Twee mans is in hegtenis geneem vir die moord van ’n man, Montreal King (19), Sondagaand by East Coast Radio se Durban Day-geleentheid.
Alles vir die sleutelwoord "KwaZulu-Natal"
Verdagte gewond in skietery met polisie
ʼn 39-jarige man is onder polisiebewaking in ʼn hospitaal in KwaZulu-Natal nadat hy in ʼn oor-en-weer-skietery met die polisie gewond is.
Boer skiet vermeende aanvaller dood
ʼn Vermeende plaasaanvaller is Sondagaand op ʼn plaas in die Richmond-omgewing in KwaZulu-Natal doodgeskiet.
Talle vas vir dronkbestuur op pad na rietdans
Altesaam 16 bestuurders, onder wie ʼn provinsiale staatsamptenaar, is die naweek in hegtenis geneem vir dronkbestuur op pad na ʼn jaarlikse rietdansfees in KwaZulu-Natal.
Fietsryer deur trok doodgery
ʼn Fietsryer is dood nadat ʼn vragmotor wat sand vervoer het, hom raakgery het naby Shaka’s Kraal, noord van Durban.
‘Moordenaars’ vas ná hulle jaar lank vlug
Drie vermeende moordenaars is Donderdag vasgetrek nadat hulle vir langer as ʼn jaar op die vlug was.
Handgranaat-moord: Weermag sal nie ondersoek doen
Die SA Weermag het Donderdag gesê hy gaan nie nou ʼn ondersoek doen oor hoe ʼn man van Amanzimtoti die twee M26-handgranate gekry het waarmee hy na bewering sy vrou vermoor het nie.
Verdagte vasgetrek ná polisiebeamptes doodbrand
“Die verdagtes was nog besig toe die beamptes by die toneel opdaag en hulle het op die polisielede geskiet. Die polisievoertuig het aan die brand geslaan.”
Man wat vrou glo met handgranaat gooi, gee homself oor
Die man wie se vrou dood is nadat hy haar glo gedurende ʼn rusie met twee handgranate gegooi het, is ʼn voormalige lugmag-kolonel en MK-vegter.
Drie vas vir Melmoth-plaasaanval
Drie verdagtes wat vermoedelik betrokke was by die aanval Dinsdag op die plaas in die Melmoth-omgewing in KwaZulu-Natal, is Donderdag in die vroeë oggendure vasgetrek.
Nóg ʼn egpaar op KZN-plaas aangerand
ʼn Egpaar van KwaZulu-Natal is Dinsdag op hul plaas in die Melmoth-omgewing aangerand toe hulle helder oordag deur drie mans oorval is.
Boer voor vrou en seuns doodgeskiet
ʼn 50-jarige boer van Camperdown in KwaZulu-Natal is Dinsdag in die vroeë oggendure tydens in aanval op sy plaas voor sy vrou en seuns doodgeskiet.
Durban-verkeer erg ontwrig deur verskeie betogings
Spitsverkeer in Durban is Maandag erg ontwrig deur drie afsonderlike diensleweringsbetogings in die stad.
Vrou sterf toe man handgranaat gooi
ʼn Vrou is dood nadat haar man haar gedurende ʼn rusie met ʼn handgranaat gegooi en dit ontplof het.
Twee sterf in grusame botsing in KZN
“Stukke van die twee voertuie was oor die hele pad gesaai en dit was duidelik dat die voertuie mekaar teen ʼn hoë spoed getref het.”
4-jarige verkrag en aan boom opgehang in KZN
ʼn Vierjarige meisie is aan ʼn boom opgehang nadat sy verkrag is in Verulam, KwaZulu-Natal.
Twee dood ná motor teen boom bots
Twee mans is dood nadat hul motor teen ʼn boom gebots het buite Stanger in KwaZulu-Natal.
Drie kritiek ná tiener glo met motor in werkers vasjaag
Drie munisipale werkers is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal, nadat ʼn tienerseun Donderdag glo met sy pa se motor in die groep ingejaag het waar hulle langs die pad gewerk het.
KZN-skoolhoof vermoor ná dreigement
ʼn Skoolhoof van Pietermaritzburg is Woensdagmiddag vermoor in wat volgens bespiegelinge moontlik ʼn huurmoord was.
‘Rower’ deur polisie doodgeskiet
ʼn Vermeende rower is doodgeskiet en sy twee makkers in hegtenis geneem tydens ʼn skietgeveg met die polisie in Chatsworth, KwaZulu-Natal.