Die Deen wat glo vroue geskend en hul geslagsdele in die vrieskas by sy huis in Bloemfontein gehou het, is vroeër vanjaar in Lesotho in hegtenis geneem.
Alles vir die sleutelwoord "Lesotho"
Man vas oor BMW vol dagga
ʼn Man is in hegtenis geneem vir die besit van dwelms nadat dagga met ʼn straatwaarde van R350 000 in sy besit gevind is.
Kommissie van ondersoek oor onrus in Lesotho
‘n Kommissie van ondersoek is deur die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) op die been gebring om die moord op Maaparankoe Mahao, Lesotho se voormalige weermagbevelvoerder, te ondersoek.
140 polisiebeamptes na Lesotho
Jeff Radebe, minister in die presidensie, het Donderdag aangekondig dat 140 Suid-Afrikaanse polisiebeamptes na Lesotho ontplooi gaan word.
Dwelms en diamante gekonfiskeer by Lesotho-grens
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het Maandag gesê hulle het die afgelope week beslag gelê op diamante, dwelmmiddels en gesteelde voertuie by die Lesotho-grens in die Vrystaat.
Regering oorweeg veediefstal-liggaam
Die regering oorweeg dit om ʼn nasionale liggaam op die been te bring om die toenemende probleem van veediefstal te ondersoek.
Lesotho-staatsgreep: Eerste minister keer terug na sy land
Die eerste minister van Lesotho sal Dinsdag na sy land terugkeer nadat hy drie dae lank in Suid-Afrika skuiling gesoek het tydens ‘n vermeende staatsgreep in sy land.
SAOG-ministers vergader oor Lesotho
Die ministers van buitelandse sake van drie lande in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) gaan Sondagaand oor die onrus in Lesotho vergader.
Weermag ontken SA troepe probeer Lesotho-staatsgreep fnuik
Die departement van verdediging sê berigte dat Suid-Afrikaanse troepe betrokke was by ‘n poging om ‘n staatsgreep in Lesotho te fnuik is onwaar.
ANC, DA veroordeel Lesotho-staatsgreep
Die ANC het ‘n beroep op Lesotho se weermag gedoen om sy troepe na hul barakke te laat terugkeer en die regering toe te laat om sy werksaamhede voort te sit.
Lesotho-staatsgreep: Eerste minister het na SA gevlug
Tom Thabane, eerste minister van Lesotho, het Saterdag bevestig dat die weermag deur middel van ʼn staatsgreep beheer oorgeneem het in sy land en dat hy na Suid-Afrika gevlug het.
Lesotho-weermag ontken staatsgreep
Die weermag in Lesotho sê een soldaat is dood en vier polisiebeamptes is beseer toe militêre magte Saterdag twee polisiestasies ontwapen het.
Lesotho-staatsgreep: Skote klap al van vroeg af
ʼn Minister en leier van die koalisieregering in Lesotho het gesê skote klap al Saterdag sedert 04:00 in dié koninkryk nadat die weermag beheer oorgeneem het van die land se polisiehoofkwartier.
Moontlike staatsgreep in Lesotho
Die weermag in Lesotho het Saterdagoggend vroeg beheer oorgeneem van dié klein koninkryk se polisiehoofkwartier en blok nou radiostasies en telefoonlyne.
Ladybrand-boer agter tralies ná hy seun skiet
ʼn 53-jarige man van Lesotho wat in Suid-Afrika boer is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 15-jarige seun op sy plaas naby Ladybrand in die Vrystaat geskiet en gewond het.