Sergio Gracia het Sondag op die Augustabaan in sy agttiende jaar as beroepspeler sy eerste Major gewen toe hy op die eerste uitspeelputjie met ʼn voëltjie teenoor Justin Rose se vyf houe die Meesterstoernooi gewen het.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Meesterstoernooi"
Garcia skud sy derderonde-spook af
Sergio Garcia het die derderonde-spook van 13 Meesterstoernooie afgeskud toe hy Saterdag die derde ronde op Augusta in 70 houe, twee onder syfer voltooi het.
Vier saam voor, met Schwartzel wat nog ʼn buitekans het
Vrydag se tweede ronde van die Meesterstoernooi in Augusta is minder deur die wind ontwrig as op die eerste dag toe die nat baan die spelers ook gekortwiek het, en met ʼn hele paar tellings onder syfer is daar nou vier gesamentlike voorlopers.
Net Ernie van SA hou kop in Augusta se sterk rukwinde
Op ʼn dag waar die wind die wenner was en net 11 uit die 93 spelers in die eerste ronde van die Meesterstoernooi op Augusta beter as syfer gespeel het, het die Suid-Afrikaanse spelers met die uitsondering van Ernie Els maar gesukkel.
Gure weer kan sorg vir ʼn nat eerste dag op Augusta
Daar sal Donderdag vyf Suid-Afrikaners onder die 94 spelers wees wat in die Meesters-gholftoernooi op die Augustabaan afslaan.