Die Sederberge is een van die Wes-Kaap se juwele. Met sy betowerende rotsformasies, ongerepte natuurskoon, oeroue rotstekeninge en hemelse stilte, bied dié area ’n idilliese wegbreek
Alles vir die sleutelwoord "LekkeSlaap"
Span uit by die see: Kampplekke op die strand
’n Behoorlike vakansie by die see is een waar jy voortdurend die see kan sien, voel, hoor en ruik. Hier is ‘n paar kampplekke op die strand.
9 plekke, 3 provinsies, 1 Paasnaweek: Waarheen gaan jy?
Die somervakansie is nog vars in ons geheue, maar nog voor jy jou strandhanddoek finaal kan wegpak, is Paasnaweek al weer hier! Weet jy al in watter rigting jou voertuig mik? Hier is ‘n paar bestemmings wat nog plek beskikbaar het.
Vermy die skares by dié swempoele
Hoe gemaak gedurende daai vuurwarm somerdae wanneer die hittegolwe op die horison dans en die sweet op jou voorkop blink? Hier is 10 swemplekke waar jy, familie en vriende ─ en dalk Vlekkie ook ─ dié somer kan gaan wegkruip.
Ontmoet die diere van die Kalahari
Die uiteenlopende landskappe van dié streek bied ’n tuiste aan ’n groot verskeidenheid diere wat spesiale tegnieke ontwikkel het om water te stoor in die droë en warm Kalahari-klimaat.
Klanke op die buitelug-planke: Wes-Kaapse amfiteaters toor en bekoor
Die Grieke het dit byna reg gehad toe hulle destyds op ’n koepelvormige arena as teater besluit het. Al wat geskort het, was die Suid-Afrikaanse flair vir teater wat vandag landswyd teaterliefhebbers laat gons.
Ontdek die stories agter dié interessante Suid-Afrikaanse plekname
Tweebuffelsmeteenskootmorsdoodgeskietfontein en Bovenendvankeelafsnysleegte mag dalk die twee langste plekname in Suid-Afrika wees, maar daar is beslis talle ander algemener en interessante plekke met oorspronklike name in ons mooie land! Lees waar kom van dié name vandaan.
Top-10 buitebaddens vir ’n bobaas-bederf
Ná ’n jaar se swoeg en sweet is hierdie baddens nét die ding om jou batterye te herlaai! Watter een is jou gunsteling?
Pad(stal) na jou hart – die lekkerste padstalle in SA
Wat sou die langpad wees sonder ’n fles boeretroos, ʼn versameling lekker-luister liedjies en natuurlik, ’n padstal? ʼn Padstal is so eie aan Suid-Afrikaner-wees soos ’n braai op ’n Saterdagmiddag. Hier is ‘n lys van die lekkerste invalplekke reg oor die land vir jou volgende langpadvakansie!
’n Alternatiewe Somervakansie: Bekoorlikste kothuise in die binneland
Die somervakansie kruip nader en dis nóú tyd om jou volgende wegbreek te beplan om te verhoed dat jy vanjaar met Jan Tuisbly se karretjie ry.
Allerlei avonture in die Addo-olifantpark
Weet jy al waar jy dié somer vakansie gaan hou? Beleef allerlei avonture op ’n selfry-rit in die pragtige Addo-olifant Nasionale Park.
Vyf sielverkwikkende spa-wegbreke reg oor die land
Smag jy daarna dat iemand jou voete, skouers en hande met heerlike reukolie pamperlang? Die verskillende behandelinge op ’n skoonheidsalon se spyskaart is soms ongewoon en eksoties, en die spa-bedryf is verbasend kompeterend en altyd besig om met die nuutste, mees opwindende behandelinge vorendag te kom
Kom kry vis-en-tjips aan die Kaap se kus
Dis nie ’n Kaapse vakansie sonder ’n besoek aan ’n smullekker vis-en-tjips-restaurant nie!
Jou gids tot Groot 5-kyk
In dié gids vertel ons jou alles wat jy moet weet voordat jy die Groot 5 gaan soek.
Agt prentjiemooi lodges in die Pilanesberg Nasionale Park
Is dit tyd om jou ander helfte ’n bietjie te bederf? Of droom jy van ’n onvergeetlike wegbreek in die natuur nie te ver van Johannesburg af nie? Hier is ‘n paar prentjiemooi lodges in die Pilanesberg Nasionale Park.
Sardienloop aan die Suidkus
Die kus word weer wild, want die sardienloop is hier! Dié jaarlikse natuurverskynsel laat ons elke keer in vervoering en vanjaar gaan geensins anders wees nie.
Namibië: ’n Wittebrood in die land van sonlig en sterre
Son, sterre, see en sand – dis die vier wonders van Namibië. LekkeSlaap kombineer dié asemrowende Namibiese verskynsels om ’n onvergeetlike wittebrood te verseker.
’n Gesinsvakansie by ’n wild-lodge
Is jy raadop oor kindervriendelike vakansie-idees waarmee die jongspan gelukkig gaan wees of smag jy na ’n safari-ervaring saam met jou gesin? Hier is sewe kindervriendelike wild-lodges waar jy en jou hele kroos ’n unieke wegbreek kan geniet.
Vyf skouspelagtige natuurverskynsels in SA
As dit by unieke natuurverskynsels kom, hoef Suid-Afrika beslis nie terug te staan vir enige ander land nie. Ons wonderskone natuur bied ’n kaleidoskoop van besonderse natuurverskynsels wat jy nie sommer op ’n ander plek in die wêreld sal sien nie!
Vyf trots Afrikaanse musiekfeeste voor Julie
Of jy nou van rockmusiek, sokkietreffers of goue oues hou ─ dié feeste bied beslis iets vir jou!