“Dit is moeilik vir my om terug te gaan 2015 toe en die stand van my denke toe te bepaal. Ek aanvaar dat daar waarskuwings was.”
Alles vir die sleutelwoord "Life Healthcare Esidimeni"
Esidimeni: Selebano ‘het nooit waarskuwingsbrief gelees’
Selebano het Dinsdag gesê hy sou waarskynlik die proses om die kontrak met Life Esidimeni te beëindig stopgesit het as hy die brief gelees het.
Esidimeni: Geskorste hoof beskuldig ondergeskiktes
Tiego Selebano, geskorste hoof van gesondheid in Gauteng, het sy ondergeskikte, dr. Makgabo Manamela, beskuldig vir die Esidimeni-tragedie, en gesê sy was die leier van die span wat die onsuksesvolle oorplasings geïmplementeer het.
Esidimeni: Hof beslis oudgesondheidshoof moet getuig
Barney Tiego Selebano, voormalige hoof van die Gautengse departement van gesondheid, is in Februarie geskors vir growwe wangedrag en onbekwaamheid.
Esidimeni: Oudgesondheidshoof hoor dán of hy moet getuig
“Hy was die hoof van die departement, hy is die een wat die dokumente afgeteken het. Hy moet die arbiter kom bystaan. Hy moet gaan en sê ‘ek was nie betrokke nie,’” het die staatsaanklaer gesê.
Oud-gesondheidshoof in hof oor Esidimeni-verhoor
Barney Tiego Selebano, voormalige hoof van die Gautengse departement van gesondheid, se dringende aansoek in die Johannesburgse hooggeregshof om ʼn dagvaarding ter syde te stel…
Life Esidimeni: Dokter weet steeds nie waar vermiste pasiënte is
Manamela het die gehoor geskok toe sy gesê het sy het eers terwyl sy getuig besef dat die uitreik van die lisensies verkeerd was, want volgens haar was alles binne die raamwerk van die wet gedoen.
Esidimeni-tragedie: Dokter beskuldig LUR, hoof van departement
“Hoeveel mense het by Takalani gesterf nadat jy ʼn lisensie uitgereik het?” wou Moseneke weet.
“Ek weet nie,” het Manamela gesê.
Esidimeni-verhoor: Getuie vertel van sussie se verkragting
Die getuie het gesê haar familie het eers van die verkragting te hore gekom nadat sy drie dae lank in die bed gebly het.
Esidimeni-tragedie: Dokter kry nie uitstel
ʼn Verpleegster by een van die NRO’s het Dinsdag getuig hulle is gedwing om 26 pasiënte pleks van 10 in te neem nadat die dokter aan hulle die opdrag gegee het.
Departement het waarskuwing oor Esidimeni-oorplasings geïgnoreer, sê dokter
ʼn Kenner het Dinsdag aan die Life Esidimeni-arbitrasieverhoor gesê die departement van gesondheid in Gauteng het professionele raad geïgnoreer wat gewaarsku het teen die oorhaastige oorplasing van psigiatriese pasiënte.
Qedani Mahlangu sal volgende jaar oor Esidimeni getuig
Qedani Mahlangu, voormalige LUR vir gesondheid, sal na verwagting eers in Januarie 2018 getuig tydens die Life Esidimeni-arbitrasieverhoor.
Mahlangu se skorsing verwelkom
Daar word geëis dat Mahlangu uit Engeland gedeporteer word.
Oud-gesondheidshoof wil nie by Esidimeni getuig nie
Selebano is een van die topbeamptes wat beskuldig word in die dodelike Life Esidimeni-projek waar minstens 141 psigiatriese pasiënte weens verwaarlosing en verhongering gesterf het toe hulle na ongelisensieerde NRO’s oorgeplaas is.
Universiteit skors Qedani Mahlangu
“Gegewe die erns van die bewerings is Mahlangu sonder vooroordeel geskors.”
Esidimeni: Mahlangu gedagvaar om te getuig
Mahlangu word wyd blameer vir die mislukte oorplasing van meer as 3 000 psigiatriese pasiënte van Life Esidimeni na ongelisensieerde NRO’s wat tot die dood van minstens 141 van dié pasiënte gelei het.
Esidimeni: Mahlangu bereid om te getuig
“Sy het aangedui dat sy geen probleem het om te verskyn nie, maar dat sy nie op die lys van getuies is nie.”
Premier se rol in Esidimeni-sterftes moet ondersoek word
David Makhura, premier van Gauteng, se rol in die oorplasing van psigiatriese pasiënte van Life Esidimeni na omstrede NRO’s, wat tot 141 sterftes gelei het, moet ondersoek word, het die Demokratiese Alliansie Sondag gesê.
Gesondheidshoof onder skoot by Esidimeni-verhoor
Dumi Masondo, geskorste voorsitter van die Gautengse Hersieningsraad vir Geestesgesondheid, moes moeilike vrae beantwoord by die Life Esidimeni-arbitrasieverhoor.
Esidimeni: Getuie gepols oor opgrawing van liggame
“Hoe bepaal julle die oorsaak van dood as die liggame vir meer as ʼn jaar al begrawe is en, namate tyd verloop, dit al moeiliker raak vir ʼn opgrawing om enigiets bruikbaar op te lewer?”