“Ek is só verlig en bly my kind is veilig terug by die huis, ek het sedert Sondag nie geslaap nie”. Dít was die woorde van Adri Blandin De Chalain wie se seun Marcel (12) Woensdagoggend om 05:00 aan haar terugbesorg is.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Marchel Blandin De Chalain"
Vermiste 12-jarige: Ontvoering óók ondersoek; verdagte glo in Bloem
Die Newcastle-polisie in KwaZulu-Natal ondersoek nou ook ʼn saak van ontvoering nadat ʼn 12-jarige seun en ʼn man Sondag verdwyn het toe hulle glo vullis weggery het.
Man, kind word vermis ná hul glo ashoop toe ry
Die polisie van Newcastle in KwaZulu-Natal het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur nadat ʼn 12-jarige seun saam met ʼn man in wie se sorg hy was, Sondag verdwyn het toe hulle tuinvullis weggery het.