Jesus begin toe huil. Jesus begin toe huil. Die Jode sê toe: “Kyk net hoe lief was hy vir Lasarus!” (Johannes 11:35-36)
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Michael Mol"
Gedagte vir die dag: Tranedal
U het my ellende raakgesien. U het my trane opgevang. U het dit opgeskryf in u boek. (Psalm 56:9)
Gedagte vir die dag: Moeg geswoeg
Het jy nog nooit gehoor of verstaan nie? Weet jy nie dat die Here van altyd af God is nie? Hy is die Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg of gedaan nie en niemand kan die dieptes van sy insig meet nie. (Jesaja 40:28)
Gedagte vir die dag: Elke voël sing soos hy gebek is
Aangesien julle, deur saam met Christus te sterf, die bose wêreldse magte afgesterf het, waarom leef julle nog volgens wêreldse voorskrifte soos: “moenie vat nie”, “moenie dit eet nie” en “moenie aanraak nie”? Dit is alles dinge wat verbruik word en vergaan – soos dit gaan met mensgemaakte voorskrifte en leringe. (Kolossense 2:20-22)
Gedagte vir die dag: Vriende vir altyd
Twee is beter as een. Saam bereik hulle meer in hulle werk. As een mens val, kan sy vriend hom ophelp. (Prediker 4:9-10)
Gedagte vir die dag: Help my tog!
Luister, Here, en wees my genadig. Help my tog, Here! (Psalm 30:11)
Gedagte vir die dag: Die weg (en die wortel) van woede
Moenie kwaad word nie; laat staan liewer jou woede. (Psalm 37:8)
Gedagte vir die dag: Mors jy tyd?
Wees baie versigtig hoe julle lewe. Moenie soos dwase mense leef nie, leef wys. Benut elke geskikte geleentheid, want ons lewe in slegte tye. (Efesiërs 5:15-16)
Gedagte vir die dag: Sewe sakke sout?
Julle is die sout wat die aarde ’n beter plek moet maak. Maar as die sout verslaan het, kry jy dit op geen manier weer sout nie. Dit is totaal onbruikbaar. Al waarvoor dit goed is, is om buite op die straat uitgegooi en deur die mense platgetrap te word. (Matteus 5:13)
Gedagte vir die dag: Roetine-ondersoek
Daarom – as julle dink julle staan sterk, moet julle oppas dat julle nie ook tot ’n val kom nie. Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie; ander ondervind dit ook. God is getrou. Hy sal keer dat die versoeking te sterk vir julle word. Midde-in die versoeking sal Hy vir ’n uitweg sorg sodat julle dit kan verduur. (1 Korintiërs 10:12-13)
Gedagte vir die dag: Volslae mislukking
Ondersoek julleself of julle in ’n egte geloofsverhouding met Christus staan. Toets julleself. As julle nie daarvan oortuig is dat Christus in julle woon nie, het julle die toets nie geslaag nie. (2 Korintiërs 13:5)
Gedagte vir die dag: Oorgeërf of self verwerf?
Ouers mag nie doodgemaak word vir die sonde van hulle kinders nie en kinders mag nie doodgemaak word vir die sonde van hulle ouers nie. Wie die doodstraf moet kry, kry dit net vir sy eie misdade. (Deuteronomium 24:16)
Gedagte vir die dag: Die goeie ou dae – of die goeie hede?
Broers en susters, julle onthou mos nog hoe hard ons gewerk en geswoeg het. Terwyl ons dag en nag gewerk het om nie vir enigeen van julle ’n las te wees nie, het ons God se Goeie Nuus aan julle verkondig. (1 Tessalonisense 2:9)
Gedagte vir die dag: Selfversekerd
Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters: As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as ’n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak. (Romeine 12:1)
Gedagte vir die dag: Warm en gebotter
Ek is die brood wat lewe gee. Julle voorvaders het in die woestyn manna geëet en tog gesterf. Hierdie is die brood wat uit die hemel gekom het sodat iemand daarvan kan eet en nie sterf nie. (Johannes 6:48-50)
Gedagte vir die dag: Veilig tuis
Een ding vra ek van die Here, en dit sal ek bly soek: om in die huis ere te bly al die dae van my lewe, om my te verbly in sy goedheid, en in sy tempel daaroor na te dink. (Psalm 27:4)
Gedagte vir die dag: Hard op jou kinders, harder op jouself?
Hy versorg sy kudde soos ’n herder. Die lammers maak Hy bymekaar in sy arms, en dra hulle naby sy hart. Skaapooie met lammers versorg Hy. (Jesaja 40:11)
Gedagte vir die dag: Probeer jy te hard?
Ek wil net dit vir julle vra: Het julle die Gees ontvang deur die wet te onderhou of deur te glo wat julle gehoor het? Hoe kan julle so dwaas wees? Wil julle dit wat die Gees in julle begin het, nou uit eie krag probeer klaarmaak? (Galasiërs 3:2-3)
Gedagte vir die dag: Sing ’n nuwe lied!
Sing vir die Here ’n nuwe lied, want Hy het wonders gedoen. Hy het verlossing bewerk met sy krag en Goddelike mag. (Psalm 98:1)