Dit kom wel voor of meer leerders vanjaar matriek gehaal het as in vorige jare.
Alles vir die sleutelwoord "Matrieks"
Sacai se matriekslaagsyfer weer 72%
Die matrieks van die assesseringsliggaam, die Suid-Afrikaanse Instituut vir Omvattende Assessering (Sacai), het saam 1 838 onderskeidings behaal.
Matrieks maak skoonskip met Cambridge-kurrikulum
Altesaam 50 leerders van die private skool Reddam House Durbanville het die Cambridge International-kurrikulum se eksamen afgelê en dit boonop met lof geslaag.
Minder vakke se uitslae opwaarts aangepas
Die raad vir gehalteversekering in algemene onderwys en opleiding (Umalusi) is wel bekommerd oor die aantal foute in vraestelle en kandidate wat verlede jaar verneuk het.
Gauteng-onderwys: Eksamenkullery aangemeld; só vorder plasings
Altesaam 51 Gautengse matrikulante word by kullery betrek in verband met die afgelope eindeksamen.
‘Moeilike en maklike vrae’ in tweede rek-vraestel
“Daar was enkele klein vangplekkies wat ek glo baie sou uitvang, maar steeds ʼn regverdige vraestel en op standaard.”
‘Diepgaande leesbegrip’ nodig vir dié Afrikaans-vraestel
“Matriekleerders se letterkundevraestel is weer gekenmerk deur ʼn ryk en diepgaande leesbegrip wat by kandidate ontwikkel moes word.”
Min ‘uitvangplekke’ in lewenswetenskappe se tweede vraestel
“As ʼn mens jou werk goed geken het sou jy die vraestel met gemak kon skryf.”
Departement verseker: ‘Geen eksamenvraestelle uitgelek’
“Die sosialemediaplasings is vals, misleidend en poog om onnodige verwarring en paniek te saai.”
Matrieks verskil oor Rek-vraestel
Matriekleerders het uiteenlopende menings oor die tyd wat toegeken is om Donderdag se rekeningkundevraestel te voltooi.
‘Alles soos verwag’ in matrieks se geografievraestel
Nadat matriekleerders ʼn onstuimige tyd met die chemievraestel gehad het, was van hulle verlig toe Dinsdag se geografievraestel “soos verwag” saamgestel is.
Matrieks dalk onderskeidings kwyt oor chemievraestel
“Baie leerders se universiteitskeuring hang van hierdie punte af, en as hulle nie daardie onderskeiding kry nie, gaan hulle dalk nie gekeur word nie.”
Uiteenlopende menings oor matrieks se chemievraestel
Die tweede fisiese wetenskapvraestel wat matriekleerders Maandag geskryf het, het redelik uiteenlopende opinies uitgelok, en selfs bewerings laat ontstaan dat daar foute in die vraestel was.
Vraag 10 van Wiskundevraestel pootjie matrieks
Meetkunde is dikwels die afdeling in Wiskunde waaroor die meeste matrieks gerus voel wanneer hulle dit skryf, maar dit was nie Maandag die geval nie toe een vraag in die tweede Wiskundevraestel leerders behoorlik uitgeboul het.
‘Swak vertalings’ laat leerders kopkrap met wiskundige geletterdheid
Geen mate van voorbereiding kon die matriekleerders gehelp het om deur die “swak vertalings” in die vraestel vir wiskundige geletterdheid te worstel nie, sê onderwysers.
Geskiedenis: Matrikulante stoei met vraag 1
’n Pretoriase onderwyser sê sommige leerders in die hoofstad het gesukkel om vanoggend te midde van die Springbokke se trofeeparade te konsentreer.
Maroela Media maak dit maklik vir 2023-matrieks
Aandag alle matrieks! Maroela Media maak dit maklik vir 2023-matrieks. Kom registreer om seker te maak jy ontvang ‘n kennisgewing die oomblik wat die matriekuitslae bekend gemaak word.
Tyd knyp in Afrikaans-vraestel 1
Jana Terblanche, hoof van GeRAT, die Afrikaanse vakvereniging van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS), gee toe dat hierdie vraestel ietwat uitdagend was.
Goeie Ekonomie-onderwyser maak matriekvraestel moeiteloos
Matriekleerlinge het Dinsdag landwyd hul tweede vraestel in die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen afgelê.
Engels-vraestel ‘moeiliker’ as wat matrieks verwag
ʼn Engels-onderwyser by ʼn skool wat verbonde is aan die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) sê die Engels eerste addisionele taal-vraestel was wel goed gebalanseerd.