Drie van Elsa Winckler se gewildste liefdesverhale is nou in die omnibus “In die skadu van Paarlberg (Omnibus)” beskikbaar.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "liefdesverhale"
Boek: Ter wille van jou
Christoff, ʼn eks-gevangene, kry werk in ʼn fabriek terwyl hy probeer om sy verlede te ontsyfer. Juanita, die dogter van die eienaar, vertrou hom glad nie en boonop dra sy ook swaar aan bagasie van haar verlede. Sal Christoff en Juanita hulself van die verlede kan losmaak?
Cecilia Steyn gesels oor liefdesverhale en skryfinspirasie
“Die skryf van liefdesverhale is vir my net so terapeuties as om dit te lees. Dit het my dan gehelp met my leënessindroom.”
Jou liefdesverhaal kan ʼn fliek word
Ná die groot sukses van die Afrikaanse fliek Vir die voëls gaan Huisgenoot en kykNET weer kragte saamsnoer om nóg ʼn ware liefdesverhaal op die grootskerm te vertel – en dié keer kan dit jou verhaal wees.
[Boek] Ena Murray Keur 15
Drie wonderlike verhale deur Ena Murray in een bundel.
[Luister] Nicola Breytenbach vertel van ‘Free State’
Die internasionale model en aktrise Nicola Breytenbach is binnekort te sien in die nuwe Suid-Afrikaanse fliek Free State wat die storie vertel van ʼn Indiërman en ʼn wit vrou wat verlief raak tydens die apartheidsjare in Suid-Afrika.
Boek: Die meisie op die bus en ander liefdesverhale
Doc Immelman is alombekend vir sy avontuur- en jagverhale, en in Die meisie op die bus ander liefdesverhale blom die liefde tussendeur al die avontuur.
Luister: Kristel Loots praat oor haar nuwe boek, Katerina se mojo
Kristel Loots gesels uit Kaapstad met Esté Meyer Jansen oor haar boek, die karakters en vroue se “mojo”.
Luister: Bets Smith bespreek die liefde, geskiedenis en ‘n roman
Bets Smith, die skrywer van “Onder ‘n Sterrehemel”, praat met Esté Meyer Jansen uit Witrivier oor dié roman, geskiedenis en haar liefde vir skryf.
Boek: Die engel rook skelm
Watse soort mens skop sommerso op? Skande! En dít met ’n ma soos Dezi Diedericks s’n, wat verslaaf is aan studeer terwyl Dezi nie eens BA Manvang kan slaag nie.
Boek: Waar die son omdraai
Thea Jonker beland met malaria in die hospitaal waar Matt werk. Thea, ‘n gewilde TV-aktrise, se loopbaan onlangs kortgeknip wanneer sy in ‘n motorongeluk betrokke is. Haar voorkop kry sleg seer en die litteken laat haar weghardloop. Sy besluit om vrywillige opheffingswerk in Mosambiek te gaan doen, waar haar pad met dokter Matt Barnard s’n kruis.
Boek: Die ooreenkoms
Adam Rossouw, suksesvolle sakeman, deeI van Kaapstad se sosiale elite en Petronel Cilliers, ‘n onopvallende sanger in ‘n grot van ‘n kroeg iewers op die Kaapse suidkus is pole van mekaar verwyder, maar na ‘n nag van passie is hulle onherroeplik aan mekaar verbind.
Pad na jou hart
Iets anders! Francois Bloemhof slaan ʼn nuwe rigting in met ʼn roman gebaseer op ʼn draaiboek deur die bekende akteurs Ivan Botha en Donnalee Roberts.
Unieke liefdesverhaal
Les en Helen Brown van Kalifornië in Amerika is op dieselfde dag gebore, het hul 75ste huweliksherdenking verlede jaar gevier en word vandag begrawe nadat hulle een dag ná mekaar gesterf het.
Seisoen van vergifnis
Seisoen van vergifnis is die vyfde boek in die Geur- en Seisoen-reeks. Lesers wat vertroud is met karakters uit die vorige vier romans sal hulle in hierdie roman terugvind.
Insomnia
Leon van Nierop Insomnia is ’n nuwe roman deur Leon van Nierop en is ’n verwerkte weergawe van die gewilde vervolgverhaal in Vrouekeur. Louise gaan…
Seisoen van genade
Alta Cloete Alta Cloete het al ’n stewige aanhang opgebou met haar eerste trilogie: Geur van genade, Geur van vergifnis en Geur van vervulling. Sy…
Lemoenseisoen
Durf ’n Mevrou Dominee na hartstog en teerheid hunker? Natuurlik! En die liefde kom kry haar waar sy dit nooit sou verwag het nie. Want Suzy is in die eerste plek ’n bloedwarm, baie mooi vrou.
Geur van vergifnis
Dit is ’n onwaarskynlike romanse: ’n hardkoppige man in ’n rolstoel en ’n ewe hardkoppige vrou wat hou by haar blokkieshemde en denims. Die pad is lank voor hulle tuiskom en ja kan sê vir die toekoms.
Bambi en die boef
Anita du Preez Bambi le Roux kan kies en keur onder die manne. Maar sy moes nooit saam met daardie vent afgeneem geword het by…