Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Limpopo het Donderdag die name bekend gemaak van ses mynwerkers wat gesterf het toe die bus, waarin hulle gery het, aan die brand gesteek is.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Limpopo-busbrand"
Ses sterf in busbrand: Vier in hof
Vier verdagtes het Vrydag in die Praktiseer-landdroshof in Limpopo verskyn in verband met ʼn voorval Maandagaand waartydens ses mense in ʼn bus doodgebrand het.
Net een in hof ná 6 se vlammedood
Die bus het omstreeks 20:00 by die stasie stilgehou toe twee onbekende verdagtes in die bus geklim het. Die verdagtes het ʼn vlambare vloeistof in die bus uitgegooi, dit aan die brand gesteek en vinnig uitgespring.
Vyf vas ná ses in bus doodbrand
Die hele bus het onmiddellik vlam gevat met ongeveer 50 mense binne. Van die passasiers kon daarin slaag om deur die vensters te ontsnap, maar ses mense het binne die bus doodgebrand.
Ses brand in bus dood
Ses mynwerkers het Maandagaand ʼn grusame dood gesterf nadat die bus waarin hulle vervoer is met opset aan die brand gesteek is en dié mense doodgebrand het.