luister: “Die pad na selfbestuur”, geskryf deur Flip Buys, word in ʼn reeks boekvoorlesings eksklusief op Maroela Media bekendgestel. In die inleidende hoofstuk kyk Buys na die Afrikaner en soveel te meer hoe hierdie boek te werk gaan om die bestaanskrisisse wat die Afrikaner onlangs beleef, te takel.
‘Die virus in die woud’
Voorspelbaarheid en roetine bied sekuriteit vir jong kinders. Hulpmiddels soos gepaste storieboeke kan ingespan word om kinders voor te berei.
Skattige briewe van tandemuis gryp verbeeldings aan
Kardoemsie se briewe oor sy vrou, 23 kinders en raad vir goeie mondhigiëne het nie net Anneke se verbeelding aangegryp nie, maar ook haar juffrou sʼn.
Video: ‘Ons staan op, ons staan teë, én ons sal self’
Dirk Hermann het sedert 2011 met sy ope briewe sterk standpunt ingeneem teen mense wat, soos hy dit stel, klappe na Afrikaners uitgedeel het. Vandag leer ken ons die man agter die aangrypende ope briewe. Susan Lombaard van Maroela Media gesels met Hermann oor sy boek “Ons sal self”.
Video: Dirk Hermann vang kern van die Afrikaner vas met nuwe boek
Dirk Hermann het pas ’n bundel van sy ope briewe onder die titel ‘Ons sal self’ gepubliseer. Dit sluit in briewe aan en oor Spur, die EFF en Clicks, MiWay, Sasol oor sy rasseskema, Julius Malema, die Afrikaner se storie, verskeie briewe oor die inperkingstyd en ’n oproep om self te doen.
Die Slag van Donkerhoek 120 jaar later gedenk
Kraal Uitgewers het Vrydag die Donkerhoek-gedenkterrein en -begraafplaas besoek om dié slag te gedenk. Barend Uys, ’n nasaat van die Skotse regimentsersant-majoor van die 9th Lancers, Walter Grant, wat ook aan dié slag deelgeneem het, het die besoek meegemaak.
‘Afrikanertoekoms 101’ – Flip Buys en Paul Maritz stel hul boek bekend
Van die onderwerpe wat aan die beurt kom, is, onder meer, hoe die jongmens oor apartheid moet dink, waarom moedertaalonderrig steeds waardevol is en voor geveg moet word, hoe ons moet dink oor die groot getalle Afrikaners wat emigreer, asook die Afrikaanse taalgemeenskap se reg op eie universiteite en skole.
Video: Selfbestuur is die enigste oplossing
Te midde van al die talle uitdagings wat die Afrikaner kan kniehalter, is daar ’n werkbare oplossing, naamlik groter selfbestuur. Die feite spreek vanself – staatsbestuur het misluk in Suid-Afrika, maar nuwe werklikhede kan geskep word.
Video: Is daar ʼn alternatief tot demokrasie?
“Konflik ontstaan wanneer mense oor jou besluit en teen jou regeer. Dit is wat in meerderheidsbedelings gebeur.”
Video: Demografie en die Afrikaner
Flip Buys verwys in dié video na die stryd tussen Westerse waardes en die ont-Westering van die land. Hy wys daarop dat demografiese werklikhede ’n kernrol in die beplanning van die Afrikaner se toekomsvisie moet speel.
Kyk: Die wipplank van geskiedenis; volg SA ook die Zimbabwe-pad?
Hoewel bespiegel word dat Suid-Afrika dieselfde roete as Zimbabwe gaan volg, stel Flip Buys dit duidelik dat sterk georganiseerde kultuurgemeenskappe in Suid-Afrika die rol van die belangrikste teenwigte in die land se verval moet speel.
Video: Flip Buys oor toekomsplanne vir die Afrikaner
Die ANC verkoop tans ’n meesterverhaal van die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Hoe raak dit die Afrikaner en hoe moet die verlede beoordeel word? Flip Buys bied perspektief op dié vrae in hierdie onderhoud met Ernst Roets.
‘Selfbestuur bevry ons van swak staatsbestuur’
“As ek sien hoe Israel die woestyn oorwin en die Nederlanders die see terughou, is daar beslis nog baie rede om te hoop vir die Afrikaanse kultuurgemeenskap.”
Bekroonde skrywer herbevestig oproep om Afrikaans te beskerm
In “Verset & opbou” beskryf Steyn die uitdagende en prysenswaardige werk van verskeie Afrikaanse taalaktiviste soos pres. MT Steyn, SJ du Toit, CJ Langenhoven en NP van Wyk Louw.