Dít lyk mos na ʼn Springbokspan!
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "kwarteind"
Dis die nuweling Cheetahs teen die kampioen Scarlets
Dis Saterdag die verdedigende kampioen teen die nuweling wanneer die Cheetahs in die kwarteind van die Pro14 teen die Scarlets te staan kom.
Dis ʼn lekkerte om só teen ʼn Aussiespan te wen
Daar is min dinge so lekker in rugby as om ʼn Aussiespan te klop. Dis verál so as dit onverwags is.
Groot pak, beseringsterugslag vir Blitse
Suid-Afrika het Saterdag (SA tyd) in Vancouver deurgedring na die kwarteindronde van Wêreldrugby se sewesreeks, en kom Sondagaand 20:08 (SA tyd) teen Australië te staan.
Blitse op stryk teen Engeland, nou teen Kenia in kwarteind
Die Blitsbokke sal Sondag in die kwarteindstryd in Sydney teen Kenia te staan kom nadat hulle Saterdag met ʼn baie goeie vertoning vir Engeland 33-12 in hulle laaste groepwedstryd geklop het.
Seabelo eers sondebok, toe held
Seabelo Senatla was Sondag in die kwarteind van Wêreldrugby se sewesreeks in die Kaapstad-stadion die Blitsbokke die groot sondebok toe twee yslike foute van hom Fidji in beheer geplaas het.
Onoorwonne Blitse na dag van verrassings teen Fidji in kwarteind
Die Blitsbokke het Saterdag in die kaapstad-stadion al drie sy wedstryde gewen en sal Sondag na ʼn dag van verrassings in die eerste kwarteind in die bekerkompetisie teen Fidji te staan kom (12:04).
Stormers se foute kos hulle duur in taai kwarteind
Die Stormers se Superrugby-aanslag het Saterdagmiddag op Nuweland tot ʼn einde gekom in ʼn taai wedstryd sonder veel hardlooprugby wat met 17-11 deur die Chiefs gewen is.
Combrinck vergoed vir Lions se skop-brouwerk
Dit was Ruan Combrinck wat uiteindelik skopsukses vir die Lions behaal het met ʼn strafdoel van 58 meter om Saterdag se uitstekende, klipharde kwarteind op Ellispark vir die Lions met 23-21 te beklink.
Dit was Plan B vir die Crusaders
Dit is waaroor rugby gaan, aanpassing by die toestande.
Hurricanes wag op Lions of Sharks
ʼn Mens kan nooit ʼn Nieu-Seelandse rugbyspan onderskat of afskryf nie, selfs al moet hy na Suid-Afrika vir ʼn uitspeelwedstryd reis, maar daar is krake in die Hurricanes se mondering wat aanstaande Saterdag deur òf die Lions òf Sharks uitgebuit kan word.
Kwarteindstryd: skaal kantel in Crusaders se guns
Wanneer jy vir ʼn uitspeelwedstryd voorberei, is dit die klein dingetjies wat met jou kop kan smokkel, soos wanneer jou vlug weens gure weer gekanselleer of vertraag word.
Superkwarteind: Lions onveranderd, Sharks kies Curwin Bosch
Die Lions sal Saterdag op Ellispark met dieselfde span opdraf wat die Sharks verlede naweek in die groepwedstryd getroef het vir dieselfde twee spanne se kwarteind.
Kwarteind: Crusaders, Highlanders trek groot kanonne nader
Dit word nie hardop gesê nie, maar die Britse en Ierse Leeus-toer het die Nieu-Seelandse spanne erg beduiwel in die Superrugbyreeks.
Superrugbykwarteind: wie’s nou vet?
Onthou julle nog?
Hurricanes wag as Lions die Sharks Saterdag klop
As die Lions Saterdag op Ellispark hulle kwarteind teen die Sharks wen, sal hulle die daaropvolgende week, ook in Johannesburg, teen die wenner van die wedstryd tussen die Hurricanes en die Brumbies te staan kom.
Djokovic kry pak, Nadal deur na teenstander onttrek
Die groot ontmoeting tussen Rafael Nadal en Novak Djokovic in die Franse Ope se halfeindstryd sal nie plaasvind nie.