Die mededingingskommissie het onlangs ’n beoogde samesmelting tussen SA Airlink en FlySafair geweier. Dit is ’n goeie voorbeeld van die aansienlike invloed van die mededingingsowerhede om handelsbedrywighede te rem. Dit kom eintlik neer op ’n vorm van staatsbestuur van handel.
Alles vir die sleutelwoord "Mededingingskommissie"
Mededingingskommissie ondersoek 100 sake van ‘kartelgedrag’
Die Mededingingskommissie sal deur die loop van hierdie finansiële jaar 100 sake van kartelgedrag ondersoek, het Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, Donderdag gesê.
Verbruikersake: Groter mededinging vir skoolklereverskaffers
Ouers het ook by die kommissie gekla oor die buitensporige pryse vir skoolklere wat hierdie ooreenkomste veroorsaak, aangesien hulle nie kan kies waar hulle skoolklere wil koop nie.
Dié vervoermaatskappye hef glo onregmatige e-tolgeld
Die Mededingingskommissie het Dinsdag gesê 11 meubelvervoermaatskappye en die verenigings waaraan hulle behoort, gaan vervolg word vir prysvasstelling.
‘Sekuriteitsbreuk’ by Mededingingskommissie
Die Mededingingskommissie het Saterdag gesê daar was ʼn “sekuriteitsbreuk” by sy kantoor in Pretoria vroeër die week.
Pryse vir kankermedikasie word ondersoek
Die mededingingskommissie het vroeër die week aangekondig dat hulle drie internasionale farmaseutiese reuse ondersoek omdat die maatskappye na bewering kankermedisyne teen buitensporige hoë pryse verkoop.
Vleispryssamespanning ondersoek
Die Mededingingskommissie het vandeesweek op 13 persele van sewe groot vleisverskaffers toegeslaan in sy ondersoek na prysvasstelling en handelstoestande in die bedryf.