As jy vanjaar nie vroeg in die seisoen na die Lions op Ellispark gaan kyk nie, raak jou kanse min om Suid-Afrika se voorste franchise gereeld voor die moontlike eindrondes in aksie te sien.
Alles vir die sleutelwoord "lions"
Skosan se besering groot slag vir die Lions
Die Lions se Springbokvleuel Courtnall Skosan het Maandag sy anterior kruisligament geskeur en sal maande lank van die veld wees.
Kriel: terugslag vir Bokke en die Lions
Die Springbokke sal op die jaareindtoer in November sonder hulle Lionsflank Jaco Kriel moet klaarkom – en die Lions sal in aanstaande jaar se nuwe Super15-reeks ook die eerste paar wedstryde sonder hom moet speel.
Rooikaart, taktiese voortreflikheid kelder Lions se droom
Taktiese voortreflikheid, drama, ʼn rits rekords, en uiterste teleurstelling.
Ses van verlede jaar se eindstryd nie in Lions-opdrafspan
ʼn Haas uit die hoed uit was dit gewis nie waarmee die Lions se afrigter Johan Ackermann Donderdag vorendag gekom het met die aanwysing van die span vir Saterdag se Superrugby-eindstryd teen die Crusaders op Ellispark nie.
Ellispark se 60 000 kaartjies uitverkoop; wegspan-druk is op Crusaders
Die Lions-maatskappy het Maandag sommer vroegmiddag al laat weet: al 60 000 die kaartjies vir die Superrugby-eindstryd Saterdagmiddg (16:00) op Ellispark is uitverkoop.
Ackers kry sy afskeid op Ellispark
Ackers kry sy afskeid op Ellispark … en sy rustydpraatjie Saterdag in die halfeind teen die Hurricanes het die ietwat bek-af Lions na rustyd na ʼn ander span laat lyk.
Vergeet die verlede; Saterdag is dit man teen man
In ʼn eindstryd is daar nie tyd en plek vir dinge soos die geskiedenis en statistiek nie.
Hurricanes se ‘yslike kopseer’
Ai, dit moet darem baie lekker wees om ʼn span te kies deur te besluit om watter All Black weg te laat.
Combrinck vergoed vir Lions se skop-brouwerk
Dit was Ruan Combrinck wat uiteindelik skopsukses vir die Lions behaal het met ʼn strafdoel van 58 meter om Saterdag se uitstekende, klipharde kwarteind op Ellispark vir die Lions met 23-21 te beklink.
Dis Lions se beste kans om hul naam op die trofee te kry
Wag maar, die Lions het nog niks bereik nie, want hulle het nog nie vanjaar teen die Nieu-Seelandse spanne in die Superreeks gespeel nie.
Die Leeukuil lê en wag
Die Lions se paadjie is uitgeplavei na die Superrugby-eindstryd op Ellispark toe, maar vir die Stormers en Sharks lê daar groot struikelblokke voor.
Ruimte vir verbetering, maar al Lions se uitspeelwedstryde is tuis
Die Lions het die Sharks Saterdagmiddag met 27-10 geklop en sal al drie sy uitspeelwedstryde op Ellispark speel, mits hy natuurlik die kwarteind en halfeind wen.
Lions druk 14 keer, Stormers en Kings wen naelskraap
Hardlooprugby en meer drieë is waarvoor gevra is – en miskien is hierdie versugting van ondersteuners bevredig met die ses eersterangse wedstryde wat die naweek deur Suid-Afrikaanse spanne gespeel is.
Ackermann agsteman in kaptein Whiteley se plek
Die Springbokkaptein, Warren Whiteley, se plek op agsteman in die Lions se rugbyspan sal deur Ruan Ackermann gevul word.
Julian Redelinghuys deur Lions vereer
Julian Redelinghuys was die vernaamste wenner toe die Goue Leeus Rugbyunie Woensdagaand hulle topspelers vir 2016 by Carnival City vereer het.
Grofgeskut vir Lions se laaste kleedrepetisie
Die Lions trek Saterdag op Nuweland teen die Stormers met verskeie van hulle groot kanonne los in die Johannesburgers se laaste littelosmaker voordat die Superrugbyreeks oor twee naweke afskop.
Heelwat pluspunte aan Lions-kant
Die gebrek aan kombinasies is seker deels vir van die tekortkominge te blameer, maar daar was tog ook heelwat pluspunte in die Lions se vertoning Saterdag teen die SupaBarbarians by Wits.
Bulstryd kom in die Lions se middelveld
Die Lions wat Saterdag (15:00) by Wits teen die SupaBarbarians uitdraf, sal nie soos baie verwag ʼn aanduiding gee van wat Johan Ackermann en Swys de Bruin vir die Superseisoen in die mou voer nie.
Wie kan nou nog Lions se rus-besluit kritiseer?
`n Mens wil jou nie ná die tyd slim hou nie, maar nou weet ons dat die Lions, ondanks baie bedenkinge, in die kol was deur hul opdrafspan verlede week teen die Jaguares in Buenos Aires week te laat rus.