ʼn Saak van aanranding wat teen ʼn onderwyseres van Koppies aanhangig gemaak is nadat sy glo ʼn Graad R-leerling met die plathand pakslae gegee het, is by die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ingedien.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Laerskool en Hoërskool Sarel Cilliers"
Gemeenskap veroordeel ma wat skool aanvat ná pakslae
Nadia Potgieter, ʼn ma van Koppies in die Vrystaat wat ʼn saak van aanranding teen ʼn onderwyseres aanhangig gemaak het nadat sy glo haar vyfjarige seuntjie op sy tweede skooldag pakslae gegee het, sê die plaaslike gemeenskap veroordeel haar.
Kind (5) kry glo pak op tweede dag van skool
ʼn Ontstoke ouer van Koppies in die Vrystaat het haar twee kinders uit Laerskool en Hoërskool Sarel Cilliers verwyder, nadat haar vyfjarige seuntjie op sy tweede dag van graad R glo pakslae by sy onderwyseres gekry het.