Dianiël Terblanche, die babadogtertjie wat Sondagaand saam met haar ouers kritiek beseer is in ʼn botsing buite Marble Hall, is vandag een maand oud en “knip haar ogies”.
Alles vir die sleutelwoord "Limpopo"
Pastoor en gesin aangeval oor ‘heksery’
Die Limpopo-polisie het Woensdag 17 verdagtes, onder wie twee minderjariges, vir openbare geweld in hegtenis geneem nadat hulle ʼn pastoor en sy gesin in Musina aangeval het weens beweerde heksery.
Marble Hall-ongeluk: ‘Ons hou aan bid’
Diaan Terblanche (30), die pa van die Marble Hall-gesin wat Sondagaand kritiek beseer is in ʼn botsing op die R573, moes Woensdag ʼn noodoperasie ondergaan nadat hy ʼn terugslag gehad het.
Video: Miljoene glo benodig om Nylrivier skoon te maak na suurramp
Dit gaan glo miljoene rande kos om die Nylrivier buite Modimolle (Nylstroom) skoon te maak en te rehabiliteer, nadat duisende liter swaelsuur Saterdag in die rivier beland het.
Skoliere moet slange trotseer
Skoliere by ʼn laerskool in Limpopo moet daagliks slange trotseer en roep glo nie eers meer onderwysers nie, maar maak sommer self die reptiele van kant.
DA wil strafregtelike klagte indien oor suur in Nylrivier
Die Demokratiese Alliansie (DA) gaan strafregtelike klagte indien nadat ʼn vragmotorongeluk veroorsaak het dat swaelsuur in die Nylrivier buite Modimolle (Nylstroom) geloop het.
Egpaar kritiek ná ongeluk op eerste huweliksherdenking
Die egpaar van Marble Hall wat Sondagaand kritiek beseer is in ʼn botsing op die R573 ongeveer 12 km buite dié dorp in Limpopo, het ook Sondag hul eerste huweliksherdenking gevier.
11 dood, gesin kritiek ná gru-ongeluk buite Marble Hall
Elf mense is Sondagaand dood en vyf mense, onder wie ʼn drie weke oue baba, is kritiek beseer in ʼn gru-ongeluk op die R573 ongeveer 12 km buite Marble Hall in Limpopo.
Twee vas ná gewapende roof by Limpopo-vulstasie
Twee verdagtes is aangekeer nadat ʼn vulstasie in Roedtan in Limpopo Dinsdagaand deur agt gewapende rowers geteiken is.
Vrou geopereer ná aanval in veiligheidskompleks
Die vrou wat Dinsdagoggend vroeg saam met haar man in ʼn veiligheidskompleks in Polokwane oorval is, is Dinsdagmiddag glo geopereer om haar steekwonde te heg.
Limpopo-egpaar in veiligheidskompleks aangeval; jong man sterf
ʼn 30-jarige man van Polokwane in Limpopo is dood nadat hy en sy vrou vroeg Dinsdagoggend in hul huis oorval en beroof is.
Uitlander vas oor mensehandel
ʼn 27-jarige uitlander is Maandagoggend in Limpopo in hegtenis geneem op aanklag van mensehandel.
Werkers op Bela-Bela kleinhoewe oorval, vasgebind
Die polisie is opsoek na ʼn groep verdagtes wat twee werkers Woensdagoggend op ʼn kleinhoewe buite Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo oorval het.
Vaalwater-boer steeds kritiek na plaasaanval
Ian van Druten (44), ʼn plaasbestuurder in die Vaalwater-omgewing wat verlede week oorval en in die gesig geskiet is, se toestand is kritiek.
Man glo deur kameelperd doodgetrap op wildplaas
Die Limpopo-polisie begin dié week met ʼn geregtelike doodsondersoek nadat ʼn man vermoedelik op ʼn wildsplaas naby Bela-Bela (Warmbad) deur kameelperd doodgetrap is terwyl hy gaan fietsry het.
‘Stropers’ vas danksy oplettende toeriste
Twee vermeende renosterstropers is in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem danksy besoekers se oplettendheid.
Verdagtes vas oor renosterstropery, diamante
Twee vermeende renosterstropers is by die Groblersbrug-grenspos tussen Suid-Afrika en Botswana in hegtenis geneem.
DNS verbind hom aan 37 verkragtings
ʼn 23-jarige man wat verlede jaar in Limpopo in hegtenis geneem is op aanklag van verkragting, se DNS verbind hom nou aan 37 verkragtings in die Bolobedu-gebied.
Drie vas vir roof in Bela-Bela
Drie gewapende rowers is Vrydagoggend vasgetrek, minute nadat hulle probeer het om ʼn klerewinkel in Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo te beroof.
Vaalwater-boer in gesig geskiet
ʼn Plaasbestuurder in die Vaalwater-omgewing in Limpopo is Vrydagoggend oorval en in die gesig geskiet.