ActionSA het dr. Makhosi Khoza se lidmaatskap van die party opgeskort.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Makhosi Khoza"
Makhosi Khoza gaan nou belastingmisbruik beveg
“Khoza het op eie risiko ʼn ikoon vir waarheid, geregtigheid en goeie regering geword.”
Makhosi Khoza tree uit die politiek
Khoza, voormalige ANC-LP, was onder dié wat verlede jaar baie uitgesproke was teenoor voormalige pres. Jacob Zuma en in die openbaar ʼn beroep op hom gedoen het om te bedank.
Uiteenlopende reaksie op Khoza se bedanking
“Ons glo alle eerlike lede moet bly en saamstaan met ander wat ʼn einde wil sien aan hierdie nagmerrie wat ons land verswelg.”
Makhosi Khoza bedank uit ANC
“Die ANC van Jacob Zuma het ʼn vinnig-rykwordskema geword terwyl ons arm mense by die dag armer word. Ek sal nooit my mense verraai nie.”
17-jarige stuur glo dreigemente aan ministers
Fikile Mbalula, minister van polisie, het Vrydag gesê die polisie het ʼn 17-jarige meisie van Gugulethu uitgeken as die persoon wat dreigemente aan ANC-LP Makhosi Khoza en verskeie ander ministers gestuur het.
Makhosi Khoza skop teen ANC-tugstappe
ANC-LP Makhosi Khoza het gesê sy gaan nie Sondag haar dissiplinêre verhoor bywoon nie, nadat die hooggeregshof in Pietermaritzburg beslis het dat die party se provinsiale leierskap ongeldig is.
Makhosi Khoza se verhoor vind dán plaas
“Die komitee het die versoek onwillig toegestaan.”
Makhosi Khoza: ‘Red die land van gulsige, hartelose aasvoëls’
“Teen die einde van die dag kan ek dalk gestroop wees van my swart, groen en goue handelsmerk. Ek sal nooit die waarheid verruil vir ʼn werk, posisie, handelsmerk of enigiets anders nie. Ek vind geen troos in leuens en misleiding nie. Dit is baie gevaarlik om vandag ʼn lid van die ANC te wees as jy nie korrupsie beskerm en toesmeer nie.”
Makhosi Khoza toe nié by verhoor
Die uitgesproke ANC-LP Makhosi Khoza het nie opgedaag vir ʼn dissiplinêre verhoor wat Sondag in KwaZulu-Natal by die regerende party se hoofkantoor sou geskied nie. Sy het vroeër gesê sy vrees vir haar lewe as sy dié verhoor sy bywoon.
Makhosi Khoza vrees vir haar lewe
“Magaqa is nog nie eens begrawe nie. Daar is ʼn patroon van mense wat geskiet word wanneer hulle van vergaderings terugkeer. As ek by die vergadering uitloop, sal dit reeds donker wees. My lewe sal in groot gevaar wees.”
‘Afvallige’ ANC-LP Khoza herontplooi in parlement
Die uitgesproke ANC-LP Makhosi Khoza is herontplooi na die portefeuljekomitee van ekonomiese ontwikkeling nadat sy verlede maand as die voorsitter van ʼn ander komitee verwyder is.
Makhosi Khoza uit voorsittersrol gepos
“Dit is weens haar openbare uitlatings voor die mosie van wantroue asook haar openbare aanvalle op ANC-leierskap en lede van die koukus wat teen die mosie gestem het.”
Khoza doen beroep op LP’s om met ‘gewete te stem’
“Dit is belangrik dat Suid-Afrikaners besef wat ons van hierdie LP’s vra.”
Khoza aangekla: ‘Hoekom word ek uitgesonder?’
Khoza is Woensdag formeel ingelig oor die stappe teen haar.
ANC lê klagtes teen Khoza
Super Zuma, die ANC se sekretaris in KwaZulu-Natal, het Woensdag gesê Mkhosi Khoza, die ANC-LP wat openlik die partyleier pres. Jacob Zuma versoek het om te bedank, is nou aangekla en daar sal nie enige verdere openbare gesprekke oor die saak wees nie.
Khoza: ‘Ek sal nie in stilte sterf nie’
ANC-LP Makhosi Khoza sê indien die doodsdreigemente wat sy tans ontvang wel tot haar dood lei, sy nie in stilte sal sterf nie.
‘Ek gaan nie hul lam ter slagting wees nie,’ sê ANC-LP
Makhosi Khoza, ANC-LP, het haar party Vrydag veroordeel ná ʼn verklaring deur die hoofsweep van die party wat gesê het sy is “buite orde” nadat sy met ʼn publisiteitsveldtog begin het ná die party se nasionale beleidskonferensie.