Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) het Sondag gesê die verkeerstatistiek vir die Paasnaweek skok nadat hy tot op daardie tydstip byna 20 000 boetes vir verskeie verkeersoortredings gedurende die naweek uitgereik het.
Alles vir die sleutelwoord "Metropolisie"
[Video] Boetebessie se danspassies laat verkeer vloei
ʼn Johannesburgse metropolisiebeampte het vir ʼn glimlag op motoriste se gesigte gesorg in Fourways waar sy verkeer help reguleer het terwyl sy met haar danspassies gespog het.
Metrobeampte vas oor straatren
“Dit is regtig teleurstellend dat een van ons by dié soort aktiwiteit betrokke was.”
Metrobeamptes vas oor omkopery
Vier lede van die Johannesburgse metropolisie is in hegtenis geneem nadat hulle glo omkoopgeld van R5 000 geëis het om ʼn dossier te laat “verdwyn”.
‘Kaper’ beseer tydens skietery met polisie
ʼn Vermeende kaper is Saterdagoggend in die vroeë oggendure tydens ʼn skietery met die Johannesburgse metropolisie in Orlando, Soweto, beseer.
Musikant vas vir dronkbestuur in Pretoria
ʼn Musikant van ʼn gewilde musiekgroep is Dinsdagaand in Pretoria in hegtenis geneem nadat hy glo onder die invloed van alkohol bestuur het.
Motoriste kan JMPD-boetes kanselleer
Motoriste wat tussen Augustus 2010 en 21 Desember 2012 boetes van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) deur gewone pos ontvang het, kan aansoek doen om dit te kanselleer.
Smouse, vensterwassers van JHB-strate verwyder
Die metropolisie het die afgelope week meer as 80 smouse en vensterwassers van Johannesburg se strate verwyder.
Metropolisielid skiet taxibestuurder dood
ʼn Metropolisiebeampte is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn taxibestuurder in Naledi, Soweto, doodgeskiet het.
Metropolisielid sterf in skietery
ʼn Metropolisiebeampte is Vrydag in Meadowlands in Gauteng dood tydens ʼn skietery met vermeende kapers.
Verdagtes aan metrobeampte se moord verbind
Twee mans wat in hegtenis geneem is vir die besit van ʼn gesteelde voertuig, word ook aan die moord op ʼn Johannesburgse metropolisiebeampte verbind.