Terwyl die land asem ophou oor die veelbesproke Nkandla-verslag, en waarnemers gal by hul koffie inroer oor die ANC se klimaatskepping om skade te beperk – wat die diskreditering van die Openbare Beskermer insluit – staan die res van die wêreld nie stil nie.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Krim"
Rusland beskryf sanksies as “gekskeerdery”
Rusland se adjunk-premier het gelag oor die sanksies wat die VSA teen hoë Russe en ‘n paar Oekraïners ingestel het. Hy het gesê die lys is die werk van “iemand wat poetse bak”.
Krim-skiereiland: Referendum-syfers klop nie
Terwyl die Weste sanksieplanne teen Rusland agtermekaar kry oor planne om die Krim-skiereiland by sy grondgebied in te lyf, hou pres. Wladimir Poetin van Rusland vol dat die proses volgens die internasionale reg geskied.
Oekraïne roep reserviste op
Die regering van die Oekraïne het Dinsdag bekend gemaak dat die land nie militêr op die Krim-skiereiland sal ingryp nie. Dié gebied se regering het hom ook Dinsdag tot onafhanklike land verklaar “ter voorbereiding vir aansluiting by die Russiese federasie”.
Oekraïne: Een tree vorentoe, twee treë agteruit
Oekraïne is bereid om groter outonomiteit aan die Krim-skiereiland en die ooste van die land toe te staan, wat as ‘n belangrike deurbraak beskou word.
Oekraïne-krisis verdiep: Krim nou “formeel deel van Rusland”
Die krisis in die Oekraïne het skerp verdiep toe die Russies-gesinde parlement van die outonome Krim-skiereiland beslis het dat die gebied nou nie meer deel van die Oekraïne is nie, maar deel van Rusland.