“Ek is Elana Barkhuizen. En ek gaan opstaan. Vir my, vir my klassie en vir alle onderwysers.”
Alles vir die sleutelwoord "Laerskool Schweizer-Reneke"
Schweizer-juffrou: Boendoehof het haar skuldig bevind
“Sy verdien ʼn verskoning en ons wil Suid-Afrika vra om te help om haar menswaardigheid te herstel sodat ons nie ʼn briljante onderwyser verloor nie.” Kyk ook na die video waar Barkhuizen ‘n verklaring oor die aangeleentheid lees.
Schweizer-Reneke: Solidariteit kom met regstappe
Lehari se “oorhaastige, populistiese optrede” het daartoe gelei dat Barkhuizen onregmatig en onskuldig geskors is.
Feite versus Populisme: ʼn Les vir die DA
As die DA nie op die feite gaan begin fokus nie, gaan hulle slagoffers van hul eie populisme word, skryf James Kemp.
Schweizer-onnie ‘moes oor foon hoor’ van skorsing
“Niemand het omgegee oor wetlike prosesse nie. Die monster van politieke korrektheid het dié juffrou getref. Hierdie monster gee nie om oor feite en vra nie vrae nie.”
SAOU doen stappe om Schweizer-onnie se skorsing te betwis
“Tydens ons persoonlike besoek aan Laerskool Schweizer-Reneke het ons ook verneem dat die departement beoog om ʼn tweede opvoeder te skors. Die redes wat, soos ons verneem, aangevoer word, is eweneens twyfelagtig.”
Solidariteit gaan Schweizer-onnie verteenwoordig
“Die ware weergawe gaan talle hoëprofielmense met rooi gesigte laat. Dit is ʼn onskuldige juffrou met ʼn goeie hart dié.”
Talle leerders op Schweizer tuis gehou vir veiligheid
“Sy het waarskynlik die gevoel gekry om die kinders bymekaar te laat sit sodat hulle mekaar kan troos.”
Liga dring aan op swart onnie by Schweizer
“Ons wil hê dat gelyke indiensneming en regstellende aksie by die skool toegepas word waar 99,9% (sic) van die onderwysers wit is.”
Nuuskommentaar: Ras en taal in een klas
Die onderwyseres van Schweizer-Reneke wat geskors is weens ’n foto wat toon hoe swart en wit kinders in ʼn klaskamer geskei is, verdien om aan ’n behoorlike en onafhanklike ondersoek onderwerp te word voordat sy verguis word. Die aandrang op Engelse onderrig in Afrikaanse skole het reeds hofsake tot gevolg gehad waarin die regering bloedneus gekry het. Wees sensitief, eerder as bevooroordeeld.
Schweizer-Reneke: Politici ‘wat situasie uitbuit’ veroordeel
“Ongeag die waarheid agter die storie – al die skool se leerders is getraumatiseer, hul onderrig is ontwrig en die gemeenskap is gepolariseer.”
‘Foto weerspieël nie skool se ware karakter’
“Die beheerliggaam is verbind tot integrasie en om ’n positiewe bydrae tot die samelewing te lewer.
Schweizer-juffrou geskors
Die skool het … verduidelik die vier swart kinders het eenkant gesit omdat hulle nuwe inskrywings was en nóg Afrikaans nóg Engels kan praat.
Betogers sak toe op Laerskool Schweizer-Reneke
Die betogers het omstreeks 09:30 die skoolperseel betree, waarna besluit is om die skool ter wille van die leerders se veiligheid te verdaag.
LUR na Schweizer-Reneke oor klasfoto
ʼn Ouer beskryf ʼn foto van die klas wat glo van rassisme getuig as “totaal en al nonsens”.