Die onderwysers is skuldig bevind aan aanranding en gevolglik beboet – ʼn straf wat die drukgroep as hopeloos te lig beskou.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "lyfstraf"
‘Bespoedig wet wat lyfstraf verbied’
Belanghebbendes het die parlement gevra om wysigings aan die Kinderwet te bespoedig.
Honderde onderwysers skuldig oor lyfstraf
Hoewel lyfstraf jare lank al verbode is in Suid-Afrikaanse skole word dit steeds wederregtelik deur sommige onderwysers toegepas, het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, in die parlement gesê.
Podlitiek: Is pakslae iets van die verlede? Is die DA se toekoms vergete?
Podlitiek bespreek vandeesweek uitlatings oor private hoëronderwysinstellings in Afrikaans, die DA en lyfstraf.
Lyfstraf-uitspraak ‘is slag vir geloofsvryheid’
Die Konstitusionele Hof se uitspraak rakende lyfstraf in private huishoudings skep ʼn gevaarlike presedent, sê Vryheid tot Godsdiens in Suid-Afrika.
Hoogste hof beslis pakslae tuis bly onwettig
Die Konstitusionele Hof het Woensdag bevestig dat lyfstraf in private huishoudings onwettig is.
Dissipline in skole?
Die onlangse mediaverwikkelinge rakende die Hoër Jongenskool Paarl se beweerde toediening van lyfstraf, ’n praktyk wat al vir 23 jaar in Suid-Afrika onwettig is, en die gevolglike reaksie op sosiale media, het ’n paar vrae rakende dié taboemetode en die skoolstelsel by my laat ontstaan.
Is (lyf)straf regtig nodig vir goeie dissipline?
Ons moet as’t ware van die pawiljoene afklim, ons moue oprol en beplan om vir ons kinders daardie ontspanne omgewing skep wat ons aan hulle verskuldig is. Hoe hierdie omgewing waarin ons kinders nie die einde van hul vryheid sal ken nie, gebou word, staan en val ironies genoeg by straf, naamlik “die logiese gevolge van verkeerde keuses en dade ervaar.”
Talle leerders, oudleerders toon steun vir Boishaai-onnie
Ondersteuning het Vrydag uit alle oorde ingestroom vir die Hoër Jongenskool Paarl in die Boland nadat die Wes-Kaapse onderwysdepartement gesê het bewerings van lyfstrafpraktyke by die skool sal ondersoek word.
Wanneer is ʼn pak slae kindermishandeling?
“Mishandeling vind oor ʼn tydperk plaas en is nie eenmalig nie. So is daar getuig hoe klein Poppie weer en weer mishandel is. In dié geval het dit beslis nie gegaan oor ‘ʼn pak slae op sy tyd’ nie.”
Ouers sit met talle vrae nou dat pakslae onwettig is
Kenners verduidelik die maatskaplike en wetlike aspekte rondom die hofuitspraak dat ouers wat hul kinders pakslae gegee voortaan soos misdadigers vir aanranding verhoor sal word.
Pakslae tuis nou onwettig
Lyfstraf in skole is al vroeër onwettig verklaar, maar daar is nog nie voorheen ʼn regsuitspraak gelewer oor volwassenes wat binne ʼn gesin kinders ʼn pak slae gee nie.
[Video] Onnie oor ‘lyfstraf’ geskors
Later in die video word ʼn tweede leerder met die rottang geslaan en kan daar gehoor word hoe die leerder in trane gil ná elke hou wat val.
Juffrou geskors ná lyfstraf-video uitlek
ʼn Onderwyseres van ʼn skool in die noorde van KwaZulu-Natal is geskors ná ʼn video op sosiale media gedeel is waar sy na bewering minstens vyf meisies met ʼn stok op die rug slaan.
Video: LUR besoek skool ná lyfstrafvideo uitlek
Die LUR vir onderwys in KwaZulu-Natal lê Dinsdag besoek af by ʼn hoërskool in die provinsie waar daar glo lyfstraf toegepas word.
Luister: Is daar alternatiewe vir lyfstraf?
Ouergemeenskappe is weer aan die gons ná die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se onlangse dringende aansoek dat die regering die gebruik van lyfstraf in huishoudings moet kriminaliseer.
Onderwyser het glo kind se hand met staalpyp gebreek
ʼn Onderwyser van Krugersdorp in Gauteng is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 12-jarige skolier se hand met ʼn staalpyp gebreek het nadat sy ʼn wiskundevraag verkeerd beantwoord het.
Privaat skool moet sluit oor lyfstraf
ʼn Privaat skool in Mpumalanga is aangesê om sy deure te sluit, aangesien lyfstraf by dié skool toegepas word, het die City Press Sondag berig.
Onnie dalk van moord aangekla oor lyfstraf
ʼn Onderwyser van Johannesburg kan moontlik van moord aangekla word nadat ʼn leerling, wat hy glo met ʼn gordel oor die kop geslaan het, gesterf het.
KZN-onnie geskors oor lyfstraf
ʼn Onderwyser van KwaZulu-Natal is geskors nadat hy glo lyfstraf toegepas het op leerlinge wat laat was vir skool.