Die regering is veral bekommerd oor skade wat aan die Durbanse hawe aangerig is en die ekonomiese gevolge wat dié skade op die hele Suid-Afrika kan hê.
Alles vir die sleutelwoord "KwaZulu-Natal"
Honderde skole in KZN nié Dinsdag oop
Pres. Cyril Ramaphosa het intussen aangedui hy sal die land vanaand toespreek oor die land se reaksie op die oorstromings.
Weermag amptelik in KZN ontplooi
Altesaam 10 000 troepe, onder wie ingenieurs en mediese personeel, is onmiddellik beskikbaar gestel om bystand te bied as deel van operasie Chariot.
Polisielede, K9-hond sterf in KZN-oorstromings
Altesaam 31 polisielede word direk deur die vloede geraak – sommige het beserings opgedoen terwyl ander skade aan hul woonplekke gehad het.
443 nou al dood in KZN-vloede
Altesaam 63 mense word vermis, onder wie 10 lede van twee families wie se huise weggespoel het.
Nóg ʼn weerwaarskuwing vir KZN
Die nooddienste in Gauteng is op ʼn hoë gereedheidsgrondslag geplaas namate deurlopende reën watervlakke laat styg en verskeie paaie reeds onbegaanbaar is.
KZN-vloede: Meer verwoesting verwag
Nooddienste het nou begin met opruimingswerk en die soektog na vermiste inwoners.
Miljarde nodig vir paaie in KZN
Pres. Cyril Ramaphosa het die versekering gegee dat geld “nie ʼn probleem sal wees nie” om gemeenskappe in vloedgeteisterde gebiede by te staan.
KZN-vloede: Kommer oor werksverlies in motorbedryf
Die owerhede het intussen aangekondig dat meer as 40 000 mense in KwaZulu-Natal deur die vloedramp geraak is.
KZN-boere ly groot skade tydens oorstromings
Die oorstromings het groot skade aan infrastruktuur, suikerrietlande, plaasdamme, paaie, brûe, elektrisiteitstoevoer en internetdienste aangerig.
Nóg reën kan herstelpogings in KZN hinder
Reën sal na verwagting Woensdag begin opklaar.
‘Alles is vernietig,’ sê KZN-vloedslagoffers
ʼn 21-jarige Durbanse ma is verpletter ná die dood van haar babadogter toe hul huis ineengestort het tydens die afgelope week se oorstromings.
Krokodille in KZN se strate
Sosialemediagebruikers krap ook kop oor ’n foto wat versprei is van ’n voorwerp wat soos ʼn haaivin lyk in die water op die N2-snelweg in Durban.
KZN-vloede: Dodetal styg verder; ramptoestand afgekondig
’n Gr. 5-leerling, haar ma en ouma is dood nadat hul huis in ’n modderstorting meegesleur is.
KZN-vloede: Dodetal staan op 253
Talle mense word nog vermis.
Diere uit oorstroomde hokke in KZN gered
Die Umgeni-rivier het weens swaar reën oorgeloop en tot oorstromings by die Springfield-dierebeskermingsvereniging gelei.
Weermag wil lugsteun na KZN ontplooi
“Die polisie se lugvleuel in Durban het klaarblyklik een werkende helikopter beskikbaar, maar die vlieënier is siek en ’n ander vlieënier is van Nelspruit ontbied om te help.”
Vloede ruk skole, vervoer tot stilstand
Gerugte oor die plundering van vragmotors en vraghouers in die vloedgeteisterde gebiede lei nou tot verdere kommer.
Toyota-fabriek in KZN onder water
Daar is altesaam 10 198 ligte kommersiële voertuie by dié fabriek gebou of gemonteer.
KZN vra vir ramptoestand ná oorstromings
Die provinsiale regering het gesê die oorstromings het ongetwyfeld miljarde rande se skade aan huise, werkplekke, paaie, brûe, krag- en watervoorsiening en ander kardinale staatsinfrastruktuur aangerig.