Die uitvoerende komitee van die Universiteit Stellenbosch (US) se raad het Sondag tydens ʼn buitengewone vergadering ʼn mosie aanvaar waarvolgens enige moontlike toekomstige veranderinge aan die taalbeleid volgens statutêre voorskrifte moet geskied.
Alles vir die sleutelwoord "Maties-taalbeleid"
Taalbeleid by US: ‘Rektor volg nie reëls nie’
AfriForum Jeug het Sondag beweer dat die organisasie glo ’n patroon by prof. Wim de Villiers, rektor en visekanselier van Universiteit Stellenbosch (US), begin waarneem waardeur hy amptelike prosesse keer op keer probeer omseil.
Taalbeleid by US: ‘Afrikaans word weggetransformeer’
Die stigtingskomitee Afrikaanse Alumni-vereniging (AAV) het Sondag gesê die aankondiging dat die Universiteit Stellenbosch (US) vanaf 2016 primêr Engels moet wees, is ʼn geval van irrasionele transformasie.
Taalbeleid by US: ‘Afrikaans in ‘n vryval’
Die Afrikaanse Taalraad (ATR) het gesê die universiteitbestuur van die Universiteit van Stellenbosch (US) se besluit om Engels van 2016 af as verstektaal te gebruik ten koste van Afrikaans, plaas Afrikaans in ‘n vryvalposisie.
Taalbeleid by US: ‘Wysiging lei tot vertrouensbreuk met Afrikaanse gemeenskap’
Die Solidariteit Beweging het Vrydag sy skok uitgespreek oor die skielike en “eensydige” wysiging van die Universiteit Stellenbosch (US) se taalbeleid. Hiervolgens sal die primêre taal van administrasie en kommunikasie by die universiteit vanaf 2016 Engels wees, met Afrikaans en isiXhosa as bykomende tale.
US se bestuur lewer akademie en Afrikaans uit aan die wolwe
Die bestuurspan van die Universiteit van Stellenbosch (US) se jongste verklaring op 12 November sou as beleid Engels voortrek en Afrikaans, Xhosa en ander tot randtale verdoem. Dit word aangebied as bloot ’n besprekingsdokument, maar dra reeds die tekens van die bestuur se toekomstige beleid.
Taalbeleid by US: Só sê studentevereniging
Adam Tas, die studentevereniging vir die behoud van Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit van Stellenbosch, het gesê Afrikaans is ‘n ‘geweldige, verraderlike hou toegedien’ by dié instansie.
Taalbeleid by US: ‘Streep in die sand getrek vir Afrikaans’
Die president van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch het gesê die rektor se bestuurspan het met die jongste voorstelle oor taalbeleid by dié instansie ʼn “streep in die sand getrek”.
‘Taal mag nie toegang tot leergeleenthede beperk nie’ – US-bestuur
Volgens die Universiteit Stellenbosch is die status van die verklaring wat die bestuurspan van die rektor Donderdag oor taalbeleid en -implementering by die universiteit uitgereik het, dié van ʼn besprekingsdokument.
Skokaankondiging oor taalbeleid by US
Die rektor van die Universiteit van Stellenbosch se bestuurspan het Donderdag ʼn onverwagse aankondiging gemaak rakende die taalbeleid by dié instansie.
US-bestuur moet sê oor transformasieplan en taalbeleid
Die bestuur van die Universiteit Stellenbosch is ontbied om volgende week Dinsdag antwoorde aan LP’s te verskaf oor transformasie-inisiatiewe.