Met hierdie lekker gids kan jy solank jou langnaweke vir die volgende jaar beplan en daar is ook ’n hele rits voorstelle van waarheen jy en jou geliefdes kan mik.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "LekkeSlaap"
ʼn Kindervriendelike wegbreek in elke provinsie
Daar is niks so lekker soos om die gesin met ’n wegbreek by die see, in die berge of op die plaas te bederf nie, maar dit is nie altyd maklik om die kroos besig te hou wanneer julle met vakansie is nie! Hier is ‘n paar van die lekkerste kindervriendelike wegbreke reg oor die land.
My gewone vakansiedorp is vol vir die somervakansie. Hoe nou?
Die besprekingskalenders van gewilde vakansiedorpe, veral dié naby die see, bars reeds uit hul nate, terwyl Jan Alleman spaander om verblyf te vind wat sy sak en smaak pas. Hoe dan gemaak as die vakansiedroom wat jy al sedert vlak 5 koester, nie lyk asof dit ’n realiteit gaan word nie? LekkeSlaap.co.za het ’n paar wenke wat kan help.
Oornagdorpies tussen die Kaap en Johannesburg
Om die langpad ’n bietjie geriefliker te maak, het LekkeSlaap ’n lysie van die lekkerste oornagdorpies tussen die Kaap en Johannesburg bymekaar gemaak.
Sakpaswegbreke vir paartjies naby Gauteng
Soos die jaar einde se kant toe staan, dink ons dis tyd dat jy en jou geliefde vir ’n wyle van die stad ontsnap en ’n romantiese wegbreek naby Gauteng geniet!
LekkeSlaap stel lojaliteitsprogram bekend
LekkePlus-lede verkry toegang tot eksklusiewe voordele, insluitend spesiale afslagtariewe en gereelde geskenkbewyse, om die besprekingsproses selfs nog meer verbruikersvriendelik te maak.
Dié strandhuise is nog beskikbaar vir Desember
Al moeg gesoek na die perfekte strandhuis vir Desember? Teen Oktober is blyplek teen die kus vir die somervakansie so skaars soos hoendertande, maar moenie bekommer nie! Met LekkeSlaap.co.za is jy sommer binne ’n japtrap uitgesorteer.
LekkeSlaap-verslag: Impak van Covid-19 op die toerismebedryf
ʼn Opname deur LekkeSlaap werp lig oor die impak van die Covid-19-afsonderingsperiode op die toerismebedryf.
10 lekker feite oor SA vir die gemakstoelreisiger
Ons land is propvol interessante feite en jy hoef nie eens jou gemakstoel te verlaat om die land te verken nie!
11 romantiese wegbreke in die berge
’n Romantiese wegbreek in die berge omring deur vars lug en onvergeetlike natuurskoon kan wonders vir enige verhouding verrig en ons dink dis tyd dat jy en jou geliefde na die berge ontsnap!
Gautengers: Breek weg vir minder as R800 vir 2!
Met LekkeSlaap se sakpasverblyf is ’n welverdiende naweekwegbreek nie so swaar op die beursie nie.
Die LekkeSlaap-span se top-Valentynsdagwegbreke
Van sakpas-opsies tot eersteklasbestemmings: Laat die LekkeSlaap-span se top-idees vir romantiese wegbreke jou en jou spesiale persoon se voete onder julle uitslaan!
Só lyk vet pret in Plett
Dis die derde week van die nuwe dekade en op my kalender is die woord “Plettenbergbaai” in groot letters neergepen. LekkeSlaap het ’n bietjie gaan loer waarin die gewildheid van dié kusdorp steek.
LekkeSlaap se top-keuses vir die 2020-langnaweke
LekkeSlaap vertel jou ’n bietjie meer van al die langnaweke wat dié jaar vir jou voorlê, waar jy jou verlofdae slim kan gebruik om ’n langer naweek te geniet en waar jy die perfekte plekkie kan bespreek om die beste van elke langnaweek te maak.
10 geleenthede wat jy nie dié Desember moet misloop nie
Desember is sonder twyfel die heerlikste maand van die jaar ─ die son skyn, die strandhanddoeke is agter uit die kas gehaal en die beste deel is dat daar ’n markstalletjie om te verken en ’n fees om te geniet om elke hoek en draai is.
Kom slaan hiér kamp op
Daar trek ’n rokie by elke karavaan en tent, die kinders ry fiets en baljaar op die grasperk en die grootmense kuier heerlik om ’n vuur terwyl daar ’n jolige atmosfeer in die kampterrein heers. Daar is niks so lekker soos kamp nie!
Sterrenagte in die Klein-Karoo se skoot
Asemrowende semi-woestynvlaktes wat kilometers ver in elke windrigting strek met klipformasies en sukkulente plantegroei wat dié unieke stukkie aarde bedek, klink tog soos ’n idilliese bestemming vir ’n rustige vakansie …
De Rust – Toe glad nie so rustig
De Rust is definitief nie net ’n slaperige Karoodorpie nie. Of jy in stilte wil verkeer en in die buitelug wil stap, die adrenalien wil laat pomp of ’n rits doendinge wil geniet, dié gasvrye dorpie en sy kunssinnige inwoners is die ideale wegbreek!
Ons vertoef waar die boere koer: ‘Boer Soek ’n Vrou’-deelnemers se tuisdorpe
Die kenwysie van die gewilde kykNET-reeks Boer Soek ’n Vrou is die wondergom wat menige gesin voor die kassie bymekaar bring. Ons hou mos van mielielande, grondpaaie, plaashuise met klein plaashekkies en die reuk van ’n petrolkan langs ’n trekker.
Ons reënbooglandskap: Ontdek SA van bioom tot bioom
Suid-Afrika spog met só ’n verkleurmannetjie-landskap weens die verskil in klimaat, hoogte bo seespieël en geografiese eienskappe, dat verskeie plant- en dierspesies in die areas ontwikkel. Areas met ooreenstemmende fauna en flora staan as biome bekend.