ʼn KwaZulu-Natalse veiligheidsmaatskappy het ʼn vragmotor op die hoofweg tussen Richardsbaai en Empangeni van die pad af getrek en tot hul verbasing vasgestel ʼn 11-jarige seun sit agter die stuur.
Alles vir die sleutelwoord "KwaZulu-Natal"
‘Verkragter’ raak glo bo-op slagoffer aan die slaap
ʼn Man van KwaZulu-Natal is oor die naweek in hegtenis geneem nadat hy aan die slaap geraak het terwyl hy glo sy verhuurder verkrag het.
Vyf vas oor polisiemoorde
Vyf mense is in hegtenis geneem in verband met die moorde op drie polisiebeamptes.
Spogmotors vir Zoeloe-koning se vroue
Die Zoeloe-monargie gaan ses nuwe Mercedes Benz E-klas motors van sowat R5 miljoen aan koning Goodwill Zwelinthini se ses vroue oorhandig, het die Sunday Tribune berig.
KZN-nudistestrand die naweek geopen
Mpenjati-strand naby Trafalgar aan die KwaZulu-Natalse suidkus sal oor die Paasnaweek nudiste-vriendelik verklaar word, na maande se aansoeke, appèlle en sterk teenreaksie.
Ses sterf in gru-ongeluk in KZN
Ses mense, waaronder ʼn kind, is Vrydag dood in ʼn botsing reg van voor op die R61 by die Shelly Beach-afrit aan die KwaZulu-Natalse suidkus.
Man sit lewenslank vir verkragting van 12-jarige
ʼn Man (41) is vandeesweek in die Durban-streekhof gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting en poging tot moord op ʼn 12-jarige meisie.
Man ernstig beseer wat by sandbank afspring
ʼn Man is Woensdagmiddag ernstig beseer toe hy by ʼn sandbank op die Mtwalumi-strand aan die suidkus van KwaZulu-Natal afgespring het.
Man buite casino geskiet, beroof
ʼn Man wat glo van ʼn bank af deur ʼn groep rowers agtervolg is, is Woensdag in die parkeergebied van die Suncoast Casino in Durban geskiet en van sowat R150 000 beroof.
Plaasaanvaller wat bejaarde verkrag kry 22 jaar
ʼn 19-jarige man is Maandag in die streekhof in Ladysmith, KwaZulu-Natal, gevonnis nadat hy op Valentynsdag verlede jaar ʼn bejaarde vrou in haar plaashuis verkrag en beroof het.
Vrou sterf in trompop botsing met vragmotor
ʼn Vrou is Dinsdag dood tydens ʼn trompop botsing met ʼn petroltenkwa op die M7 tussen Pinetown en Durban in KwaZulu-Natal.
Man het 83-jarige oupa vermoor
ʼn 25-jarige man van Manguzi in KwaZulu-Natal is skuldig bevind aan die moord op sy 83-jarige oupa.
Man sit lank vir drie verkragtings
ʼn Man is Maandag lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is op drie aanklagte van verkragting.
21 000 skoliere swanger in vorige boekjaar
Nagenoeg 21 000 skoolmeisies, waaronder 717 laerskoolmeisies, het in die vorige boekjaar swanger geraak, het Beeld Maandag berig.
Twee sit lank vir moord op polisieman
Twee mans van KwaZulu-Natal is lewenslange tronkstraf opgelê nadat hulle ʼn polisiebeampte en nog ʼn man vermoor het.
Video: ‘Dronk’ polisieman ry in voertuig, druk jong man van pad af
ʼn Polisiebeampte van KwaZulu-Natal in amptelike uniform is op video afgeneem waar hy glo dronk bestuur, met ʼn sigaret in sy hand en ʼn vuurwapen op sy skoot, in ʼn privaatvoertuig.
Port Edward-verdrinking: Naam bekend
Die man wat Woensdagmiddag in die see by die Glenmore-strand naby Port Edward aan die KwaZulu-Natalse suidkus verdrink het, se naam is bekend gemaak.
Vyf vas ná moord op priester
Die polisie in Hattingspruit naby Dundee in KwaZulu-Natal het vyf verdagtes in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn priester en verskeie ander misdade soos kaping en roof.
Oliefabriek in Durban brand
ʼn Brand het Donderdag by die fabriek van Africa SunOil Refineries, wat kookolie vervaardig, in Durban uitgebreek.
Valke se adjunk in KZN vas
Die adjunkhoof van die Valke in KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem en het vlugtig in die hof verskyn.