Pongola het Vrydag in die Zoeloelandse Subunie (KwaZulu-Natal) se plaaslike liga met Mtubatuba afgereken.
Alles vir die sleutelwoord "KZN-liga"
Vryheid kry honderdtal in Noord-Natalse liga
ʼn Onkeerbare Vryheid het Saterdag ʼn honderdtal op Arborpark, Newcastle, in die Noord-KwaZulu-Natalse Subunie (NKZNRU) se senior liga opgestapel.
Groot tellings, swak afronding bekommer in KZN
Groot tellings by die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se Wahl Bartmann-rugbydag en die onvermoë van verskeie spanne om punte aan te teken, wek nuwe kommer in die bond ná die ongedissiplineerde spel wat die Flyatoernooi ontsier het.
KwaZulu-Natalse ligarugby skop feestelik af
Kingspark in Durban is Saterdag die feestelike fokuspunt van klubrugby in die bond wanneer die meeste Premier- en Eerste Ligaspanne by die Wahl Bartmann-rugbydag in aksie is.
Newcastle-rugby verheug oor sterk o.20-groei
Newcastle Highlanders is verheug oor die baie o.20-spelers, en veral die gehalte van die spelers, wat vanjaar by die klub aangesluit het.
Richardsbaai het geen illusie oor Premierliga
Die nuweling in die KwaZulu-Natalse Premierliga, Richardsbaai, het geen illusie van wat op hom in die reeks wag nie, maar sal vinnig aanpas en sien na die uitdaging uit.
KZN-liga: Collegians toon indrukwekkende diepte
Die KwaZulu-Natalse Premierliga-kampioen en Goue Bekerspan, Durban Collegians, toon indrukwekkende diepte in die bond se ligas.
KZN-liga: SCW slaan eerste slag in Premierliga
South Coast Warriors van Uvongo het Vrydag sy eerste sege behaal sedert hy aan die begin van die seisoen sy buiging in die KwaZulu-Natalse Premierliga (Moorbeker) gemaak het.
KZN-liga: Impi wen nuwe Natalse intervarsity
UKZN Impi het Saterdag die opwindende eerste kragmeting in die nuut ingestelde KwaZulu-Natalse intervarsity teen Varsity College gewen.
KZN-liga: Collegians en Rovers onstuitbaar
Durban Collegians en College Rovers storm steeds onstuitbaar voort en het Saterdag weer groot oorwinnings weg van die huis af in die KwaZulu-Natalse reeks om die Moorbeker behaal.
KZN-liga: knieë en enkels spook by Highlanders
Knie- en enkelbeserings spook al hoe kwaaier by Newcastle Highlanders wat op die koop toe pas twee van sy uitblinkers aan ander weivelde moes afstaan.
KZN-liga: Crusaders, Impi in genadelose stryd
Getrou aan die krygersafkoms waarop hul name sinspeel, het Crusaders van Northwood en UKZN Impi mekaar Donderdag genadeloos die stryd in die KwaZulu-Natalse Premierliga aangesê.
KZN-liga: 40-7 nie goed genoeg vir breier
`n Sege van 40-7 teen `n span wat hom in `n vorige kragmeting geklop het, is nie goed genoeg om die breier van die KwaZulu-Natalse kampioen tevrede te stel nie.
KZN-liga: Newcastle-vonds blink in nederlaag
Saam-saam met die beseringspook wat Newcastle Highlanders ry, was daar Saterdag ook die vreugde van `n nuwe vonds op die linkervleuel.
KZN-liga: Hillcrest klop dou én Durban Mets
Die houer van die Junior Murraybeker moes Saterdag nie net Durban Mets in die KwaZulu-Natalse Eerste Liga (Suid) baasraak nie, maar ook `n swaar douneerslag wat hanteerwerk bemoeilik het.
KZN-liga: topspanne bevestig hul baasskap
Die twee topspanne in die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se Premierliga het Saterdag weer hul onteenseglike baasskap in die reeks bevestig.
KZN-liga: groter fiksheid laat Mtubatuba wen
Groter fiksheid het Mtubatuba Vrydag in staat gestel om Empangeni in die eerste ronde van die Zoeloelandse Subunie se reeks om die Stewartskild te klop.
KZN-liga: Wegholseges kenmerk Wahl se dag
Vier wegholseges het die afskop van die KwaZulu-Natalse Premierliga op die Wahl Baartmann-klubdag op Kingspark in Durban gekenmerk.
KZN-liga: kampioene se kollig dalk gesteel
Twee groentjies in die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se Premierliga kan Saterdag die bond se Moor- en Murraybekerkampioene se kollig op die Wahl Bartmann-klubrugbydag op Kingspark steel.
KZN-liga: Rovers beloof skouspel op rugbyveld
Vrypostige voorspellings wil hy nie waag nie, maar een ding is seker, die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se Murraybeker-kampioen is vanjaar verbind tot skouspelagtige rugby.