Msawenkosi Robert Zulu (37) is in die Esikhawini-streekshof in KwaZulu-Natal tot 25 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy in 2012 ʼn sesjarige seun onder ʼn veselperskeboom verkrag het.
Alles vir die sleutelwoord "KwaZulu-Natal"
Vermiste man van Richardsbaai se liggaam gevind
Kerridge Singleton (64) se liggaam is Maandag in Meerensee in Richardsbaai, KwaZulu-Natal gevind nadat hy Saterdag as vermis aangemeld is.
Moordbeskuldigde verdwyn in PMB-tronk
ʼn Onderwyser wat glo sy voormalige geliefde en haar seun vermoor het, kon Maandag nie in die Pietermaritzburg New Prison in KwaZulu-Natal opgespoor word toe hy in die hof moes verskyn nie.
Tweede verdagte vas ná moord op ouditeur
ʼn Tweede verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op Lawrence Moepi, ʼn forensiese ouditeur, wat in Oktober verlede jaar vermoor is.
Seuntjie verdrink in KZN
ʼn Eenjarige seuntjie het in ʼn swembad in Hillcrest, KwaZulu-Natal verdrink.
Twee motorfietsryers sterf in ongeluk
Twee motorfietsryers is dood nadat hulle deur ‘n bakkie getref is by die Winklespruit-afrit op die N2-noord in KwaZulu-Natal.
Foto’s: Drie beseer tydens UKZN-betogings
Klasse is Donderdag by die Universiteit van KwaZulu-Natal opgeskort ná gewelddadige optrede deur betogers op die Westville-kampus.
Paulpietersburg-plaasmoord: AfriForum lê klag
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Donderdag ʼn klag by die nasionale en KwaZulu-Natalse polisiekommissarisse aanhangig gemaak nadat die plaaslike polisie en Newcastle se honde-eenheid glo teen ‘n slakkepas reageer het nadat Nico en Mercia Lens op hul plaas doodgeskiet is.
KZN-plaasmoord: Egpaar op hul plaas doodgeskiet
Nico en Mercia Lens is Woensdagmiddag op hul plaas in die Paulpietersburg-distrik in KwaZulu-Natal doodgeskiet.
Baba by ongelukstoneel gebore
‘n Babadogtertjie is Dinsdagaand by ‘n ongelukstoneel op die N2-suid naby die Dickenswegbrug in Amanzimtoti in KwaZulu-Natal gebore.
Sneeu oor groot dele van SA
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê sneeu het Vrydag in talle dele van die land voorgekom.
Vrou sterf, man en baba kritiek ná kar rol
ʼn Vrou is Donderdag dood en ʼn man en ʼn baba is in ʼn kritieke toestand nadat die motor waarin hulle gery het op die N2-snelweg tussen Winklespruit en Doonside in KwaZulu-Natal gerol het.
Motoriste gewaarsku oor moontlike sluitings op die N3
Motoriste word gewaarsku teen gure weer en sterk winde op die N3 tussen Donderdagaand en Sondagaand, het die N3-tolpad-konsessie (N3TC) gesê.
Borgtog vir metropolisielid wat glo meisie doodskiet
ʼn Metropolisielid wat glo sy meisie doodgeskiet en toe bewyse versteek het, is Donderdag in die Durbanse landdroshof vrygelaat op borgtog.
Vrou vasgebind, dood in huis aangetref
‘n Vrou van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal is met haar hande en voete vasgebind, dood in haar huis aangetref.
Walvis glo opgekap vir vleis in KZN
Inwoners aan die suidkus van KwaZulu-Natal het ‘n boggelrugwalvis wat op Palm Beach se strand uitgespoel het begin opkap, berig The Witness.
Vyf in hof oor onthoofde liggaam
Vyf mense het Maandag in die Chatsworth-landdroshof verskyn in verband met die moord en onthoofding van ʼn vrou.
LUR se man verbind aan R33 m se kontrak
‘n Maatskappy wat bande het met die KwaZulu-Natalse LUR vir plaaslike regering se man, het ‘n tender van R33 miljoen gekry om waterpype vir ‘n munisipaliteit te installeer, berig Sunday Times.
Man dood, vrou beseer in KZN-ongeluk
‘n Man is Saterdag dood en sy vrou is ernstig beseer nadat hulle motor omgeslaan en verskeie kere gerol het in Hillcrest, KwaZulu-Natal.
Sewe in hof oor brand by Pongola-kerk
Sewe mense wat glo ʼn brand gestig het by ʼn kerk in Pongola in KwaZulu-Natal, het Vrydag in die dorp se landdroshof verskyn.