Rhodes-universiteit het sy besluit verdedig om regshulp te verleen aan die Mandela-familie vir hul saak teen Mandla Mandela, het The Star Woensdag berig.
Alles vir die sleutelwoord "mandela"
Nuuskommentaar: Mandeladag
Vir diegene wat nié Mandela-junkies is nie … dit sal nie skade doen om dan ander voorbeelde en geleenthede vir versoening te vind en na te streef nie. Die kliniese waarheid is dat geen, maar geen politieke model sal slaag as versoening na die maan is nie.
90% van SA-jeug neem deel aan Mandela-dag
Nege uit 10 jong Suid-Afrikaners beplan glo om aan Mandela-dag deel te neem.
Nuuskommentaar: Gaan Mandela vir Zuma pos?
Dit is nie heeltemal so vergesog nie dat die ANC, na afloop van die Openbare Beskermer se verslag oor Nkandla, pres. Jacob Zuma as president kan herroep.
Nuuskommentaar: Kommunikasie oor Mandela
“…Die probleem is die wyse waarop oor Mandela se toestand gekommunikeer word – en ongelukkig dra die “wie” daardie kommunikasie behartig, ook nie tot die geloofwaardigheid by nie…” skryf Herman Toerien
Mandela-prokureurs het glo mislei
‘n Klagte sal teen die Mandela-familie se prokureurs gelê word nadat hulle glo die hof mislei het oor die toestand van voormalige president Nelson Mandela se gesondheid.
Nelson Mandela: Dokters verwerp idee om masjiene af te skakel
Voormalige president Nelson Mandela se dokters het die idee om die lewensondersteuningsmasjiene af te sit, buiten in die geval dat hy massiewe orgaanversaking opdoen, verwerp.
Grafskendingsaak gaan voort teen Mandla Mandela
Ondersoekbeamptes het glo “meeste van die bewyse” in ‘n grafskendingsaak teen Mandla Mandela ingesamel.
Mandela-oorskot identifiseer, herbegrawe
Die oorskot van voormalige president Nelson Mandela se kinders is Donderdagmiddag weer in Qunu in die Oos-Kaap begrawe.
Besigheid floreer buite Mandela-hospitaal
Terwyl oud-president Nelson Mandela in ‘n kritieke maar stabiele toestand in die hospitaal verkeer, floreer sake glo buite die Medi-Clinic Harthospitaal in Pretoria.
Uitspraak gelewer in Mandela-graftesaak
Die Oos-Kaapse hooggeregshof het Woensdag uitspraak gelewer oor die skuif van die oorskot van Mandela-familielede in die saak teen Mandla Mandela, voormalige president Nelson Mandela se kleinseun.
Waar kom “Die nag van die lang messe” vandaan?
Steek daar enige waarheid in die gerugte oor ʼn “nag van die lang messe”? Moet Suid-Afrikaners bekommerd wees? Herman Toerien ondersoek die herkoms van “Uhuru” en verduidelik wat ons te wagte kan wees wanneer Mandela tot sterwe kom.
Dringende interdik teen Mandla Mandela
Sestien aansoekers het Vrydag in die Mthatha-hooggeregshof ʼn dringende interdik teen Mandla Mandela, die Oos-Kaapse premier en die LUR vir gesondheid bekom.
Kerse brand vir Madiba
Kerse van hoop brand Vrydagoggend steeds buite die Medi-Clinic Harthospitaal waar oud-president Nelson Mandela behandel word.
Zuma sê Madiba is “beter as gisteraand”
President Jacob Zuma het Donderdag, nadat hy besoek aan voormalige president Nelson Mandela in die hospitaal afgelê het, gesê Madiba se toestand het, volgens sy dokters, deur die aand verbeter.
Mandela: “My pa probeer nog reageer”
Makaziwe Mandela, een van voormalige president Nelson Mandela se dogters, het Donderdag aan die SAUK gesê haar pa “lyk nie goed nie”, maar die familie is dankbaar dat hy steeds op hulle probeer reageer.
Mandela se familie verlaat hospitaal
Voormalige president Nelson Mandela se familielede het die Pretoriase hospitaal verlaat waar hy Donderdag steeds in ‘n kritieke toestand is.
‘Mandela op lewensondersteuning’
Oudpresident Nelson Mandela is aan lewensondersteunende masjiene gekoppel, het ’n lid van die familie Woensdag gesê, terwyl president Jacob Zuma ʼn beplande besoek aan Mosambiek afgelas het.
Video: Skare buite Mandela-hospitaal
Sakeman Kenny Kunene en Tshwane-burgemeester Kgosientso Ramokgopa is van die besoekers wat Dinsdag by die hospitaal, waar Mandela behandel word, gesien is. Die skare het laatmiddag buite die hospitaal begin sing.
Wit duiwe by Mandela-hospitaal vrygelaat
Wit duiwe is Dinsdag vrygelaat by die Pretoriase hospitaal waar voormalige president Nelson Mandela in ʼn kritieke toestand is.