“Ek is bly dit gebeur op regstreekse televisie sodat mense kan sien….”
Alles vir die sleutelwoord "lions"
Superrugby: Sharks, Lions wen albei maar oortuig nie
Die Sharks en die Lions het Saterdagmiddag, nie heeltemal oortuigend nie, uit ʼn Suid-Afrikaanse oogpunt vergoed vir die skande van die Stormers wat vroeër die dag in Hongkong teen die Sunwolves verloor het.
Superrugby: Die wind waai die Lions weg in Wellington
Nog ene wat weggeglip het. Of was dit eerder ʼn geval van ʼn Nieu-Seelandse span wat sy kanse gebruik wat na sy kant toe gekom het?
Nog Lions kan na Gloucester skuif
Moenie verbaas wees nie as daar nog ʼn paar Lionsspelers in die voetspore van Ruan Ackermann en Jaco Kriel volg om hul loopbane in Gloucester onder die afrigter Johan Ackermann voort te sit nie.
Superrugby: Reds laat die Lions bloos
Daar is sekere dinge in rugby wat jy nie kan verduidelik nie.
Superrugby: Reds swaai rooi doek voor Lions
Rugbyafrigters gaan uit hul pad uit om kopspeletjies met hul teenstanders te speel, om met hul koppe te smokkel.
Superrugby: Daar ly die Waratahs toe aan ‘voosheid’
Dit was nou behoorlik eenrigtingverkeer, net soos dit in daai eenrigtingstrate in Pretoria en Johannesburg se middestad voorkom.
Tambwe en Lions skok die Stormers met drieëfees
Bomskok. Ja, dit is waaraan die Lions Saterdagaand die Stormers op Ellispark laat ly het, en die amperse nuweling Madosh Tambwe se naam sal seker nog lank by hulle spook.
Lions se tuisveld, skietgoed lyk te veel vir Stormers
Die Lions wil hulle onoorwonne rekord van meer as drie jaar teen Suid-Afrikaanse spanne Saterdag op Ellispark verder verleng.
Kwagga nie onder Rassie se 22 Lions en Stormers vir kamp
Sal dit vir Kwagga Smith ʼn geval word van die pap wat tussen die hand en die mond op die grond val?
Superrugby: Wat is fout met die Lions?
Die Lions het Sondagmiddag die tweede keer vanjaar op Ellispark pak gekry en het nou hulle derde neerlaag in sewe wedstryde gely.
Lions moet Sondag teen Crusaders selfvertroue herstel
ʼn Skrale twee punte het tussen die Lions en drie opeenvolgende neerlae gestaan – en nou moet hulle Sondag (14:30) teen die verdedigende kampioene, die Crusaders, hulle selfvertroue herstel.
Jaguares in Buenos Aires wéér te goed vir Lions
Die Lions het Saterdagaand die derde opeenvolgende keer in Buenos Aires slae teen die Jaguares gekry
Heelwat werk wag op Lions ná groot skrik teen Sunwolves
Die Sunwolves het toe Saterdag op Ellispark nie vir die effens gelapte Lionsspan teruggestaan nie, en was met die aanbreek van die laaste kwart nog voor
Doodsnikke-drie kelder die Lions
Die verrassing van die korst seisoen tot dusver, en welverdiend.
Sharks soek eerste sege, Lions ʼn bonuspunt
Die Sharks is te ongeduldig, sê hulle afrigter Robert du Preez oor sy span wat tot dusver twee uit twee Superwedstryde verloor het.
Lions se gehalte te veel vir moedige ‘nuwe’ Bulls
ʼn Wedstryd duur 80 minute, maar hoewel die Bulls hulle alles in die tyd gegee het, was dit Saterdag op Loftus in die goeie Superwedstryd teen die Lions nie genoeg nie.
Superrugby: Bulls mik na herhaling van 2015-sege
Die Lions het drie seisoene laas teen ʼn Suid-Afrikaanse span in die Superreeks verloor.
Bulls en Lions op koers, maar nog harde werk lê voor
Die Bulls het voortgebou op die oorwinning van die Lions vroeër die middag en het op Loftus slegs die derde sege deur ʼn Suid-Afrikaanse span in die laaste 16 wedstryde teen Nieu-Seelandse teenstand behaal.
Die skrum bly maar belangrik
Niks het klaarblyklik verander nie sedert Philip Nel se span in 1937 in Nieu-Seeland voor die eerste toets ʼn telegram van Oubaas Mark gekry het wat hulle herinner het: skrum, skrum, skrum.