ʼn 40-jarige vrou is Maandag helder oordag verkrag terwyl haar gesin by ʼn plaashuurhuis naby Dorset, tussen Vaalwater en Lephalale (Ellisras) in Limpopo, ingetrek het.
Alles vir die sleutelwoord "Limpopo"
Kind (5) sterf in huisbrand
ʼn Vyfjarige meisie het oor die naweek in ʼn huisbrand in Limpopo doodgebrand.
25 jaar ná tiener se verkragting, ontvoering
Drie verkragters is Vrydag in Limpopo tot 25 jaar tronkstraf elk gevonnis dat hulle ʼn tiener ontvoer en verkrag het.
Video: Warmbad-plaasaanval – ‘Oom, moenie my pappa seermaak nie’
‘n Vierjarige meisie het haar pa se aanvallers gesmeek om hom nie seer te maak nie. Jakes van Deventer (35) is Dinsdag in die vroeë oggendure tydens ‘n plaasaanval buite Warmbad in Limpopo vermoor.
Drie verdagtes ontsnap uit polisievoertuig
Drie verhoorafwagtende gevangenes het Dinsdag uit ʼn polisievoertuig in Modimolle (Nylstroom) in Limpopo ontsnap.
Foto’s: Warmbad-plaasaanval: Ma veg verbete terug, verdagte later vasgetrek
Ure nadat ʼn verloofde paartjie in hul huis op ʼn plaas naby Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo aangeval en die man vermoor is, is een van die vermeende aanvallers met puik speurwerk vasgetrek.
Jong pa tydens plaasaanval vermoor
Jakes van Deventer (35) is Dinsdag in die vroeë oggendure tydens ʼn aanval op ʼn plaas naby Bela-Bela in Limpopo vermoor.
Man in hof ná moord op ma, dogter
ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn vrou en haar dogter vermoor het, het in die Ritavi-landdroshof in Limpopo verskyn.
Swartwater-plaasmoord: Vier Zimbabwiërs in hof
Vier verdagtes, almal van Zimbabwe, het Maandag in die Mokopane-landdroshof verskyn weens die moord op dr. Louis-John Botha (64), ʼn wildboer van Swartwater in Limpopo.
Man in hof vir Tzaneen-dubbelmoord
Die man wat in hegtenis geneem is vir die moord op ʼn ma en haar dogter van Limpopo verlede week het Maandag vir die eerste keer in die hof verskyn.
Swartwater-plaasmoord: Boer lewend in waterkuil met krokodille gegooi
Vier mans verskyn Maandag in die hof vir die moord op dr. Louis-John Botha (64), ʼn wildboer van Swartwater in Limpopo, dieselfde dag as sy beplande roudiens.
Vrou steel glo baba by winkelsentrum
Die polisie in Limpopo is op soek na ʼn vrou wat glo ʼn een maand oue baba van sy ouma gesteel het by ʼn winkelsentrum in Polokwane.
Dogter sterf ook na skietery
ʼn Vrou wat in Limpopo gewond is toe ʼn man haar en haar ma geskiet het, het Woensdagoggend aan haar beserings beswyk.
Limpopo-vrou doodgeskiet, dogter gewond
ʼn 63-jarige vrou is Dinsdag in haar huis in Limpopo doodgeskiet tydens ʼn voorval waarin haar dogter geskiet en gewond is.
Uitlanders se winkels in Limpopo geplunder
Uitlanders in Ga-Sekgopo, oos van Polokwane in Limpopo, moes hul winkels verlaat nadat plaaslike inwoners glo op hulle toegeslaan het.
Agt ontsnap van Modimolle-polisiestasie
Die polisie is op soek na agt verdagtes wat uit die aanhoudingselle by die Modimolle (Nylstroom)-polisiestasie in Limpopo ontsnap het.
Swartwater-boer het gelewe vir sy plaas
Dr. Louis-John Botha, die boer (64) van Swartwater in Limpopo wie se liggaam Maandag in ʼn waterkuil naby sy plaashuis gevind is, het 15 jaar gelede sy stetoskoop opgehang om heeltyds met wild te boer.
Goeie nuus: Boer in ʼn japtrap uit ontvoerders se kloue gered
Philip Keet, ʼn boer van Mokopane in Limpopo, is Sondag etlike minute nadat hy op sy plaas deur ʼn groep mans oorval en ontvoer is, ongedeerd uit hul kloue gered.
Boer vermoor jaar ná seun se dood
Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die liggaam van Louis-John Botha (64) Maandagoggend in ʼn waterkuil op sy plaas, Gwelo, naby Swartwater in Limpopo aangetref is.
Twee vas vir moord op Limpopo-polisieman
Twee mans is in Limpopo in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn polisiebeampte van die Modimolle (Nylstroom)-polisie, wat nie aan diens was nie, met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het.