Van blink post-moderne winkelsentrums tot die besige strate van die Bo-Kaap, van die boomryke middelklas-woonbuurte tot verlate skeepsvrag-erwe laat hierdie karakters raakpunte met historiese trajekte herleef.
Alles vir die sleutelwoord "kuns"
Het jy my skildery gesien?
Brits het dié skildery, waarvoor hy voorheen R3 000 aangebied is, maande gelede as ʼn guns aan ʼn skoolvriend geleen vir ʼn Junior-stadsraaduitstalling, maar die skildery het intussen voete gekry.
De Kooning-skildery haal rekordbedrag op veiling
ʼn Skildery van die Nederlands-Amerikaanse kunstenaar Willem de Kooning, bekend vir sy abstrakte ekspressionistiese werke, is Dinsdag vir ʼn rekordbedrag op ʼn veiling in New York verkoop.
Drie met liefde vir bome vertoon kuns
At Smit, Nicki Böttcher en Marina Louw deel almal ʼn liefde vir bome.
Meisieshoër vereer vroue vir Cool Capital
Die basis van die projek is ʼn spontane benadering tot kunsmaak.
Stern die juweel in Strauss & Co se veiling
Strauss & Co het op sy jongste veiling in Kaapstad ʼn nuwe rekord behaal toe items ter waarde van sowat R58 miljoen verkoop is.
Video: Graansilo word grootste Afrika-museum van laaste eeu
Kaapstad gaan in September 2017 die deure van die grootste museum wat in die laaste eeu in Afrika gebou is, open. Dié museum sal gehuisves word in ʼn graansilo by die V&A Waterfront in Kaapstad wat omskep word in ʼn glansmuseum vir kontemporêre kuns.
Inkleur help vir die seer
“Die inkleur van mandalas is reeds in Freud se tyd gebruik as ʼn praktiese terapeutiese manier om pasiënte te help om uiting te gee aan emosies wat hulle onbewustelik ervaar.”
[Video] Museums in die palm van jou hand
Kunsliefhebbers kan bykans alle soorte kuns onder die son met dié app verken: alle werke sedert 200 v.C. tot en met moderne kuns en abstrakte ekspressionisme.
Hofsketse: Dié kunsvorm lank nie dood nie
Vir Jaco is dit belangrik om eg te wees en so akkuraat moontlik te skets wat hy sien. “Daar is soveel emosie vasgevang in ʼn hof, veral as dit ʼn ernstige saak is.”
Kunstenaar skets met donker humor en satire
Craig vermeng meganika, wetenskap en fiksie in verbeeldingryke sketse direk op papier of skilderdoek.
SA Akademiepryse toegeken
Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SA Akademie) het onlangs hul jaarlikse toekennings aan verskeie baanbrekers toegeken, waaronder die Hertzogprys vir prosa.
Vincent van Gogh-storie word vertel in ‘geverfde’ animasie
Loving Vincent, ʼn dokumentêr wat ondersoek instel na die lewe en omstrede dood van die kunstenaar Vincent van Gogh, is die wêreld se eerste “geverfde” animasieprent.
Pretoria-skole kan nou inskryf vir 2016 Cool Capital
ʼn Kunsprojek vir hoërskole in Pretoria word vanjaar vir die derde keer aangebied. Dié projek wat deel vorm van die Cool Capital-biënnale vind vanjaar van 23 September tot 31 Oktober in die Jakarandastad plaas.
‘Dit is en bly kuns,’ sê tatoeëerkunstenaar
“In ons winkel speel ons nie jou tipiese ‘heavy metal’-musiek nie. Ons lol ook nie met die kliniese teëlvloere wat sommige mense kan intimideer nie. Ons is in die bedryf vir die kuns; daar is geen ego betrokke by dit wat ons doen nie.”
Verwyl dié vakansie met Lize Beekman se inkleurboek
As jy nie weet hoe om jouself die vakansie besig te hou nie, kan jy gerus Lize Beekman se tweede inkleurboek, Colouring for Adults 2: Mandala Art by Lize Beekman, aankoop.
Pretoriase kunstenaar (86) stal uit in Kaapstad
Die Irma Stern-museum in Kaapstad bied van 12 Desember tot 23 Januarie ʼn hulde-uitstalling vir die landskapkunstenaar Alice Elahi aan. Dié uitstalling is heet Alice Elahi – A Capetonian at Heart en weerspieël die kunstenaar se lewenslange passie vir die Kaap.
[Foto’s] Visuele Kunssafari bied verskeidenheid van kuns
Aardklop het gister afgeskop met ʼn Visuele Kunssafari wat ʼn verskeidenheid van kuns ten toon gestel het.
Luister: Dít is wat ʼn Pierneef jou uit die sak gaan jaag
“Space for Landscape: The work of JH Pierneef” is die grootste uitstalling van Pierneef se werk in meer as 30 jaar. Maroela Media het ʼn draai by die uitstalling gaan maak om uit te vind hoekom Pierneef se werk vandag nog so gesog is en wat die kleinste bedrag is wat jy sal moet opdok vir een van dié kunswerke.
ʼn Nag in Augustus: Lize Beekman verwerk verlies deur sketse
Elkeen verwerk verlies op sy eie manier; die dood van ʼn geliefde raak elkeen anders. Vir Lize Beekman, wat skryf as ʼn uitlaatklep gebruik, was woorde net nie genoeg om háár verlies te verwerk nie.