As samelewing is dit ons plig om van joernaliste akkuraatheid en eerlikheid te verwag, maar ons het ook die plig om hulle te beskerm, om hulle die kans te gee om die oë en ore van die burgers te wees en hul werk doeltreffend en gereeld te kan verrig!
Alles vir die sleutelwoord "media"
Die media is nie die enigste slagoffer van Malema nie
Uitsprake van Julius Malema ondermyn die demokrasie en speel in die hande van elemente, merendeels misdadig, met moontlike noodlottige gevolge.
DA bring hulde aan ontslape mediaman
Moyo het ʼn passie daarvoor gehad om oor laekostebehuising vir inwoners van die Goudstad, middestadbewoners en gekaapte geboue en hul lewensomstandighede te skryf.
Wettelose gemeenskappe bedreig die toekoms van SA
Indien ons Suid-Afrika uit die moeras wil lig waarin die land hom tans bevind, gaan dit ʼn reusespanpoging deur die kerk en samelewing verg.
HuffPost-blog ʼn ‘hartseer dag vir joernalistiek’
Die skrywer se omstrede blog het geargumenteer dat wit mans vir minstens twee dekades hul stemreg ontsê moet word en dat hulle blameer moet word vir Brexit.
Die vyand van die Amerikaanse volk
Die demokrasie is op sy beste ʼn taamlik morsige affêre, soos Trump tans agterkom in Amerika, waar hy op die grense van die moontlike stuit. Maar die demokrasie – en goeie maniere – vereis dat jy diegene wat van jou verskil daardie ruimte sal gun en hulle met ʼn sekere minimum van respek sal behandel. Waar hy egter duidelik te ver gegaan het, is sy uitspraak dat die media “die vyand van die volk” is.
Nuuskommentaar: Waar sal ek (my betroubare) nuus vandaan kry?
Maroela Media kry gereeld lof van lesers wat deur die leserskommentaar-funksie waardering uitspreek dat Maroela ook nuus dra wat nie in ander media te lese was nie. Dikwels het die lesers die vermoede dat die ander media dit geïgnoreer het om by sekere voorafopgesette vooroordele te kan bly. Die uitdaging is om onverbonde en objektief te bly maar terselfdertyd nie die Christelike raamwerk waarbinne dit met eerbaarheid moet geskied, te skaad nie.
[Foto’s] Hier is die ATKV mediaveertjie-wenners
Die beste presteerders in die Afrikaanse mediawêreld is op 13 Mei by Vodacom World in Midrand met ’n Mediaveertjie deur die ATKV bekroon.
ANC katrol die Engelse pers in
Asof die ANC die rand en die land nie genoeg skade berokken het nie, het hy sy tande ook diep in die Engelse pers ingeslaan met die ietwat bedekte oorname van Independent Media se 18 koerante deur Iqbal Survé se Sekunjalo-konsortium, grotendeels met regeringsgeld.
Media verdien rooi kaart vir flagrante oorsig
Die media wat die benoemings vir die SA Rugbyunie (Saru) se span van die jaar gedoen het, verdien `n rooi kaart vir `n flagrante en ontstellende oorsig in dié opsig.
Solidariteit Beweging gaan verder in krag van gemeenskapsmedia belê
ie Solidariteit Beweging het vandag, as deel van die Beweging se 2020 Helpmekaarplan, aangekondig dat hy sy strategie ter bevordering van Afrikaanse gemeenskapsmedia verder gaan uitbrei.
Die morele geloofwaardigheid van om verskoning vra
Ja, op sigself kan ’n mens om verskoning vra vir foute. Maar die oomblik as jy dit éis om jou eie politieke posisie te verstewig, verloor jy alle morele geloofwaardigheid.
Liewe Suid-Afrika, ek is jammer
As joernaliste verskoning móét vra, is dít hoe die verskoning sou lyk, skryf Alex Eliseev.
Afrikaanse radio bly die beste manier om ons taal te bevorder
Afrikaanse radio is ‘n onmisbare stuk in die Afrikaanse media-legkaart en kan mense weer laat hoop, glo en leef in Afrikaans.
Charlize gekap oor verkragting-uitlating
Die Oscar-bekroonde aktrise Charlize Theron loop onder skerp kritiek deur nadat sy die media se indringing in haar lewe met verkragting vergelyk het.
Verkiesing 2014: Partye soek gelyke speelveld
Die Demokratiese Alliansie (DA) en die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Woensdag tydens die ondertekening van die verkiesingsgedragskode vir ʼn gelyke speelveld gevra in aanloop tot die land se vyfde demokratiese verkiesing op 7 Mei.
Nuuskommentaar: Diktatuur van vrye mening
By geleentheid het die rissiepit-rubrieksrywer, Rhoda Kadalie geskryf politieke korrektheid is die diktatuur van die liberalis. Dit handel nie net oor wat die media in term van sy eie agenda aan die nuusverbruiker aanbied nie, maar ook wat weggelaat word.
Zuma stuur snoerwet terug na parlement
President Jacob Zuma het Donderdag die voorgestelde omstrede Wetsontwerp oor die Beskerming van Staatsinligting, wat ook as die Snoerwet bekend staan, terugverwys na die parlement.
Nuuskommentaar: Kommunikasie oor Mandela
“…Die probleem is die wyse waarop oor Mandela se toestand gekommunikeer word – en ongelukkig dra die “wie” daardie kommunikasie behartig, ook nie tot die geloofwaardigheid by nie…” skryf Herman Toerien
Redakteurs nog altyd in spervuur
Jean Oosthuizen se omstrede uittrede as nuusredakteur by die Kerkbode het weer onderstreep hoe broos die loopbaan van ‘n redakteur of senior redaksielid kan wees. Johannes Froneman, wat self ‘n draai by die Kerkbode geloop het, vertel meer oor ‘n paar ander slagoffers in die Afrikaanse joernalistiekgeskiedenis.