Sewe mans het glo Dinsdag ʼn wag op ʼn plaas in die Modimolle-omgewing in Limpopo oorval en met ʼn hamer aangerand.
Alles vir die sleutelwoord "Limpopo"
Goeie nuus: Drie vas wat Limpopo-plase teister
Drie gesoekte vermeende misdadigers is oor die naweek in die Naboomspruit-omgewing in Limpopo aangekeer.
Gemeenskap ruk op vir slagoffer ná verkragting op plaas
Mariaan Wentzel is op 23 Maart helder oordag verkrag terwyl haar gesin by ʼn plaashuurhuis naby Dorset, tussen Vaalwater en Lephalale, ingetrek het.
Masipa in onderhoud gekap oor Oscar-uitspraak
Die hantering van die Oscar Pistorius-hofsaak was Maandag in die kollig tydens regter Thokozile Masipa se onderhoud vir die pos van regterpresident van Limpopo.
Limpopo-polisie vang nóg renosterstropers
Vyf vermeende renosterstropers is in twee afsonderlike voorvalle oor die naweek in die Gravelotte-omgewing in Limpopo aangekeer. Dit bring die aantal inhegtenisnemings sedert die begin van Maart in die provinsie op 21 te staan.
Boer oorleef plaasaanval ná geweer vassteek
ʼn Boer van die Modimolle-omgewing het ter nouer nood aan die dood ontkom nadat ʼn geweer wat tydens ʼn plaasaanval op hom gerig is, vasgesteek het.
Goeie nuus: Verdagte vas ná aanval, verkragting op plaas
ʼn 30-jarige verdagte is Vrydag vroegoggend in hegtenis geneem weens ʼn onlangse aanval op ʼn plaas in Limpopo waartydens ʼn vrou glo verkrag en beroof is.
Seun skiet verdagte dood tydens hoewe-aanval
ʼn 19-jarige man het Donderdagoggend verbete geveg om hom en sy weduwee-ma teen twee aanvallers op hul kleinhoewe buite Polokwane (Pietersburg) in Limpopo te beskerm.
Thabazimbi-inwoners raadop oor watertekort
Inwoners van Thabazimbi is raadop aangesien dié Limpopo-dorp al vir weke onder ʼn ernstige watertekort gebuk gaan.
Boer op Limpopo-plaas aangeval
Eugene du Toit, ʼn boer van Limpopo, is Sondag in die vroeë oggendure op sy plaas tussen Groblersdal en Marble Hall aangeval. Na wat verneem word, is Du Toit nie ernstig beseer nie.
Familie ‘diep geskok’ oor Limpopo-plaasmoord
Die familie van die boer wat op sy plaas buite Modimolle (Nylstroom) in Limpopo vermoor is, het gesê hulle is geskok en bedroef oor sy dood. WAARSKUWING: Die foto in die berig kan sensitiewe kykers ontstel.
Limpopo-plaasmoord: Eiendomsagent kom op lyk af
ʼn Eiendomsagent het Saterdagoggend op die liggaam van Bossie Badenhorst (64) afgekom op sy plaas Doelgerig naby Modimolle (Nylstroom) in Limpopo.
Bejaarde se lyk in plaashuis gevind
’n Bejaarde man is op sy plaas in die Kranskop-omgewing naby Modimolle (Nylstroom) in Limpopo vermoor.
Tien sterf in gru-botsing in Limpopo
Tien mense is Vrydagmiddag dood in ʼn botsing tussen ʼn bakkie en ʼn minibustaxi op die N1 in Limpopo.
Man in hof oor Chabane-‘sluipmoord’ bewerings
ʼn Man het Donderdag in die Polokwane-landdroshof verskyn nadat hy op sosiale media beweer het die ongeluk waarin Collins Chabane, minister van staatsdiens en administrasie, dood is, was ʼn sluipmoord.
Nog ’n Swartwater-boer op plaas aangeval
ʼn Boer van Swartwater in Limpopo is Woensdag helder oordag op sy plaas aangeval en van onder meer duisende rande se lone beroof.
Nog ʼn aanval ruk Dorset-gemeenskap
Die Limpopo-polisie ondersoek die moontlikheid of ʼn plaasaanval vandeesweek in die Dorset-omgewing, tussen Vaalwater en Lephalale (Ellisras) in Limpopo, verband hou met ʼn onlangse verkragting in die gebied.
21 000 skoliere swanger in vorige boekjaar
Nagenoeg 21 000 skoolmeisies, waaronder 717 laerskoolmeisies, het in die vorige boekjaar swanger geraak, het Beeld Maandag berig.
Foto’s: Krugermunte tydens plaasaanval gebuit
Vyf verdagtes het onder andere glo Krugermunte gebuit toe David Naude (62) en sy vrou Ina (62) Donderdagaand op hul plaas Tobias Zynloop in Mookgophong (Naboomspruit) in Limpopo aangeval is.
Reuseslang val sakevrou aan
Janet Prinsloo, eienaar van die gewilde Biltong go Back-padstal naby Vaalwater in Limpopo, het die naweek lelik geskrik toe ʼn vier meter lange luislang haar in haar slaapkamer aangeval het.